Koerantbrokkies

3 11 2010

Weens ander verpligtinge, gaan dit maar ‘n baie kortaf nuusberig wees.

Barbara Hogan het as LP bedank.  Ek hoop van harte dat dit sommer haar bedanking as ANC lid insluit.  Al die opposisie partye is tog aan haar kant.  Tannie Helen en Antie Patty moet nou nie gras onder hulle voete laat groei nie.

Rotte het ook maar geen genade nie.  Hulle het ‘n verlamde 67 jarige man aangerand en gemartel. Watse gevaar kon hy tog vir hulle wees.  Ek hoop hy kan toor.  Vier mans het Chris Bronkhorst van Walkerville, tussen 09:00 en 10:00 oorval.  Sy vrou het hom gebel, maar ‘n vreemde stem het geantwoord.  Sy kon ook die swart stemme op die agtergrond hoor en het die buurman gevra om tog te gaan kyk.  Die buurman het gaan roep, maar Bronkhorst het nie geantwoord nie – DUH!  Kan ek sê slapgat?  Die booswigte het met onder meer juwele, ’n selfoon, horlosie en geld gevlug.  Bronhorst is met ‘n sambok geslaan, sy kop is teen ‘n muur geslaan en sy hande met plastiek gebrand.  Hy word in die Milpark hospitaal behandel.

Casper de Vries is die vieste in omdat Christenne gekla het oor sy vloekery.  Hy skaam hom glo vir vrot Christenne, dit in antwoord op ‘n beskaafde epos aan hom waar hy oor sy taal aangespreek is.  Jammer dat Beeld net ‘n berig oor ‘n ketting epos gedoen het en nie agter die kap van die byl probeer kom het nie.

‘n Vrou se oor is byna afgeskeur toe sy vir haar gesin baklei het.  Haar vrou het hulle seuns glo met haar liggaam beskerm.  Hulle is in ‘n 5 man tent in Trans Magalies-woonwapark oorval toe hulle geslaap het.  Die rotte het pikstele en pangas gehad en Jackie Coomber (38) se arm is ernstig beseer met die panga.  Hulle het toe daarna 3 dae lank gesukkel om die voorval by die polisie aan te meld, veral omdat die polisie nie opgedaag het nadat hulle na die aanval ontbied is nie.

Elvis Blue is die nuwe Idol.  Hy het ook gister aangekondig dat hy sy prysgeld met L’loyd die naaswenner gaan deel.

Verjaarsdae:  Chevrolet dring die mark in 1911 in as kompetisie vir Ford.  Harrison McCain (McCain Foods);  Roseanne Barr; Adam Ant en Dolph Lundgren.


Aksies

Information

One response

3 11 2010
Olga

whoop whoop vir die polisie. Ek wil n groep op die been bring om te gaan toyi toyi vir bheki cele (sapd hoof? Askies as ek die naam verkeerd het) se ontslag. Dis mos ook my demokratiese reg om te kry wat ek voor toyi toyi. Ek sal die ‘dapper helde’ in blou binne 90 dae lean, mean, crime fighting machines he. Wie is in? Ek wil ccma vrywaring ook he. In my mag sal geen voetslepery geduld word nie. Wie is in?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: