Rolmodel

10 11 2010

Van tyd tot tyd kom rolmodelle ter sprake.  Wie jy bewonder, na wie jy opsien.  Miskien self op wie se lewe jy jou eie wil baseer.  Gewone vlees en bloed mense, wat dalk met ‘n bietjie meer wysheid of oortuiging opgetree het.  Dalk iemand wat sonder verskoning gelewe het en nie vir die duiwel self stuit nie.  Hulle die leier en jy die volgeling.

Ek het gister die volgende op Shout se Facebook bladsy raak geloop.

You are already a Role Model… the question is, what kind?

Dit is nogal ‘n nuwe happie.  Skielik is jy die leier en ander die volgelinge.  Die een wie se lewe as ‘n inspirasie vir ‘n ander moet dien.  Hopelik vir die goeie natuurlik.

Watse tipe rolmodel wil jy wees?  Wat in jou lewe is dit wat ‘n ander maar kan navolg?  Anders gestel kan ek seker vra waarvoor wil jy onthou word die dag wat jy nie meer jouself op die aarde kan verteenwoordig nie?

Stel jy ‘n voorbeeld met wat jy vir ander doen, gee of dalk net beteken? Party mense veg graag vir diegene wat nie hulle self kan beskerm nie terwyl ander tog net teen alle koste vrede wil bewaar.  Daar is groepe wat met hulle wysheid Salomo kan opdraande gee en ander wat werk sodat die mure skaam kry.  Daar is die wat goed bou, ander wat wanopvattings en vooroordele opbreek en vernietig.  Miskien is dit hoe jy jou lewe sonder verskoning leef of hoedat jy nie terugstaan vir konflik wanneer dit regverdig is nie.

Tog lê die waarde van jou rolmodelskap nie aan wat jy jouself toedig nie, maar eerder in wat ander mense in jou sien.  Sal hulle dieselfde waardes as wat jy geëien het identifiseer?  Erger nog, die goed waarop jy jouself wil roem is dalk waarop ander jou verag.

Nogtans ‘n goeie rolmodel, van hoe iemand nie moet wees nie.

Breinvasbrand:  Wie het tydens die tweede wêreldoorlog as Edda van Heemstra bekend gestaan?

Breinlosbrand:  Dr. Joseph E. Murray en J. Hartwell Harrison het die eerste suksesvolle oorplanting in 1954 gedoen.  Murray het daarvoor ‘n Nobel prys gekry.


Aksies

Information

8 responses

10 11 2010
Olga

eerste..
Audrey hepburn?

11 11 2010
Wille Kjind q

Tweedeste! More more!

11 11 2010
demoerin

Disse moeilike een. Veral mense wat gereeld mt kinders in aanraking kom of hul eie kinders het, is al klaar rolmodelle (of jy wil of nie).

Waarvoor jy eendag onthou word glo ek nie moet gaan oor rolmodel wees nie. Ek dnk daar kom vinnig ‘n geval waar dit nie oor rolmodel gaan nie, maar oor ander beindruk. Ek glo jy moet eerstens getrou aan jouself wees deur jou strewe tot volwaardig menswees. Dit kan veskeie vorme aanneem bv. eerlikheid, respek, naasteliefde, waardigheid ens. Wees die persoon wat ander gaan onthou, sonder dat jy dit onder hul neuse hoef te vryf.

Bv. my oupa is een van die mees geliefde mense wat ek ken, en dit het gebeur sonder dat hy nodig gehad het om dit ooit aan ander moes probeer afvryf. Dit het vanself gekom deur die tipe mens wat hy is. Ek het die anderdag gedink, wat is die een ding wat ek ALTYD van hom sal onthou – In die 35jaar wat ek nou oud is, het ek hom nog nooit ‘n slegte of skewe woord oor enige ander mens hoor sê nie. Dis iets om na te streef.

11 11 2010
Selene Phoenix

3rde!

Ek sê maar as jy nie ‘n goeie rolmodel kan wees nie – moet jy maar ‘n aaklige waarskuwing wees 😉

Maar ek probeer maar met AL altyd vriendelik wees, altyd mooi praat en haar leer om nie lelik wees met diere nie… want al wat sy kan sê is “Nee seuntjie” en “Uit Deedee” 😆

11 11 2010
Girl van die Suburbs

Sjoe dis waar… Jy is verseker amper ALTYD vriendelik!

11 11 2010
hx

Audrey Hepburn

“During the German occupation, Hepburn adopted the pseudonym Edda van Heemstra, modifying her mother’s documents because an ‘English sounding’ name was considered dangerous, with her mother feeling that “Audrey” might indicate her British roots too strongly. Being English in the occupied Netherlands was not an asset; it could have attracted the attention of the occupying German forces and resulted in confinement or even deportation. Edda was never her legal name, also it was a version of her mother’s name Ella”

http://en.wikipedia.org/wiki/Audrey_Hepburn

-Jammer vir die Engels, sou bietjie lank vat om te vertaal! -ek ek werk, tegnies- 😉

11 11 2010
toortsie

sies. ek lees en lees en al waarvoor ek gewag het is dat EK jou rolmodel is!! as JY nie eers vir my kies nie, wie anders gaan??? ai toggie

11 11 2010
Xena Phoenix

Jy moet bloed in jou staal he om een van my rolmodelle te wees.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: