Erfenis

11 11 2010

Ek is ‘n liefhebber van stories.  Ware stories, mooi stories, vlak stories, diep stories, onaangename stories en selfs liegstories.  Solank dit ‘n goeie storie is, het iemand my aandag.  Waar kry jy dan nou juis beter stories as in die geskiedenis?  The good, the bad and the ugly.  Ek is dus ook baie lief vir geskiedenis.  Dit vertel immers die verhaal van hoe volke en nasies.  As die mens eendag die lesse van Geskiedenis te harte neem, sal die foute van Geskiedenis nie herhaal word nie.

Ek gee toe dat Geskiedenis nie heeltemaal op die waarheid gebaseer is nie.  Soos met alles in die wêreld moet jy na altwee kante luister van die verhaal en self die waarheid gaan soek.  Terselfde tyd dink net ‘n dwaas dat Geskiedenis dood en sonder waarde is.   As die mens eendag die lesse van Geskiedenis te harte neem, sal die foute van Geskiedenis nie herhaal word nie.  En dit is juis waar tasbare voorbeelde van Geskiedenis ter sprake kom.  ‘n Standbeeld, ‘n monument, ‘n gedenkteken wat skree om nie vergeet te word nie.

Dit is hoekom ek gewoonlik – om dit liggies te stel – die bloublesbliksem in raak as een of ander sot ‘n standbeeld, monument of gedenkteken beskadig, vernietig of verwyder.  Behalwe van die Geskiedkundige waarde, is daar ook ‘n kultuur en kunswaarde waarmee daar ook gekarring word.  Goed wat nie in geld gemeet kan word nie.

Kom ons neem nou byvoorbeeld die nuutste sotlike voorstel om Paul Kruger te verwyder.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, hy is beslis nie een van my helde nie.  Ek beskou hom as domastrant.  Hy was – mens kan amper sê – genadeloos onder die buitelanders.  Tog het ‘n buitelander, Sammy Marx, uit eie oorweging die geld vir ‘n standbeeld geskenk.  Hoekom?  Duidelik moes hy Paul Kruger bewonder het.  Die standbeeld is deur een van die voorste Suid-Afrikaanse beeldhouers, Anton van Wouw, ontwerp.  Die buitelandse toeriste gaan kyk graag na Oom Paul in Kerkplein.  Hoekom de hel hom dan daar verwyder?

Terloops, as ek nou reg kan onthou, was Chris Hani nie eers ‘n ANC lid nie.  Ek gee wel toe dat hy wel ‘n geskiedkundige figuur van Suid-Afrika was, maar kan hy nie op sy eie ‘n toeriste aantreklikheid word nie.  Maak gerus ‘n standbeeld van hom en sit dit argumentsonthalwe by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal.  Maak verdomp standbeelde van die hele ANC, maar kry vir hulle hulle eie voetstukke.  Nog ‘n plek waar die toeriste heen kan gaan sal tog nie skade doen nie – inteendeel.  Dit is onnodig om bestaande goed te vervang met nuwes.  Daar IS plek vir altwee.

Eintlik maak dit seker nie saak of Paul Kruger geskuif word nie.  Die meeste blankes is te bang om hulle voete in kerkplein te sit.  Paul Kruger is immers ook al 3 keer in die verlede geskuif – so hy kan seker maar skuif na waar sy volk hom sal besoek.  Sy volk het hom immers al klaar versaak.

Tog moet daar iewers ‘n lyn getrek word.  Ek verstaan dat daar al meer as 300 monumente in die slag gebly het.  Wanneer is genoeg, genoeg?  Neem standpunt in en doen dit nou.  Bepleit die behoud van die monumente, standbeelde en gedenktekens.  Nie net wanneer dit in die gedrang kom nie.  Gaan besoek dit, maak jouself daarmee bekend, maak dit deel van jou.  Dan kan jy die stryd met liefde in jou hart – met passie! – bestry en nie net omdat jy in die gesig gevroetel voel nie.

Ek daag dus elkeen wat ‘n blog het uit om ook hulle gevoelens oor die saak te lig.


Aksies

Information

36 responses

11 11 2010
hx

Meer mense moet opstaan oor kwessies wat hulle na aan die hart lê. Daar is geen punt in die “om-die-tafel-debatte wat” in Suid-Afrikaners se huise gehou word nie. Almal praat, kerm en kla, maar niemand doen iets omtrent dit nie.

Ons almal is so gemaklik in ons eie wêreld, en so bang dat die soeklig op ons gaan val, dat ons maar wegkruip, stilsit en stilbly.

11 11 2010
Olga

Dis ‘n feit. Ek dink Suid Afrikaners, dws, WIT Suid Afrikaners, is die gtootste lafaards ter wêreld. Banggatte sonder weerga. Hulle sal dapper om die tafel of beter nog om die braaivleis-vuur sit en teef, bier in die hand solank hulle niks hoef te doen nie.

11 11 2010
hx

Jip, baie reg! En ek sal nie tweegesig wees nie, ek doen seker maar net presies dieselfde. Dit is EXTREMELY sad!!!!!

11 11 2010
Olga

Skrik ek vir ‘n uitdaging???? Jy sal my mening kry, o, ja!!!!!!!! As ek in die tjoekie opend daaroor, W I L L E K J I N D !!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Kom breek my uit!!!!!!!!!!

11 11 2010
Girl van die Suburbs

Hmmmm…. Ek gee weer eintlik nie om nie. My voorvaders was deel van die stryd, Hendrik Potgieter was my ouma se oupa … So ek ken al amper al die konsentrasiekamp verhale … blah, blah, blah… maar dit maak nie van my wie ek vandag is nie.

Ek kan nie wag vir die dag wat alles net ophou nie. Geen beelde wat afgebreek word, verskuif of nuwe wat opgerig word nie… Name wat nie verander word nie… Dit volgens my val in dieselfde kategorie as idol worshipping! So as die nuwe regeering van my of jou heritage wil wegneem sal hulle dit verseker nie reg kry deur die bogenoemde nie.

Dit is vir my veel erger as mense nie wil baklei vir / oor kinder; of dieremishandeling of ander derglike tekortkominge van die samelewing as wat ons nie ‘n standpunt inneem oor ‘n beeld nie. Ek meen, hoe balanseer jou weegskaal dan?

My identitiet lê verseker nie in ‘n sub-kultuur; ‘n standbeeld of rasse indeling nie.

11 11 2010
Olga

As ‘n mens nie kan baklei vir jou erfenis nie, hoe kan jy baklei vir die toekoms? Vir diere of kinder mishandeling? As die verlede toegesmeer word, kan die kinders, die toekoms wees?

11 11 2010
Girl van die Suburbs

Jou identiteit moet nie gekoppel word aan erfenis nie. Ons erfenis is net so hartseer soos die hede, vol moord, verkragting en rassisme. Niks het oor die jare verander nie. Hoekom wil jy wie jy is daaraan koppel??

Nee dankie, ek het geen begeerte nie. Ek werk stap vir stap om die toekoms beter te maak waar daar nie verwys word na rasse diskrimenasie, oorlog, seer en verwyte nie.

Ek is GLAD NIE trots op met die Afrikaner op daardie vlak geassosieer te word nie.

11 11 2010
Olga

ongelukkig vir jou sal daar altyd rassisme wees. Dit is seker hoekom daar verskillende rasse op aarde is.

11 11 2010
Matahari

Ag my fok tog. Durf jy God aanroep as jy te bang is om mens aan te roep?
As da eers begint word met my ater se tater en sy mater was daar dan kan mens ma weet, hier kom n kakstorie. Want as my ater en sy tater en sy mater daar was sou ek mos wil het dat my kids en hulle kids en hulle kids se kids met die trots wat ek voel ook sal voel as hule na die standbeeld kyk. So fok my identiteit le nie in a standbeeld nie, en ek weet wa al di konsentrasikampe is. Maak jou bang bek oop. Niemand dink jy is te ordentlik om n stant te neem nie. Almal kan sien jy is te bang. Want kinders wil ni net hoor ni hule wil sien ook.

11 11 2010
Selene Phoenix

Ek saam jou hier Olga.

Ek sal sê ons is vandag juis die persone wie ons is deur ons voorvaders! As hulle nie baklei het nie, het ons nou nog in daai konsentrasie kampe gesit! En as die boere nie op die grens gaan baklei het nie – kan julle imagine!!??

Nee wat, ek is trots op hulle!! Ons is uit daai konsentrasie kampe met niks, huise en plase afgebrand tot oppi grond… maar alles is weer opgebou!! En Afrikaanse skole gestig! As dit nie vir hulle was nie, het ek en jy nou ‘n ander taal gepraat!!

11 11 2010
Selene Phoenix

Ek begin amper dink ons moet die sotte los dat hulle alles verander en weg vat, want dit lyk my hoe meer ons daarteen skop hoe meer en lekkerder kry hulle om dit te doen – want hulle gaan dit doen!!

Of ons moet daai “nuttelose” standbeelde gaan haal om “ashoop” toe te van en ons eie plekke stig om veilig heen te gaan! :mrgreen:

Maar dan gaan ons seker weer beskuldig word dat ons in opstand gaan en kinders leer hoe om te skiet op een of ander plaas en dit alles afsluit deur rasisties te wees! 👿

Ons kan net nie wen nie…

11 11 2010
toortsie

ja, ek weet ook nie wat om te sê nie. die standbeelde staan mos in niemand se pad nie. en vir diegene wat graag nog standbeelde wil opsit, hier is mos nog BAIE plek!! SA is ‘n land van son, hoekom moet ons in mekaar se skaduwee sit? Hier is BAIE PLEK!!!

11 11 2010
Olga

Dalk moet ons almal besin. Gaan opsoek wat is ‘n standbeeld? Wat is die nut daarvan? Vir wie word dit opgesit? Kan ons stilbly daaroor? Kan ons stilbly oor naamsverandering en dan tog ‘n erfenisdag wil huldig? Wat is van ons erfenis oor?

11 11 2010
Matahari

Fok besin ook my ater se tater se mater se mal oompie het vir van wouw gewerk so hoekom moet sy handewerk moer toe gaan vir besin.

11 11 2010
demoerin

Dis so belaglik (en geldmors al sê ie YL hulle worry nie). Ek het gister my sê gesê:

I can clearly see how an inanimate object, like Oom Paul’s statue, can be theatening. NOT.

11 11 2010
demoerin

Jinne, wat soek ek nou permanent in die modderpoel?

11 11 2010
Olga

dis omdat jy ingels praat.

11 11 2010
Xena Phoenix

Dit is seker die varkie binne jou wat jou na die modderdam toe trek. 😉

11 11 2010
Seekat

Dit is n geval van Boer se moer die beeld of stand beeld word nie geskuif nie dit is n geval van ek het gewen en nou sal ek dit vir jou wys. Die posisie wat jy gehad het is nou deur my oor geneem. Maar soos jy al gese het in jou skrywe die geskiedinis herhaal hom self net soos die ANC alles verander gaan iemand in die toekoms hulle monumente ook afbreek want dit is n voldonge feit. Hulle gaan ook net soos die ou NP gejag word en voor stok gebring word wanneer weet ek nie maar jy kan net so lank almal betower dan sal iemand wakker word en sien jy is nie wie jy se jy is nie.

11 11 2010
Sonlig

Daar is ‘n (Spaanse) gesegde wat sê:

“After me will come someone who will make me look like a Saint.”

Seekat – jy’s reg. Dis ‘n universele wet dat wat jy saai jy sal maai.

11 11 2010
Xena Phoenix

Kyk, ek beskou myself in die eerste plek as ‘n Suid-Afrikaner. Ek het geen begeerte om weer die Vierkleur die landsvlag te maak nie en ek gun ander nasies ook hulle plekkie in die son.

Ek voel sterk daaroor dat ons Geskiedenis moet bewaar. Deur dit te “verwoes” verander niks nie. Deur dit te vergeet, gaan dieselfde foute herhaal word.

Kom ons neem nou argumentsonthalwe vir Verwoerd as verdrukker. Het die wegneem van sy standbeeld sy onderdrukking ontdaan gemaak? Nee! Het sy standbeeld gebly, kon hy as waarskuwing dien dat NIEMAND ooit weer in Suid-Afrika onderdruk moet word nie. Dit is waar die waarde van Geskiedenis lê

11 11 2010
Xena Phoenix

Nell

Ek dink darem nie dat iemand my kan beskuldig dat ek NIE teen kinder-; vroue- en dieremishandeling baklei nie.

My familie was nie eers Voortrekkers gewees nie. Tog dink ek dit dit belangrik is dat hulle onthou moet word. Onthou ook dat hulle nie die verdrukkers was nie – dit het alles eers later gekom.

12 11 2010
Girl van die Suburbs

My stelling was nie op jou gemik nie. Ek gebruik die veralgemening dat ons elkeen vir iets baklei wat ons na aan die hart lê en tog baklei ons vir verskillende issues.

My standpunt is juis, dit mag vir jou belangrik wees of enige ander persoon hier… behalwe vir my. Daar is ander dinge in die lewe wat VIR MY ‘n groter issue is. Vir MY as GIRL lê my identiteit in iets anders as my taal, skool, velkleur of geskiedenis.

So of ek aangevat word oor my opinie anders is as wat die mederheid glo, moet dit maar so wees… dit is MY opinie oor MY gevoel. Want dit is tog wat die stukkie beoog om te doen… om ‘n debat uit te lok.

11 11 2010
Xena Phoenix

Ek moet dit seker nie sê nie, maar feite is feite.

Die Bybel is eintlik ‘n bitter gevaarlike boek in die verkeerde hande. Dit moet met intelligensie gelees word.

Die vorige regering het geglo dat die Bybel hulle beveel om apartheid in te stel. Kyk maar gerus hoe het die Isrealiete geglo dat hulle nie met ander volke kan meng nie. Op daardie beginsel is Apartheid op gebou.

Baie toevallig ook – jy kan nie die Bybel reg verstaan as jy nie die Geskiedenis van die tyd goed ken nie. Dit plaas dinge in perspektief.

11 11 2010
ekisanna

Laat ek dan nou maar my kop in die bynes steek. Kan ons nie asseblief maar vir God en die Bybel hier uithou nie. Die Bybel is nie vir enige spesifieke volk, nasie stam of taal geskryf nie, dit is vir God se volk geskryf. Ja, dit is so dat die Israeliete die verkose volk was in die ou testament, maar weet julle wat, in die nuwe testament het Jesus gekom en almal wat in Hom glo en Hom volg, God se volk gemaak. God kyk nie na die uiterlike nie en daarom glo ek ook nie na die verskillende maniertjies wat verskillende groepe uitdunk om Hom te dien en vereer nie. Ek glo dat Hy kyk na die mens se “hart” en motiewe en as daardie twee reg is, wie is ek, of jy, om te oordeel. Buitendien ken en verstaan geen een van ons hoe groot, hoog, diep of wyd God se genade is nie. (Jammer as ek hier op iemand van ‘n ander geloof of siening se tone getrap het, dit is nie my bedoeling nie, ek vra maar net.)

11 11 2010
Wille Kjind q

En hier is ek ook! Ek sal seke myself gat vasbind aan my oom se standbeeld. Ek wil sien hoe hulle DAN die donnerse stroop 👿

11 11 2010
Xena Phoenix

Jammer, dit was ongevraagd.

11 11 2010
Gogga

Al my gevoelens en hartseer is opgesom in Lianie May se liedjie
En dit is nie net oor Pretoria nie maar al die “veranderings” wat ons uitvee van ons eie geskiedenis af en wat hulle nie kan verstaan nie is dat as “ONS” geskiedenis nie daar was nie sou hulle niks gehad het omweg te gooi en te blameer nie.

12 11 2010
Xena Phoenix

Die lied som dit beslis goed op.

12 11 2010
12 11 2010
Charms

Wat gaan dit hulle nou in die sak bring as hulle die standbeeld verwyder? Dis deel van ons geskiedenis en niks of niemand kan dit verander nie. Daar is geen rede daaragter nie – net ‘n “because I can” mentaliteit.

12 11 2010
Xena Phoenix

Belangrik voel??

12 11 2010
rosalindreloaded

Sammy Marx was ‘n intieme vriend van Paul Kruger, mens kan na hom verwys as ‘n “buitelander” maar hy het jonk na SA gekom en hom hier as Suid-Afrikaner gevestig. Hy het ongelooflik baie tot ons ekonomie bygedra, indien jy hou van erfenis – gaan besoek gerus sy fanatastiese huis buite Pretoria, wat ‘n museum is.

Chris Hani was hoof van MK, mens kan nie aan MK (Umkhonto we Siswe) behoort en nie lid wees van die ANC nie, asook van die SAKP. Persoonlik dink ek hy was nogal ‘n nice ou en slim. Hy sou ‘n goeie leier vir SA gewees het.

12 11 2010
Xena Phoenix

Welkom terug Rosa

Ek was al verskeie kere by die Sammy Marx huis. Dit sal my nog na diefstal dryf. Ou Sammy was nogal n tweegat jakkals soos min. Hy het net so lekker met die boere teen die Engelse gekuier as wat hy met die Engelse teen die Boere gekuier. Hy het of die Union Jack of die Vierkleur gehys afhangende wie op pad was.

Een van sy en Kruger se woordewisselings het juis oor kerkgrond gegaan. Kruger het die Jode die helfte van die grond gegee as wat die ander kerke gegee het. Sy verweer was dat as die Jode net die helfte van die Bybel gebruik en daarom net die helfte van die grond kry.

Vir die rekord, ek het niks teen Hani nie. Ek het wel n probleem daarmee om bestaande standbeelde te vervang. Gee Hani gerus n standbeeld, solank dit sy eie voete het om op te staan.

12 11 2010
Gogga

My Man het lekker gelag toe ek hom die debat vertel in blogland.
Die engelsman het so ewe afgehaak, Paul was years ahea of his time, he employed black Cabinet members.
Nou ek weet nie of dit waar is nie maar dalk moet ons die stukkie vir daai klomp hoenders stuur sodat hulle kan ophou krap waar dit nie jeuk nie

13 11 2010
Celia Neveling

Ek glo aan leef en laat leef, maar ek sukkel met die veranderinge wat gedoen word bloot om goed te verander. Lekker aand vir jou.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: