Koerantbrokkies

1 11 2010

My dae van rondloop is helaas nou vir ‘n paar weke op ‘n einde.  Maar julle wil nie my lewe hier lees nie.

Zuma het gister die kabinent herskommel en 7 ministers in die pad gesteek.  In hulle plek is daar onder andere plek gemaak vir twee voormalige jeugleiers.  Natuurlik is daar heelwat mense verheug oor die wat in die pad gesteek is, maar daar is byvoorbeeld ook kommer oor Barbara Hogan en Malusi Gigaba wat haar vervang.  Die DA sê dat Hogan seker die bevoegste minister in die kabinet is en dat Gigaba wat basies in een omstrendenheid na die ander gedompel is.  Ek dink die DA kan seker vir Hogan ‘n plekkie skep.  Zille, De Lille en Hogan.

Jan-Friederick Bredenhand (30) is gister deur leeus opgevreet in die Addo Croc and Lion Ranch langs die Addo Olifant Park.  Hy was omtrent ‘n maand lank daar werksaam.  Hy het op die heining van die leeukamp geklim om sy medewerker te wys hoe groot die leeus word.  Een van die mannetjies het hom daar afgetrek en begin verskeur.  Die medewerker het gaan hulp soek, maar met hulle terugkeer het die leeus al aan die ribbes gekou.  Die betrokke leeus is doodgeskiet.

Wees versigtig in NW as jy daar ander motors wil waarsku oor ‘n spoedlokval en/of padversperring.  As een van die spietkops jou vang sluit hulle jou summier toe vir dwarsboming van die gereg.  Ek dink die spulletjie raak nou regtig hopeloos te vol van hulle self.

Die 1time passasiers van Johannesburg na Kaapstad gister 09:45 het effens meer opwinding gehad as waarop hulle gehoop het.  Daar was rook sigbaar aan die enjin links en hulle moes haastig ontruim.  Blykbaar was die lugwaardinne histeries en van die passasiers het van die vliegtuig na die aanloopbaan gespring.  Dit blyk toe dat alles ‘n oorreaksie was.  Die rook was veroorsaak deur ‘n vreemde voorwerp in die engin en daar was geen eksterne brand nie.  Dalk tyd om julle noodprosedures op te skerp.

‘n 35 jarige pediater is Saterdag omstreeks 02:00 in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein verkrag.  Sy was Saterdag 02:00 oppad na die neonatal afdeling waar sy deur 3 mans oorval is.  Een het haar met ‘n baksteen in die gesig geslaan.  Al drie het haar verkrag.  Die polisie het ure later 2 mans en ‘n 16 jarige seun in verband met die voorval gearresteer.

Ek wil nie oor die rugby praat nie, ja, ek is suur. Baie geluk aan die Sharks.  WP sal maar volgende jaar Weer Probeer.

Ten slotte:  Die kring om die son word veroorsaak deur die yskristalle in die cirrus wolke.

Verjaarsdae:  Die sistynse Kapel se plafon wat deur Michaelangelo geverf is, is vir die eerste keer in 1512 vir die publiek ten toongestel.  In 1604 is Othello die eerste keer opgevoer. Die eerste kaalbors foto van ‘n vrou verskyn in die National Geographic.  Seabiscuit het War Admiral in die perdewedloop van die eeu in 1938.

Larry Flynt; Lyle Lovett (eerste Mnr Julia Robberts); Rick Allen (Def Leppard); Jenny McCarthy en Toni Collette.


Aksies

Information

6 responses

1 11 2010
Girl van die Suburbs

Dit help nie jy skiet die leeu nie. Dis instink. Hy bly ‘n wilde dier al is hy in ‘n enclosure.

1 11 2010
Selene Phoenix

En wat help dit nou dat hulle die leeu skiet?? 👿

1 11 2010
Xena Phoenix

Dames

Die leeus is geskiet sodat hulle nie mense as ‘n voedselbron sien nie. Dit was nou ‘n ongelukkige voorval. Dit kan egter meer gereeld gebeur as die leeus nie dood gemaak is nie.

Ja, die man is dood. Om ander se dood te voorkom was die leeus dood gemaak. As hulle eers mensvleis ken, doen hulle alles om nog te kry.

1 11 2010
Girl van die Suburbs

Daar is ons Zim-inloop-probleem opgelos! :mrgreen:

1 11 2010
BB

Ek wonner tog nou of iemand al ‘n leeu gevra het of mens vir hom lekker is 😕 ek dink net mens is so dom, jy sallie sommer ‘n bok kry wat oor ‘n heining loop hang of binne hap-afstand van dié katjie sal kom nie – geen ander dier sal, for that matter nie… “I see stupid people…” 🙄

1 11 2010
JWW

Hulle sê mens proe soos varkvleis – dis seker dan nou maar ‘n jamerte dat daai leeu nie joods of moslem was nie…. 😆

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: