Hanna Reitsch

11 11 2010

Snaaks hoe dinge werk . . .  Ek soek nou die dag ‘n spesifieke spelling van ‘n naam.  Kliek hier, kliek daar en siedaar.  Nog ‘n baie interessante karakter uit die Nazi geledere.  Eintli ‘n baie tragiese figuur.

Hanna Reitsch is in 1912 in Hirschberg Duitsland gebore.  Haar pa was ‘n oorarts (soos in die dokter wat in oë gespesialiseer het) en wou gehad het dat Hanna in sy voetspore moet volg.  Hanna het toe wel ook medies gaan studeer, met die idee – waarskynlik geinspireer deur haar ma – om ‘n vlieënde, sendeling dokter in Afrika te word.

Vlieg was van kleins af haar passie gewees.  Sy het selfs toe sy 4 was eendag van die balkon afgespring om te kyk of sy so sal kan vlieg.  Waarskynlik sonder veel sukses.  Na die eerste wêreld oorlog was Duitsland verbied gewees om vegsvliegtuie te vervaardig.  Reitsch kon wel in 1932 met sweefvliegtuie begin speel.  ‘n Jaar later is sy ‘n pos as ‘n sweeftuig vlieënier en instrukteur aangebied en het sy haar studies laat vaar.  Sy het soms ook waaghals toertjies vir films gedoen, maar het veral in kompetisie uitgeblink.

Reitsch het in 1937 onder die Nazi’s se aandag gekom.  Reitsch het as ‘n toetsvlieënier gewerk.  Sy het onder andere Junkers Ju-87 and Dornier Do-17 getoets, beide op duikrem toetse.  Op ‘n besoek aan Focke-Wulf het sy saam met Karl Franke in die Focke-Achgelis Fa-61 gaan vlieg.  Dit was die wêreld se eerste praktiese helikopter.  Na die vlug was Reitsch genooi om dit te vlieg en anders as Franke het sy geen probleem gehad om die helikopter stil te hou nie.  Dit het haar natuurlik ook die eerste vroulike helikopter vlieënier gemaak.

Sy was aangemoedig om meer met die helikopter te gaan vlieg en vertroud te raak daarmee.  Sy het gou begin toertjies met die helikopter uithaal en daarmee saam die aandag van die Nazi’s op haar gevestig.  Sy het ook nie juis die oë seer gemaak nie en was gou ingespan vir Nazi propaganda.  In 1939 het Reitsch Skarlaken koors ontwikkel, maar het na haar herstel gehelp om ander vliegtuie te ontwikkel.  Met die aanvang van die oorlog het sy as ‘n toetsvlieënier vir die Derde Ryk gevlieg.

Reitsch was die enigste vrou wat die Yster Kruis Eerste Klas en die Luftwaffe Gekombineerder Vlieënier Waarneming Wapen in Goud en diamante te kry.  Vergewe my as ek verkeerd vertaal het.  Intussen het Reitsch ook begin werk aan die Leonidas – ‘n selfmoord eskader wat seker sou maak dat vliegtuie met bomme die teiken tref (en hier dog ons al vir jare dit was die Japanese se idee).  Hitler was aanvanklik nie mal oor die idee nie, maar Reitsch het hom anders oortuig in 1944.  Die Luftwaffe offisiere was ‘n ander saak.

Ten spyte van die idee het Reitsch nog in God geglo toe sy vir Heinrich Himmler ontmoet het.  Sy het sy kop vir hom gewas oor die Jode en hy het dit afgemaak as ongegronde propaganda van die vyand.

Reitsch was romanties verbind met Robert Ritter von Greim wat die adjunkhoof van die Luftwaffe was.  Iewers het sy ook God vir die Vaderland verruil.

In April 1945 het dit duidelik geraak dat Rusland Duitsland gaan oorwin.  Hitler en van sy gesante het in ‘n kelder in Berlyn weggekruip en Reitsch het Greim op 26 April na hom geneem.  Hitler sou hom glo die hoof van die Luftwaffe gemaak het.  Hulle was geskiet en Greim was in die voet gewond, maar Reitsch het nogtans veilig geland.  Op 28 April 1945 het sy die laaste Duitse vliegtuig uit Berlyn gevlieg op Hitler se aandrang.   Saam met haar het sy die Hitlers en Göbbels se testamente geneem.  Wie sal nou ooit weet, dalk het sy vir Hitler saam geneem.

Reitsch het haar self op 9 Mei 1945 (2 dae nadat Duitsland oorgegee het) haarself aan die Amerikaanse Intelligensie oorgegee saam met Greim.  Hy het op 24 Mei 1945 selfmoord gepleeg omdat hy nie kans gesien het om verder gemartel te word nie.  Reitsch was 18 maande deur die Amerikaners aangehou en ondervraag.  Daarna was sy vry gelaat – ook maar om ‘n lewe van eensaamheid te sluit.  Haar minnaar was dood en haar pa het die hele gesin dood gemaak in die einde van die oorlog toe die Pole hulle uitgeskop het.

Reitsch het in Frankfurt gaan woon.  Aanvanklik mag die Duitsers nie gevlieg het nie, maar teen 1952 kon Reitsch weer sweeftuie gevlieg het.  Sy het verskeie kompetisies gewen en verskeie rekords opgestel.  Van die rekords staan vandag nog.   Sy kan vandag selfs as een van die beste vlieëniers gesien word.  Sy het ook heelwat boeke oor haar lewe geskryf.  Sy is in 1967 aan ‘n hartaanval dood in Oostenryk.  Sy het nooit getrou of kinders gehad nie.

Mens sal graag wil glo dat Reitsch alles in haar mag gegee het om haar lewensdroom uit te lewe.  Tog het sy werklik aan Hitler se ideale geglo en het nooit berou gehad oor haar Nazi jare nie.  In haar eie woorde:

“Many Germans feel guilty about the war. But they don’t explain the real guilt we share – that we lost.”

Breinvasbrand:  Watter jaar was die Nazi party gestig?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg met Audrey Hepburn.


Aksies

Information

13 responses

12 11 2010
Olga

eerste!
1919?
Nou toe nou ne. En dit terwyl die wereld n ander dame as die wereld se eerste vroulike vlieenier voorhou.

12 11 2010
Xena Phoenix

Het ek iewers droog gemaak?

Hanna was die eerste vroulike helikopter vlieenier. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink daar was heelwat vroue wat vliegtuie in die 20’s gevlieg het.

12 11 2010
Twilight

Ek wonder altyd oor die gemiddelde Duitser (man/vrou in die straat) tydens die Tweede Wêreldoorlog. ‘n Oorlog is een ding – ‘n gemors ding, as jy my vra – maar verskoonbaar. Oorlogsmisdade waarby gewone mense betrek word, is ‘n ander ding. Iewers met iets jou tog vertel: Hierdie is boos. Hierteen moet ek opstaan. As ek my kinders so kan grootmaak dat hulle opstaan teen vergrype – al druis hulle opstand in teen al wat ‘n aanvaarde norm is, sal ek tevrede wees.

‘n Vrou soos Hanna het waarskynlik ‘n gerieflike uitlaatklep in die oorlog gevind vir haar eie voorkeure. Niks daarmee verkeerd nie, behalwe dat dit hopeloos te vêr gegaan het.

12 11 2010
Xena Phoenix

Uit ‘n Duitser se mond – die mense van die tyd voel vandag bitter skaam daaroor. Selfs die wat SS lede was, kan vandag nie verklaar wat hulle besiel het nie. ‘n Klassieke geval van spyt kom te laat en dat ‘n mens nie die klok kan terug draai nie.

Hanna moes senuwees van staal gehad het. Sy was een van die laaste mense wat Hitler lewendig gesien het en baie van die goed wat ons vandag as waar aanvaar kom uit haar mond. Sy was 18 maande ge-interrogate deur die Yanks en hulle kon niks teen haar kry nie? Ek is seker hulle het nie net mooi gevra nie.

Sy het gestaan en geval by wat sy geglo het. Daar word gereken dat dit die rede is hoekom sy uit geskiedenis boeke gehou word.

Hanna Reitsch was interviewed and photographed several times in the early 1970’s in Germany by US investigative photo journalist Ron Laytner. At the end of her last interview she told Laytner:

“When I was released by the Americans I read historian Trevor Roper’s book, ‘The Last Days of Hitler’. Throughout the book like a red line, runs an eyewitness report by Hanna Reitsch about the final days in the bunker. I never said it. I never wrote it. I never signed it. It was something they invented. Hitler died with total dignity.
“And what have we now in Germany? A land of bankers and car-makers. Even our great army has gone soft. Soldiers wear beards and question orders. I am not ashamed to say I believed in National Socialism. I still wear the Iron Cross with diamonds Hitler gave me. But today in all Germany you can’t find a single person who voted Adolf Hitler into power.”

Then she uttered the words that for so long kept her out of the history books:

“Many Germans feel guilty about the war. But they don’t explain the real guilt we share – that we lost.”

12 11 2010
Olga

snaaks ne, in geskiedenis (op skool, mind u) leer ons van verskeie man, groebels, goess, himler, hess ens en wat hul rolle was. Maar behalwe frl eva is min bekend van vroue en hul rol in hitler se vervolgings manie.

12 11 2010
Xena Phoenix

Ek het eintlik oor Blondi iets gaan soek, toe lees ek toevallig van die Goebel kinders gelees wat met haar kleintjies gaan speel het. Daar het ek toe vir Hanna raak geloop. Sy het blykbaar met die kinders gespeel en help sing terwyl hulle in die bunk was.

Daar was ‘n paar rowwe tannies onder die SS lede gewees. Hulle was regtig wreed en onmenslik. Mens kan wel hier en daar van hulle lees. Wat vir my regtig hartseer is, is dat daar ook goedhartige SS tannies was. Vroue wat vervolg was omdat hulle te genadig met die Jode was.

Maar – behalwe van ‘n naam hier en daar is daar niks oor hulle bekend nie. Dit is amper asof die slagoffers se bitterheid verseker het dat ‘n mens nie van die Engele van die tyd hoor nie. Dit is nogal jammer.

As enige iemand vir my inligting het of kan aanbeveel – ek belowe om daardie tannies en ooms op die net te kry.

12 11 2010
demoerin

Ek het eendag ‘n dokumentêr oor haar gesien. Dit was baie interessant. Formidabele vrou gewees, net jammer oor haar Nazi konneksies.

Mmmm, ek wonder nou oor haar pa… die oorarts wat in oë gespesialiseer het?

12 11 2010
Xena Phoenix

😳 Tikfout. Moet natuurlik ooGarts wees.

12 11 2010
demoerin

Mmmm, lekker rol ek al weer in die modder…

12 11 2010
Boeke boeke boeke « Cantus!

[…] weet heelwat van die bloggers is ook boekwurms. Bv Anne-Marie, die Wosonkis en Xena. Almal wat hier lees en onlangs iets gelees het wat ‘n indruk op hulle gemaak het, of wat […]

12 11 2010
Xena Phoenix

Terwyl ons nou praat oor die Goebbels . . .

Magda Goebbel het 6 kinders saam met Josef Goebbel gehad, almal gebore tussen 1932 en 1940. Hulle almal se name het met ‘n H begin, ter ere van Hitler. Sy het ook een seun uit ‘n vorige huwelik gehad het, wat in 1945 ‘n oorlogsgevange was.

Die Goebbels was saam met Hitler in die bunker gewees. Daar word vertel dat hy mal oor die kinders was. Hy het selfs sy sjokolade en badkamer met hulle gedeel.

Magda het al ‘n maand voor die einde daarvan gepraat om haar kinders dood te maak. Sy wou glo nie gehad het dat hulle moet hoor dat hulle pa een van die monsters van die oorlog was nie.

Niemand weet verseker wat gebeur het nie. Blykbaar het ‘n tandarts, Helmut Kunz, die kinders met morfien bewusteloos gemaak. Hulle was vertel dat hulle inentings moes kry. Daarna het hulle ma sianied pille in hulle monde gebreek dat hulle kon sterf. Dit het op 1 Mei 1945 gebeur.

Ironies genoeg het Harold Quant na die oorlog sy pa se besigheid oorgeneem saam met sy halfbroer. Dit het gedy tot hy in die 60s in ‘n vliegongeluk dood is.

Daar was vrae oor die gebruik van slaafarbeid in die WWII in hulle fabrieke en die die Quants het in 2007 belowe om ondersoek daarna in te stel.

12 11 2010
demoerin

Dit het my nou aan die laat dink. Die Nazi Cross of Honour of the German Mother. Snaaks dat vroue soos Hanna, eintlik ‘n totale teenstelling was van wat Hiler geglo het die rol van die vrou in Duitsland moet wees, en hy dit gelate so aanvaar het?
http://www.diggerhistory.info/pages-medals/nazi2.htm

13 11 2010
ekisanna

Wat ‘n interessante stukkie geskiedenis en wat ‘n merkwaardige vrou. Ek wonder soms hoe ek sou opgetree het as ek ‘n Duitser was in Hitler se era. Dis vir ons nou maklik (in hindsight) om hierdie mense te veroordeel, maar ek kan nie help om van hulle te bewonder vir die krag van hul oortuigings nie, nie dat ek saamstem met, of goedkeur wat hulle gedoen het nie. Wonder maar net hoe lojaal ek selfs vandag aan iemand sal weer wat my ‘n beter, gesonder, skoner, veiliger, ens., land belowe. Dit is tog wat Hitler gedoen het en sy charisma was so sterk dat hy mense absoluut daarvan oortuig het. Wonder maar net.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: