Hoekom blog jy?

30 10 2010

Dit is soort van tradisie.  Een of ander tyd kom ‘n blogger by ‘n tyd wat Son woord droogte gedoop het.  Eendag as ek in die regte bui is, sal ek nog die vergelyking tussen ‘n stukkende blog en Stukkende gedig van Breyten Breytenbach tref.  In die huidige plek en ruimte is ek gelukkig hopeloos te vlak daarvoor.

 Ek dink die meeste mense begin blog vir een rede en selfs ‘n ideaal.  Tog hou ‘n mens aan blog vir ander rede.  Die hoofrede is seker omdat jy dit geniet.  Blog is hopeloos te veel werk as jy nie genot daaruit put nie.  Vir baie mense is hulle blog ‘n aanlyn dagboek, maar ek het regtig nog nooit daardie begeerte gehad nie.  Hoekom blog ek dan?  Verskeie redes, maar ek dink dit gaan hoofsaaklik oor die volgende redes.

  • Mense wat my goed ken weet dat ek alles omtrent tot op die been analiseer.  Sommige mense sal dit wroeg noem – ek persoonlik beskou myself as ‘n denker.  Blog help nogal om my gedagtes te orden en boek daarvan te kan hou.
  • Ek is verslaaf aan allerhande interessante brokkies.  Met ‘n blog het ek ‘n goeie verskoning om oor alles wat ek wil op te lees.  Dit kan dan sommer vir ‘n blog onderwerp ingespan word.
  • Noem my verwaand, maar saam met die vorige punt, dink ek dat ek ‘n bydrae lewer om meer inligting in Afrikaans beskikbaar te stel.  Moenie my vra hoekom nie, maar baie mense google in Afrikaans – hopelik kan ek hulle in die regte rigting help.
  • Die mense waarmee ‘n mens in aanraking kom.  Dalk nie almal goed vir jou nie, maar daar is baie min vervelige mense in die omtrek. 
  • Ek het ‘n spesiale talent vir strooi praat.  Dit moet seker vir iets goed wees, maar vir die oomblik gebruik ek dit om mee te blog. 
  • Dit is ‘n goeie platform om idees te deel en jou idees uit te daag.  Ek is mal oor ‘n goeie debat. 

Vandag wil ek eerder vra hoekom blog jy?  As jy dan nie self ‘n blog het nie, hoekom lees jy wel blogs?  Wat van blog haat jy?  En as jy besonders dapper is, wat is jou grootste grief as jy ander blogs lees? 

Dalk moes ek eintlik huiswerk uitgedeel het.  Ek neem aan julle kan ‘n skimp vang.


Aksies

Information

9 responses

30 10 2010
Olga

ek ly deesdae erg aan woorddroogte. Nee, ek glo nie ek wil post oor die pro’s en con’s van blog nie.

31 10 2010
Skimp gevang « GOGGABYT

[…] Hoekom blog ek? Dit is die vraag wat vir ons as huiswerk gestel is op Herriemerrie se bladsy. […]

31 10 2010
Olga

Huiswerk vir HERRIEMERRIE!!!!!!!!!!!!!

31 10 2010
toortsie

Ek kon nogals nie glo toe ek onderaan die bladsy kom, dat dit nie weer ‘n HUISWERK blog is nie!!!
woorddroogte? Stukkende blog? email ASB as jy so iets by my vermoed!! ek vertou nogals jou oordeel?????
Ek blog omdat ek myself nie kan help nie – ek kan dit NET NIE WEERSTAAN NIE!!! Ek sien te min mense in my lewe om ontslae te raak van al die praat wat oor 48 jaar opgegaar het…. nou tik ek dit maar in vir die rekenaar, en die wat die moed het om dit te lees, is welkom.
Ek geniet die “intelligente” geselskap!!
ag, en julle is lekker mense, julle is lekker mense, julle is lekker menseeeeeeee……… en ons sê almal so!!

1 11 2010
JWW

Ek blog want julle het my verslaaf gemaak lank gelede.

1 11 2010
BB

Ek is bly jy wroeg eeehhhmmm denk so lekker :mrgreen: en jip, jy’s reg jy lewer beslis ‘n bydrae tot my algemene kennis – ek lees bittergraag hier, dankie 😉
Ek stem saam met Olga – ek is nie lus vir blog oor hoekom ek blog – sal maar by my ma se wyse woorde volstaan: “Sommer” 😆

1 11 2010
Blog in Afrikaans | Toortsie se Blog

[…] Die merrie het gevra dat ons sal skryf oor hoekom ons blog.  Eintlik het ek haar klaar geantwoord op haar blog dat ek dit verskriklik geniet. Dat ek min mense sien en 48 jaar se gesels in my het wat iewers sal moet uit, anders praat ek julle HEELTEMAL MAL as ek julle sien (wat ek  in elk geval DOEN!!). Dis vir my heerlik om my gedagtes neer te pen, ek doen dit al vir jare in my bidboek.  Toe ek begin blog het, het ‘n hele nuwe wêreld vir my oopgegaan. Ek het nuwe vriende ontmoet met wie ek baie lekker gesels, al het ek hulle nog nooit gesien nie. Gogga skryf ook dat sy lief geraak het vir die ander bloggers, hulle vreugdes is haar vreugdes. Ek kan dieselfde sê. […]

1 11 2010
Girl van die Suburbs

Hoekom blog ek? Dit was veronderstel om net terapeuties te wees in die begin maar nou raak dit deel van my bestaan.

Ek dink dit raak soos ‘n online dagboek vir my. Gaan baie meer oor wat ek voel en waarneem as feite weergee. Ek suck met feite en alles wat logies is.

2 11 2010
Reiterating on why I blog. « Cantus!

[…] kat saamdrink nie. Sy kan nog minder as jy bekostig om hiperaktief te raak in die nag. 3.So, dan blog jy […]

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: