Pampoeme met koppe

6 11 2010

Hallo Maatjies

👿  Merriegriet is mislik met my!  😡  Sy dink weer sy is koningin By.  Tannie Tossel het my huiswerk gegee, maar sy wou nie my nie haar rekendingetjie leen nie.  😡  Sy het net gesê dit is nie Vrydag nie en ek kan net haar rekendingetjie leen as my huiswerk klaar is.  ❓  Hoe moet ek dan tannie Tossel se huiswerk doen as ek nie die rekendingetjie kan leen nie.  My ouma Heldina sê altyd plig kom voor plesier.  GRRRR!!!!!

Dit is nie al nie.  👿  Ek het nie ‘n prentjie met vuur gehad nie.  😦  Ek wou julle gevertel het van vuur en babaswiets.  Weet julle wat babaswiets is?  🙂  Hulle is sagte ronde swieties wat net soos babatjies lyk.  Nie kabouterbabas nie, maar mens babas.  As jy ‘n vuurtjie maak, dan sit jy die babaswiets op ‘n laaaaannnnnggggg stok.  Jy sit die swietie in die vuur tot dit so liggies bruin is.  Jy haal dan die doppie af en eet dit.  Jy sit die stokkie terug in die vuur en maak dit weer bruin.  Jy haal weer die doppie af en braai die baba swietie verder.  :mrgreen: 

Maar nee!  😡  Toe ek ‘n vuurtjie maak vir die foto, toe maak die Merriegriet dit dood en sê dat ek in die vlooi gaan pieps!  👿  Dink sy dan dat ek die pers heks is?  My ouma Heldina het my geleer ‘n heksie pieps in die gaatjie stoel met ‘n naam soos Tannie Toilet.  👿  Hoe moet die maatjie nou weet dat ek babaswieties gebraai het?

GRRRRR

Ek het ‘n nuwe maatjie gemaak.  :mrgreen:  Ek het ‘n bietjie pampoeme gaan soek.  Ek wou dit op my dak sit om my dak vas te hou.  Ek eet nie pampoeme nie.  My Ouma Heldina sê altyd heksies wat pampoene kry krul tande en ek wil nie krul tande kry nie.  😀

Toe ek die groooooot pampoen sien.  Ek sal baie maatjies moes kry om my te help.  😉  Ek wou die pampoem nog net ‘n stootjie gee, toe spring daar ‘n kop uit.  😯  Dit was ‘n pampoem tannie-oom.  😯  Hy kon nie na my dak loop nie, sy plaas het gesê hy moet net daar bly.  Hy het gesê sodra hy klaar is, sal hy op my dak sit.

😆  Dink julle maatjies dat die ander pampoeme op my dak ook so groot gaan word?

Tata Maatjies


Aksies

Information

5 responses

6 11 2010
toortsie

eerste!!!!! Ja, ek het sommer GEWEET sy is al die hele week snaaks met jou!!! Maar UITEINDELIK het sy jou darem kansie gegee met die rekendingetjie. En ek het GEWEET dat jy iemand is wat jou huiswerkies mooi sal doen. Want jy is mos die slimste, mooiste en oulikste heksie wat ek ken. En ek ken jou mos!! Of hoe??

6 11 2010
Laviga

Ja, dit is ek daai. Nie net mooi nie, maar slim ook. Eet tannie babaswiets?

6 11 2010
toortsie

is dit sulke sagte wit en pienk swiets wat lyk soos ronde kussingkies? en dan maak jy dit gaar in die vuur? ja, ek eet dit.

6 11 2010
Olga

more, more. Ek ruik n geel rosie. . . .
Draai om. . . . .
Loer vinnig deur die vertrek. . . . .
Aha!
Swart hoed
krom tone
1
2
3
blok vir viga.
Jeans beklede boude agter die boekrak.
1
2
3
blok vir wk!

6 11 2010
Laviga

1

2

3

Blok vir Tannie Ougat!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: