Die gesigte van water

14 10 2010

Toortsie het my ingelig dat 15 Oktober Blog Aksie dag is.  Die idee is om die wêreld se bloggers te verenig deur om oor dieselfde onderwerp te skryf.  Die onderwerp vanjaar is water.

Daar is ‘n skimp dat ons oor die belangrikheid oor die suiwerheid van water moet praat, maar ek is nie besonders goed daarmee om skimpe te snap nie.  Water is so ‘n wye onderwerp, dat dit ‘n sonde is om dit in ‘n blik te druk.  Daarvan wil ek darem nie beskuldig te word nie.

Dit is eintlik ironies hoe maklik water wel in ‘n blik gedruk kan word.  Terselfde tyd kan water ook ‘n blik laat bars sou dit die water behaag.  Daar is seker niks meer vervelig as ‘n glas water nie.  Daar is seker ook geen ander drankie waarvoor daar so opreg gebid kan word as ‘n glas water nie.  Die mens trek so dikwels hulle neuse vir water op, maar dit is iets wat noodsaaklik is vir oorlewing.

Water is daar om te verstom.  Water maak dikwels ‘n fees vir die oog.  Wie word koud gelaat deur die manjifiekheid van ‘n waterval.  Water verskaf plesier en is ‘n wonderlike medium om mee te speel.  Water onderhou lewe, maar dieselfde water kan lewe uitvee.  Water kan gemoedere salf, maar soms ook vrees inboesem.

Water laat plant en dier die aarde bedek.  Dieselfde water kan weer alles op die aardoppervlak wegvee.  Vir dieselfde geld kom niks tot stand sonder water nie.  Niks is egter bestand teen die aanslag van water nie.  Tog word die massas water as huis gesien deur miljoene diere en plante.

Water kan kristal helder wees, maar water kan ook ‘n gifnes wees.  Water reinig, maar kan ook maar lekker mors.  Water kan verkoel, maar ook verhit.  Water is ook die enigste middel op aarde wat in ‘n vaste vorm minder dig is as in vloeibare vorm (Ys dryf op water).  Dit is wat water in staat stel om lewe te onderhou.

Dit laat my dink aan ‘n aanhaling van Bruce Lee:

Don’t get set into one form, adapt it and build your own, and let it grow, be like water. Empty your mind, be formless, shapeless — like water. Now you put water in a cup, it becomes the cup; You put water into a bottle it becomes the bottle; You put it in a teapot it becomes the teapot. Now water can flow or it can crash. Be water, my friend.

Hoe voel jy oor water?

Breinvasbrand:  By watter temperatuur is water die digste?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Macbeth.

Advertisements

Aksies

Information

14 responses

14 10 2010
seegogga

Sjoe Herriemerrie, mooi geskryf! Ek sien nou hoekom jyy so ‘n top blogger is! Antwoor; 4grade celcius?

15 10 2010
Olga

Tweede. As ons nie die eerste tree gee om ons waterbronne te bewaar nie, kan ons dit van ander verwag???

15 10 2010
Water water water « Leon von Moltke se blog

[…] ek het dit nie so beplan nie, maar HerrieMerrie het vertel dat dit vandag Waterdag is, so ek sal al weer oor water […]

15 10 2010
leonvonmoltke

Ek het ‘n waterdingetjie opgeplak!

15 10 2010
Twilight

Puik geskryf! Ons het pas reën gekry en dis ongelooflik om te sien hoe die reën alles binne ‘n dag of twee groen het wat maande se spook met tuinslange nie kon regkry nie.

Niks wat dors so les soos ‘n glas water nie. Dit is omdat water se ph presies reg is om biologiese prosesse te onderhou. (Jy sal waarskynlik meer hiervan weet as ek.) As ons iets (bv Coke) drink waarvan die ph baie laag is, moet ons liggame kompenseer daarvoor om ons bloed se ph weer so na aan neutraal/alkalies as moontlik te kry – anders kan ons bloed nie suurstof dra nie. Dit vind gewoonlik plaas deur kalsium uit ons bene te onttrek. ‘n Oormaat kalsium in die bloed bring allerhande probleme mee. Ek het daagliks ‘n stryd om my gesin meer water te laat drink. Ek en Magnus is nie sleg daarmee nie, maar my man en Marco sal feitlik enigiets bo water verkies.

Dan is daar die ander interessante navorsing van Jacques Benveniste wat praat oor die kommunikasie tussen molekules waarvan water die belangrikste is aangesien biologiese prosesse in water plaasvind en ons liggame uit ‘n groot persentasie water bestaan en Masaru Emoto se navorsing oor waterkristalpatrone en musiek, woorde en emosies.

15 10 2010
toortsie

Dankie Twilight vir jou uiters interessante bydrae.
Dankie Xena – jy het UITSTEKEND geskryf. Ek is nie seker of hulle vreeslik voorgeskryf het oor HOE ons dit moet doen nie – of ek het daardie deel gemis!

15 10 2010
15 10 2010
Stellenbosch University Blog Action Day 2010 – “Water” « Toortsie se Blog

[…] ek nou al gewaar het wat hieroor geskryf het, is Leon en Xena. Julle moet maar julle water stories ook hier kom vasplak […]

15 10 2010
Selene Phoenix

Goeie more julle!!

Ek probeer my 8x glase water ‘n dag drink… maar dis moeilik! Ek is maar ‘n coke mens! Ek drink darem nie meer elke dag coke nie.. so dit help!

As ek na ander lande kyk, dink ek nie ons besef hoe gelukkig ons nog is om water uit ‘n kraan te kan drink nie!

Wat my natuurlik boos maak – is die mense wat water so mors deur hulle plaveisel af te spuit in plaas van om ‘n besem te wat en bietjie te werk!! Hulle mors so baie water!

15 10 2010
Girl van die Suburbs

Ek LURVE water…. Ek is lief vir swem, drink ongeveer 3 liter daarvan ‘n dag en wie kan nou ‘n lekker warm stort weerstaan?

Ek ry elke dag verby Bruma meer en oi… wat ‘n gemors. Dit is ongelooflik vuil en die stank is genoeg om jou te walg! 😡 Ek reken party inwoners gee net eenvoudig nie om nie!

15 10 2010
Olga

more, more. Ons het laasnag n ma se storm gehad. Maar ons kla nie. Alle wateq is welkom.

15 10 2010
Celia Neveling

Pragtige inskrywing, lekker naweek vir jou.

15 10 2010
Sonlig

WOW! Ou Bruce Lee het my so pas beïndruk!

15 10 2010
JWW

Wel, water is baie belangrik vir alles, dis ook die enigste ding op aarde wat natuurlik in al 3 vorme voorkom, eg gas, vloeistof en vaste stof.

En die belangrikste een – Bier is 90% water 😆 :mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: