Where is the love?

8 11 2010

Ek lees vandag iewers:

Intelligence without love makes you perverse

Verlede week is twee meisies in skooltyd op skoolgronde deur 3 seuns bedwelm.  Een van hulle is verkrag terwyl omstanders selfoonvideo’s daarvan gemaak het.    Onderwysers het van die opnames gesien en raai wat?  Hulle het daaroor gelag en gemeen dat dit die meisies se eie skuld is omdat hulle dronk is.  Een se ouers het by die skool gaan kla en was vertel dat die skoolhoof nie betrokke wil raak nie.  Twee van die seuns is Maandag in hegtenis geneem.  Hulle het dalk die fisiese verkragters, maar elkeen wat niks gedoen het is ook skuldig aan verkragting. 

Twee onderwysers van ‘n skool in Benoni is vandag gearresteer oor vir die besit en verspreiding van kinderpornografie.    Hulle is deur ‘n derde onderwyser gevang wat dit onder die skoolhoof se aandag gebring het.  Kinderpornografie is afskuwelik genoeg, maar dit verhonderdvuldig wanneer dit deur iemand in ‘n vertrouensposisie “gepleeg” word. 

Liefde kan nie verteenwoordig wees waar iemand se lewe vernietig word nie.  Dit is verdorwe, wel na my beskeie mening is dit veel erger as net pervers.  ‘n Voorval van intelligensie?  Ek hoop wragtig nie so nie.  Intelligensie is tog immers die vermoë om tot insig te kom.  Dit stel ons instaat om te kan onderskei tussen goed en kwaad.  Dit is wat ons onderskei van diere, wat moet verseker dat ons nie soos diere te laat optree nie. 

Ek het alweer op interessante getalle in die nuus afgekom. 12 722 klagtes van seksuele misdrywe is nie in die vorige finansiële jaar verhoor nie.  Volgens Jeff Radebe is dit  1915 sake wat van die hofrol geskrap is, 1917 wat na hoër howe verwys is, 7683 wat teruggetrek is, 1207 lasbriewe wat vir die verdagtes uitgereik is en 29 waar die verdagtes vir waarneming gestuur is.  As ek dit optel kry ek 12 751 klagtes, maar dit is nog steeds skokkend.  Ek is onseker hoeveel van die beskuldiges het hulle dag in die hof gehad het.  Net 25 % van die klagtes gaan moontlik verhoor word, 75 % het skotvry daarvan afgekom.  Was al 75 % onskuldig? 

As dit nou nie genoeg is om ‘n moordbende te begin nie, wat is?  Waar lê die oplossing?  Daar word doodeenvoudig net te veel stil gebly en weggekyk.  Te veel slagoffers word beskuldig, te min verkragtings word veroordeel.  Ons het ‘n keuse – bly onbetrokke of neem standpunt in.  

Wat dink julle kan gedoen word?  Wat sal vir eens en vir altyd ‘n stop aan seksuele misdrywe sit?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan POWA?

Breinlosbrand:  Chris van Niekerk


Aksies

Information

23 responses

8 11 2010
Wille Kjind q

Eerste!

8 11 2010
Wille Kjind q

Dis damn hartseer!

8 11 2010
Olga

Eerder vigilante groepe met stomp sae. Dis belaglik hoe mense wegkom met seksuele oortredings. Kinders word skool toe gestuur om veilig en beskut geleer te kom. Ek glo as kinders by die skool geskaad word, dagvaar die skoolhoof en die skoledepartement en kyk hoe vinnig word skole weer ‘n veilige hawe.
PEOPLE OPPOSING WOMEN ABUSE.

9 11 2010
Xena Phoenix

Daar word stappe teen die skool en die skoolhoof geneem in die geval. Die skoolhoof is ene G. van Vuuren. Ek dink regtig hulle moet ook van verkragting aangekla word en daarvolgens vervolg word.

8 11 2010
seegogga

vroeer jaqr het verkragting die doodstraf gekry. Ek dink steeds kastrasiew is die antwoord, al is verkrtagting nie ‘n seksuele misdryf nie, maar ‘n geweldsmisdryf. Geen hormone, geen verrkrtagtings, maar ook minder aggressie. Die bul word ‘n os! As dit nie ‘n afskrikmiddel is nie……

9 11 2010
Xena Phoenix

Cancer

Dit is nogal juis die probleem. Hulle het al met kastrasie ge-eksperimenteer. Die ouens het dan nogtans verkrag. As hulle nie die nodige tools gehad het nie, het hulle iets anders gebruik. Goed, in sekere plekke tel dit seker as onsedelike aanranding, maar in SA bestaan onsedelike aanranding nie meer nie. Dit is en bly verkragting.

Ideaal sal hulle daardie deel van die brein wat nie te lekker werk nie, kan afsit. Of anders moet hulle al die siekes op hulle eie eiland ver weg van almal sit. Mans en vroue asb apart, anders gaan die onskuldige kinders ook maar aftjop.

8 11 2010
toortsie

verkragting is nie net skade aan die liggaam nie, maar ook aan die siel…. die klomp wat so gretig foto’s geneem het, en staan en kyk het…. HOEKOM HET HULLE NIKS GEDOEN NIE???? Ek is net dankbaar dat die 2 wel op die ou end in hegtenis geneem is. dit het ook omtrent ‘n week gevat

9 11 2010
demoerin

Dit is ‘n verskriklike hartseer stand van sake. Dis net asof mense nie meer omgee nie. Die polisie ondersoek die minimum en dan word die halwe werk nog deur ‘n goeie prokureur/advokaat in die hof laat uitgooi.

Die storie bewys net weereens dat daar ‘n vrottigheid is wat die kinders wegvreet. Daai reg/verkeerd storie is nie meer daar nie. Ek dink egter daar is baie dinge wat daartoe bydra – Onbetrokke ouers, onderwysers wat op die strate dans, geen meer lyfstraf, hulle het geen idee van respek nie… en die BAIE sad ding is dat hierdie die volwassenes van die toekoms is, wat met sulke absolute verwronge waardes sit – wat nie oor ‘n paar jaar skielik gaan verdwyn as hulle volwasse is nie.

Nie eers te praat van die selfone nie – ‘n kind behoort GEEN nut vir ‘n selfoon by die skool te hê nie. Mxit en ander sosiale chatsites stel hulle bloot aan pedofiele… nie eers te praat van sites wat ek die ander dag van hoor – toilet en rubbishbin (so iets) waar die kinders opgaan en vloek en skinder en mekaar en die onderwysers slegpraat. Dis siek man!

Hulle kan sê wat hulle wil oor Christelike waardes – en al het jy nie daaraan geglo nie, maar Godsdiensonderrig en Sondagskool het baie van die gapings gevul waar ouers nie by uitgekom het nie. Daai waardes bied ‘n ongelooflike goeie fondasie vir enige kind se morele ontwikkeling – veral waar daar dalk onbetrokke ouers is.

Verder, sover onbetrokke ouers aangaan, kon onderwysers darem nog vroeër jare lyfstraf toegepas het as ouers niks gedoen het nie.

Daar is ‘n algemene verval – en dis baie sad – en ek weet nie wat hulle gaan doen nie.

9 11 2010
Xena Phoenix

Daar is beslis plek vir ‘n stel morele waardes in die samelewing. Skiet my maar, maar waarop word jou lewe gebaseer as jy nie volgens een of ander riglyn (geloof) lewe nie?

9 11 2010
Olga

more, more.
Die grootste euwel van die tyd is die feit dau ouers nie mag lyfstraf uitdeel nie. Nou doen hul maar niks. Skole behoort kam fone te verbied. Die kind wie nie wil gehoor gee nie se foom moet tot einde van die kwartaal gekonfiskeer word. Dan moet die ouers dit in persoon loskoop. Ie geld kan die skoolfonds versterk.

9 11 2010
Xena Phoenix

Ek het al van te vore die idee gehad dat daar ‘n “Bus” behoort te wees wat kinders gaan uitpluk waar hulle nie hoort nie. As jy byvoorbeeld laerskool kinders na 10 in ‘n mall sien, vat hulle huistoe en beboet die ouers. Ens.

Sun City het mos aandklokreëls vir kinders. As die ouers dit nie gehoorsaam nie, word hulle van Sun City verbied.

9 11 2010
Olga

die bus is n moerse goeie idee. Ani anderkant, dink hoe gaan kinders dan deur die busmense misbruik word.

9 11 2010
JWW

Die kom al ‘n lang ruk – dis die liberale wat die wereld oorneem – mense se regte is BAIE meer belangrik as wat goed is vir die samelewing en ALMAL saam. Sodra jy ‘n kriminele daad doen, het jy skielik al die regte. Gaan na die Mier en word wys !!! Wat goed is vir die meerdeheid is meer belangrik as die individu.

9 11 2010
Sonlig

Ja, Oprah sê altyd: “Love does not hurt”.

Ai, ek weet ook nie wat die antwoord is nie. Van my kant af hoop en vertrou en maar dat die grondslag wat ek by my kinders gelê het die rooiligte betyds sal laat aangaan wanneer die situasie dit vereis. Maar ek besef alte goed dat die bogenoemde slagoffers meerendeels geen verskil aan die uiteindelike gevolge sou kon maak nie.

Wat maats en mixit aanbetref….sal hulle maar een van tannie Gretha se kampe gaan bywoon sodat hulle ingelig is oor die gevare. En verder sal ek myself ingelig hou en sorg dat ek só ‘n verhouding met my kinders het dat hulle met goed én sleg na my toe sal kom.

9 11 2010
Olga

mxit kan nie sondig nie. Ek het persoonlik my kinders aan mxit voorgestel toe mxit nog n kalfie was. Maar, ek het altyd seker gemaak wat op my tumi se mxit aangaan.

9 11 2010
Selene Phoenix

Hello julle!

Gaan maar dol die kant!

Dis skokkend!!! Daai klomp wat kyk en videos maak is net so skuldig!! En moet sommer saam die verkragters inni tronk gestop word! 👿
Ek wil sê die wat dit afgeneem het, en daaroor gelag het moet dieselfde medisyne kry… maar dit gaan nie die probleem oplos nie!

En daai “onnies” aka undercover pedofiles, moet hoop die pappas het hulle wapens ingehandig, en mammas… want die vet weet ek skiet so persoon sommer self waar dit hom pla! Ergste van alles, daai onnies gaan seker weer loop skool hou… 👿

9 11 2010
Xena Phoenix

Dooie mense kan nie verkrag nie.

9 11 2010
Selene Phoenix

Tweeling… dis seker ook al mens wie jy kan vertrou! 😉

9 11 2010
Xena Phoenix

Net as jy doodseker is hy is dood. Kap sy kop af en vergruis dit om dubbel seker te maak.

9 11 2010
Selene Phoenix

Ja nee, want ek het nou al genoeg horror / riller flieks gekyk om te weet die “baddy” staan altyd op, en harloop vinniger met ‘n afbeen ens!

So ja, maak eerder 100% seker! 😆

9 11 2010
Xena Phoenix

Met ‘n baddy weet jy darem waar jy staan.

Wees eerder versigtig met die skadelose. 😉

9 11 2010
Seekat

Ek dink dat die vroue regte aktiviste die rede is hoekom baie mense geen respek vir n vrou het nie. Die mense het die indruk geskep dat n vrou moet die reg he om net so tuf soos n man te wees en dat sy op alle vlakke moet kan kompeteer. Nou in plaasvan dat n vrou as die swakker een beskerm behoort te word moet sy nou haar eie man kan staan en kry sy net wat sy verdien want sy behoort dan haar self te kan verdedig. Wel dit is hoe daardie spul geredineer het. As iemand n vrou as sag en broos sien en weet dat sy nie haar self kan verweer nie sou die omstanders die spul gekeer het dat niemand haar eer en liggaam leed aandoen al was sy dronk.

9 11 2010
Xena Phoenix

Ek stem nie saam nie.

Daar is ‘n algemene neiging om eerder weg te kyk of toe te kyk as om so iets te stop.

Vrouens was al van die vroegste tye af verkrag, selfs in die dae wat sy eintlik net as ‘n broeikas gesien is. Dit was dan boonop haar skuld dat iemand haar verkrag het. Daar is vandag nog mense wat so glo.

Vroueregte of emansipasie van die vrou het juis baie gedoen om sulke misdrywe vas te vat. Die vrou is sodanig as haar eie mens erken en nie ‘n besitting van ‘n man nie. Sy kon dus op haar regte aandring en nie afhanklik wees van die genade van haar man / pa / broer nie.

Buitendien het selfs die sterkste weerbare man hulp nodig as hy “outnumbered” is. Dit is ook nie reg dat hy verkrag word nie, al is hy dalk meer in staat om homself te verdedig.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: