Hande op! Wie het ooit gedink jong mense word op universiteit geskaaf om uitstaande burgers van die land te word? Burgers in wie se monde botter nie kan smelt nie en wat nooit as te nimmer ‘n wet sal oortree nie?
Goed, ek sien darem nie sulke hande nie. Julle almal het seker al ‘n opregte student met die hand gegroet. ‘n Student, veral ‘n koshuisstudent leer vinnig dat daar net een reël is. “Doen wat jy wil, maar moet net nie gevang word nie.” Dit is dalk wat hulle wel die leiers van die toekoms maak. Hulle het die reël tot in die fynste besonderhede verfyn en sorg dat hulle nie gevang word nie.
Ek het al baie pryse in my lewe gewen, maar die een wat met die meeste moeite gekom het was: “The most likely to appear on crime stop.” Laat ek verduidelik. As ‘n trotse inwoner van ‘n koshuis is dit jou plig om of jou koshuis buite die grense te versprei of om trofees vir jou koshuis in te palm. Die eers genoemde behels gewoontlik ‘n emmer verf, maar daar is ander metodes. Jy gaan verf dan iets om jou koshuis te bemark, as ‘n ongevraagde guns oor ‘n mans koshuis, om ‘n ander koshuis se ongevraagde bemarking te befomfaai, jou (en medestudente se) oë teen arc eyes te beskerm of sommer net omdat jy lus het.
Ek het selde aan die verfgoed deel geneem, dit het te veel na vandalisme geruik. Ek het eerder goed gaan vaslê – dit kon miskien eendag onbeskadig terug besorg word.
Jy is ‘n student en nie ‘n misdadiger nie. Jy kan nie alles waarop jy jou oë neersit steel nie. Daar moet ‘n doel wees agter die diefstal. Enige iets van sentimentele waarde van ‘n ander koshuis is rede genoeg. Enige iets wat jou net min of meer aan jou koshuis laat dink behoort in die koshuis. Padtekens was ook nogal gewild. Jy kan ook iets steel om geld te spaar vir jool of ‘n funksie.
Of dalk om geld mee te spaar vir jool. So besluit ons mos eendag dat die koshuis twee spaarblikke vir jool benodig. Daar is 300 meisies in die koshuis, daarom het ons groot spaarblikke nodig. Asblik grote. Matrone sou ons afslag as ons die koshuis se asblikke verminder, toe moes ons maar elders gaan soek. Ons het twee redelik skones gekry en van die kampus af laat verdwyn. Dit het ons mooi geverf en netjies gedoop ook. Dit is nog steeds in die koshuis – maar helaas doen as asblikke diens.
Dit bring my by ‘n onsteelbare HK bord van ‘n sekere manskoshuis. Ons moes vroeg een oggend verby hulle vol klubhuis stap en het die bord binne 30 sekondes afgehad. Dit was weer verby die klubhuis gevat om uit die koshuis te kom. Die beste van alles? Toe ons inkom om die bord te steel was een van die ander koshuise ook daar met dieselfde plan. Hulle het gedink dit is die ouens en gaan wegkruip. Ons het hulle buit onder hulle neuse uitgesteel. Die ouens was beindruk dat ons dit kon steel, hulle het nie gedink ons is snaaks nie.
Daar was ‘n sekere mans koshuis wie se eerstejaars moes wag staan dat hulle nie besteel word nie. Ons is een jaar agter in en het ‘n massiewe marmerbord en voorsitterplaatjie gesteel, terwyl die jarre wag gestaan het. Ek is bly dat ek nie een van daardie jarre was wat moes verduidelik wat van die voorsitterplaatjie geword het nie. Ek betwyfel of hulle ooit agter gekom het dat die marmerbord (wat twee meisies moes dra) weg is. Dit is nou nog in my koshuis se besit.
Ek kan julle nog baie stories vertel, maar dan sal ek julle moet dood maak. Kom ek vertel julle eerder van ander se diefstalle. Daar was die geval toe die seniors ‘n stripclub se sleutels gesteel het. Die volgende groep is amper toegesluit oor daardie einste sleutels. Terwyl hulle nog mooi broodjies bak, steel die ander helfte die plek se gordyne. Ek het al gehoor van koshuise wat ‘n robot, ‘n kamera en selfs ‘n kanon gesteel het.
Ek sal afsluit met die legendariese dief van TUKS. Die onopgeloste raaisel waarvoor baie mense baie geld sal betaal om dit op te los. Maroela het twee Maroolsies gehad wat waggestaan het by hulle voorportaal. Een vakansie het iemand ‘n Maroolsie kom gaps. Nou is daar net Maroolsie en Mavoete.
Wat het julle al gesteel?
Breinvasbrand: Van waar was die Mona Lisa 0p 22 Augustus 1911 gesteel?
Breinlosbrand: Olga was reg met angelier.
Ag, hoe lekker – laat mu dink aan my eie studentesteeldae. Sal nog daaroormoet blog.
Jy sal moet gewis.
As iemand eendag ‘n boek skryf met al die legendariese studente stories.
Nooit! Ek was n soet ene!
Soet = Vervelig
Stop tekens, toegee tekens, ‘n polisie bakkie, baie penne van die kantoor, om so paar goete te noem, maar dit was toe ek nog jonk was… deesdae is ek eenvoudig te lui om enigiets te steel.
Ek het die eerste jaar van my pasgetroude lewe in ‘n woonstel in Sunnyside gewoon. Vreeslik bederf met spasie terwyl ons grootgeword het, was dit beslis nie vir ons nie en ons wou huis koop. Om dit te kon bekostig, moes ons een van ons karre verkoop. ‘n Paar dae voor ons die karretjie in die mark wou sit, steel iemand toe die een wieldop. En ons besluit: Not ‘n sokkie – daai wieldop steel ons terug!
Teen skemer ry ons tussen die woonstelle deur en soek ons prooi versitig uit volgens kleur, skakering en toestand. Opgespoor, word die roete huistoe vir die steler op voet fyn beplan. Die “backup” plan word beplan ingeval hy gevang sou word – waarheen hy sou hardloop, waar ek hom sou gaan oplaai ens, ens, ens. Hemel – hy moet net nie huistoe hol nie, want dan HET hulle ons altwee!
Toe die gekose tyd aanbreek, het ek in die donker op die stoepie voor ons woonstel gaan staan en wag…
Na wat soos minder as ‘n minuut gevoel het, het ek voetstappe gehoor. Ek was gereed om te “hands up” terwyl hulle my regte voorlees. Dit was my man met die wieldop in sy hand. “Is jy al terug?” het ek verbaas gevra. “Ja” was sy teleurgeteld-verdwaasde antwoord. Wat ‘n antiklimaks!
Gedagte vir die dag: Om te steel was makliker as wat ek gedink het.
Nagedagte vir die dag: Gesoute diewe moet senuwees van staal hê.
😆 😆
Die is skrikwekkend hoe maklik dit is om iets te steel. Ek dink nou aan ‘n massiewe stopteken wat binne minute verdwyn het sonder dat iemand opgelet het. Die beste is om nie te beplan nie, maar in die ingewing van die oomblik op te tree.
Mmmmmmm…. ek kan aan niks dink nie. Miskien was ek te veel gesuip om aan steel te dink op varsity.
Of jy het alles wat jy gesteel het in die gesuipery opgelos. 😆
Op Stb was dit lankal terug altyd die zebra by die Trek vulstasie.
Het julle die zebra gesteel? Nou weet ons hoekom is daar nie meer Zebra petrol in die land nie.
hoe seker is jy mavoete pryk nog voor maroela?
Olga
Ek het ‘n kennis gevra wat ‘n student is en raai wat?
Mavoete is ook intussen gesteel. Hoekom het ek nooit daaraan gedink nie?
spyt is n goeie ding grieters, net. . . .
louvre parys (nie ini ovs nie) en wel op 21 /08 maar eers volgende dag opgemerk.