Skuld vereffen?

1 11 2010

Ek dink menige mens in die land was baie verlig toe daar aangekondig was dat Barbara Hogan vir Manto as Minister van Gesondheid vervang.  Persoonlik het ek nie ‘n idee gehad van wie dit was nie, maar my goeie vriendin Google het my gou-gou die nodige gegee.

Ek het geen ooghare vir die ANC nie en hulle “struggle” kry nie juis simpatie van my nie.  (Kruisig my gerus daaroor – en nee, ek is nie ‘n voorstaander van apartheid nie).  Wat ek egter van Hogan gelees het, het my nogal respek vir haar gegee.  Sy in in 1976 by die ANC aangesluit na die Soweto opstanding.  As ek dus tussen die lyne lees, het sy dus ‘n hart vir kinders, ongeag wie of wat daardie kinders is.  Die ANC was toe lankal reeds ‘n verbode organisasie gewees.

Hogan moes die blanke ANC lede koordineer; deelneem aan openbare politiese veldtogte en inligting oor ondergrondse bedrywighede aan die ANC in Botswana deurgee.  In 1982 is sy gearresteer omdat sy die doelwitte van ‘n verbande party bevorder het.  Sy was vir ‘n jaar lank in afsondering aangehou waar sy geondervra en by tye erg mishandel is.  Sy is die eerste blanke vrou wat aan hoogverraad skuldig bevind is en is vir 10 jaar lank tronk toe gestuur.

Hogan is, soos al die politieke gevangenes, in 1990 vrygelaat.  Sy is hier en daar deur die ANC besig gehou, maar was nooit vir haar tyd in die tjoekie beloon nie.  Tot 2008, toe sy as ‘n minister aangewys is.

Hogan as Minister van Gesondheid was ‘n verrassing, juis omdat sy geen mediese agtergrond gehad het nie.  Sy het wel ‘n sterk ekonomiese agtergrond en is nou betrokke met vigs organisasies nie.  Buitendien was ou Manto ‘n vlees en bloed dokter en ons almal weet wat het sy aangejaag.  Niemand kon meer strooi aanjaag as daardie vrou nie en Hogan het nie teleur gestel nie.

Niemand sou gekla het as sy na die verkiesing as Minister van Gesondheid aangebly het nie, maar dit was nie ‘n slegte skuif om haar Minister van Openbare Ondernemings te maak nie.  Sy het kortom gekry wat haar toegekom het.  Nie net oor die prys wat sy in die struggle betaal het nie, maar ook omdat sy bevoeg vir haar rol was.

Die ANC het seker gister besluit dat wat hulle haar skuld, is nou ten volle vereffen.  Sy het haar beurt in die soeklig gehad en nou moet sy weer skoert waar sy nie vir Cosatu in die gevreet kan vroetel nie.  Boonop is huiwer haar tong nie om te sê wat gesê moet word nie en soos ons weet is die ANC geen aanhanger van vryheid van spraak nie.

Dis nou wat ek noem stank vir dank.  Ek dink regtig Hogan moet haar posisie ernstig in oënskou neem en dalk na groener weivelde soek waar sy kan doen wat gedoen moet word.

Of dit moontlik, weet geen mens nie.  Sy is getroud met Ahmed Kathrada wat saam met Walter Sizulu na die Rivonia Verhoor tronk toe is.  Dit is diep ANC bloed.  Dalk die rede hoekom Barbara Hogan nog verdra word?

Kom soek my maar in Pretoria Sentraal as ek verdwyn.

Breinvasbrand:  Wie was president toe Barbara Hogan Minister van Gesondheid geword het?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Werkersdag.


Aksies

Information

4 responses

1 11 2010
olga

thabo mbeki.

1 11 2010
olga

eerste. Ja, nee. Sy sou seker lankal beter gelewe het as sy by ta zille en anti patty aangesluit het. Viva barbie. Die dames van die da wag vir jou. VIVA!!!

2 11 2010
Girl van die Suburbs

Haar velkleur is verkeerd… Ek begin regtig al hoe meer dink dit gaan meer oor velkleur as wat jy vir die struggle gedoen het.

Kan nie wag vir die dag waar ons kinders nie eers gaan weet van die struggle nie (ons kinders = die kinders van SA)

2 11 2010
Xena Phoenix

Ek wou nou nie die velkleur hardop bysleep nie, maar ek dink nogal dat haar uitgesprokenheid haar loopbaan gestop het.

😉 Ek stem saam met Olga. Sy moet by die ander anties van politiek gaan aansluit. Onthou Diane Kohler-Barnard is ook in die DA – die tannie wat die speaker gevloek het. Was dit nou verlede jaar of die jaar daarvoor?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: