Trekarbeiders sonder naam

1 11 2010

Die term trekarbeider is geensins nuuts nie.  Dit is waarskynlik so oud soos die berge.  Van die Boere maar gebruik van trekarbeiders wanneer dit oes of skeertyd is.  Ek het al gelees van families wat van plaas tot plaas trek waar hulle hande ookal benodig word.  Ek is nie seker of hulle ‘n huis het nie en of die ooppad hulle huis is.

Ek kan die myne ook noem.  Dit is ‘n standard praktyk dat baie van hulle werkers hulle huise en lande agterlaat om te kom goudgrou.  Daar is natuurlik ‘n paar interessanthede en nog ‘n paar onheile wat daaruit voortvloei.  Basies gaan die man na die myne terwyl die vroue die pot by die huis aan die kook moet hou.  Sy sien haar man net eenkeer ‘n jaar.  Party stuur seker getrou maandeliks ‘n paar sent weg en ander neem een keer ‘n jaar wat oorgebly het huis toe.

Deesdae is daar ‘n derde groep wat begin kop uitsteek.  Ouerige blanke mans wat om een of ander rede hulle werk verloor het en nou moet rondtrek agter werk aan.  Die mans word nie eers vir moontlike poste oorweeg nie, juis as gevolg van hulle velkleur.  Hulle is wel goed genoeg om die wa deur die drif te trek en word sonder skroom daarvoor aangewend.  Op ‘n tydelike grondslag.  Sou die kontrak verval of die moontlikheid bestaan dat dit dalk permanent moet raak, word hulle in die pad gesteek.  Daar is heelwat ander wat bakstaan vir die tydelike pos.

Weens die werklikheid is dit bloot net nie prakties om huis op te pak en te verhuis na waar die werk is nie.  Dit is onnodige onkostes en dit is tydelik van aard.  Dit is bloot nie die ontwrigting werd nie.  Boonop het die vrou ook ‘n werk, wat dalk nie genoeg is om in al hulle behoeftes te voldoen nie, maar wat beter sekuriteit bied.  Hiermee is die mans wat in die buiteland werk natuurlik ook ingesluit.

Alles goed en wel as dit skaars vaardighede is wat nie onder elke bossie benodig word nie.  Ek weet van iemand wat 200 km weg van sy huis in ‘n Drankwinkel werk.  Hy moes uit die stad na die platteland “verhuis” om nogtans ‘n bydrae tot die gesin se onderhoud te maak.

Die mans moet ons die erkenning gee wat hulle verdien.  Dit is so maklik om boedel oor te gooi en die regering te blameer.  Intussen doen hulle tog hulle bes om die pot aan die kook te hou.

Breinvasbrand:  Wanneer is Werkersdag?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Dublin, Ierland.


Aksies

Information

6 responses

1 11 2010
Selene Phoenix

EERSTE!!!

1 Mei!!

1 11 2010
toortsie

Dis SO jammer!!! Ek het nie ‘n antwoord nie.

1 11 2010
JWW

Wêkas day is mos 1 May ?

2 11 2010
Charms

Ek het twee vriendinne wie se mans weg werk. Hulle werk drie maande en kry ‘n week verlof om huistoe te kom. Dis nie ‘n situasie waarin ek graag wil wees nie, maar vir baie is dit ‘n realiteit.

2 11 2010
Xena Phoenix

Dit gebeur met meer en meer mense wat ek persoonlik ken. Dit raak al amper die reel.

25 02 2017
Rick Covello

Really nice pattern and great written content , hardly anything else we require : D.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: