Laat waai

23 08 2010

Dink net . . . Goue strande, hemelblou see en strelende kus van die son.   Baie mense se idee van die hemel.  Min mense sal vir ‘n paar dae op ‘n strand nee sê nie.  Nou gestel nou jy wen ‘n week vakansie in ‘nluukse strandoord.  Pragtige weer word verwag en alle onkostes word gedek.  Dit is egter ‘n nudiste oord.  Sal jy die vakansie aangryp?

Kaalbas op die strand is seker nog iets waaroor die meeste van ons sal giggel.  Iets waaraan ons nie gewoond is nie, iets wat ons (wel, seker nie almal van ons nie) gemaklik sal voel om self te doen nie.  Tog is Clifton onlangs gekroon as die derde beste nudistiese strand in die wêreld.  Ja, Clifton en nie Sandy Bay nie.  Daar is dus meer as een kaalstert strand in die land.  Ek praat onder korreksie, maar soos ek die storie verstaan is Clifton in 4 dele verdeel.  Ek neem aan een vir die dele is vir mense sonder “skaamte” bedoel. 

Kan julle glo dat daar ‘n Suid-Afrikaanse Nudiste Federasie is?  Hulle doel is om natuurisme te bevorder.  Met ander woorde, hulle wil mense die kans gee om saam met ander kaalgat in die buitelug rond te beweeg.  Dit het blykbaar niks met seks te make nie.  Eerder net ‘n kans om ten volle natuurlik te kan rondbeweeg.  Soos ons met klere doen, sonder enige ander bybedoelinge.  ‘n Mens word tog immers kaal gebore. 

Persoonlik is dit nie vir my nie.  Ek kan nie dink dat ek ooit so desperaat vir ‘n gratis seevakansie sal wees nie.  Ek hou nie daarvan om kaal te wees nie.  Dit is seker ‘n geval van elke diertjie het sy plesiertjie.  Dit neem baie selfvertroue om sonder ‘n draad klere te loop.  Anders gee jy net bloot nie ‘n duiwel om nie.  Ek is nogal bly dat dit in Suid-Afrika op die oomblik eerder die uitsondering as die norm is. 

Ek het ‘n vriend op varsity gehad wat gesweer het ‘n meisie in ‘n bikini lyk mooier as een wat naak is.  Hoe voel julle hieroor?  Sal julle na ‘n nudiste oord gaan?  Voel jy gemaaklik met naakheid?

Breinvasbrand:  Watter nudistiese wildsplaas is 50 km weg van Pretoria?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Johannesburg.

About these ads

Aksies

Information

22 responses

23 08 2010
Olga

eerste!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

23 08 2010
Olga

Die kaalbas ding doen dit nie vir my nie. Maar as dit die volgende mens se idee van vryheid is, have a jawl.

24 08 2010
Anna

Nudis? Ekke kaalbas? Hier kry ek so ‘n prentjie van myself kaalbas op ‘n strand en al wat ek kan doen is lag. Glo my, niemand wil dit beleef nie. In die somer waai elke stukkie klere, behalwe die allernodigste, sodra ek in die badkamer kan kom wel, :oops: maar iets baie dun en los word sommer dadelik omgebind en julle moet die geskarrel sien vir klere as daar skielik ‘n onverwagte klop aan die deur is. Nee wat, nie vir my nie! :mrgreen:

24 08 2010
Olga

more, more.

24 08 2010
demoerin

Ek weet nie, mens kan seker nie ja of nee sê as jy dit nog nie self probeer het nie. Ek het wel al in my een onder-die-invloed-universiteit-vakansies kaal touch rugby op San Lameer se strand gespeel…. ek dink ons is dalk nog steeds nie meer welkom daar nie, maar ek glo nie dit tel nie.

24 08 2010
demoerin

En…. lees ek nou die raak: Rotterdam vat dit een stappie verder:
http://holland101.wordpress.com/2010/08/19/kaal-boude-op-nat-gras/

24 08 2010
Selene Phoenix

Goeie more julle!!

Nee wat, dis ook nie vir my nie! Ek haat dit om in ‘n bikini rond te loop, wat nog van sonder enige iets!! As dit ‘n strand is sonder kinders, en net gay mans sal ek dit nog oorweeg om miskien topless te tan (ek haat daai tan merke van die strappies) Maar alles, NEE!

24 08 2010
Jayde

Miskien as dit op ‘n plek is waar NIEMAND my ken nie :mrgreen: Jis nee – ek weet darem nie so mooi nie – ek was nog nooit so desperaat vir ‘n vakansie nie.

24 08 2010
Girl van die Suburbs

Dink ek nou net… Ek gaan eendag dit probeer en dan loop een van my skool kinders verby my en groet… Hello juffrou girl… Dink nie ek sal dit waag nie.

24 08 2010
Vee

Hie-hie ek kan net dink hoe groot die mense gaan skrik as ek kaalbas daar gaan rondloop! :-)
Ek weet daar is ‘n nudiste plek 12km van Warmbad (Bela Bela) af ek dink die naam is Haakbos. Ek is nie seker of dit dieselfde een is wat aan Beau Brummel behoort nie.

24 08 2010
Vee

O ja hallo julle :-))

24 08 2010
Selene Phoenix

Girl :shock: Kan jy dit imagine! Ek gaan net daar en dan dood!

More Ma! ;)

24 08 2010
Charms

Ek het nie genoeg guts om dit te doen nie so ek sal maar geldjies spaar vir ‘n geklede vakansie.

24 08 2010
Sonlig

Nee wat – dit sal met my ook maar moeilik gaan. Al is die vakansie verniet.

Daar is mos ‘n gedeelte van jou brein wat te doen het met inhibisies. Myne werk nog.

24 08 2010
Olga

n man het my 1keer gese dat hy n onderrok wat so effens uithang of n vrou wat so in die sit n bietjie bobeen wys baie sexier vind as n kaal vrou. Dit was voordat jeans die rok plat geklap het. Ek het sover in die winkels gesien dat die rok van voornemings is om vanjaar n splash te maak. Ek het jare laas soveel rokke in winkels gesien.

24 08 2010
Wille Kjind Q

LOL! Ek sal as dit in ‘n ander land is wa NIEMAND my ken nie. En ek moet permanent gesjuip wees :blush:

24 08 2010
Wille Kjind Q

Eish! Dit :oops: wees! Dit kom nou van lanklaas blog

24 08 2010
Olga

jy het te veel by dari winkel gekuier. Ek was dinsdag ure lank by brooklyn mall. Toe vertel lavigd my dat jy net oorkant die pad werk. Het ek dit geweet, kon ons saam by jou fav winkel gaan browse het.

24 08 2010
Wille Kjind Q

LOL!

1 12 2010
Pistons

Hi julle,
Ek is al lankal n’ nudis, vir n’ paar jaar al. Dit is die wonderlikste ding op aarde. Dit is glad nie seksueel nie, ek my dogter en my vrou gaan amper elke 2 de naweek Harmony toe. Lees gerus hul webtuiste. En as jy bietjie skaam is kom kuier dan vir ons in die winter. Ons het dan klere aan, ons is naturiste nie stupid nie LOL.

Hier is n’ gedig wat ek oor Harmony geskryf het :
http://www.za.woes.co.za/gedigte/vertoon/73769_Harmony_-_Medisyne_vir_die_siel.htm

Kontak my gerus as jul meer wil weet.
Groete
Mark

28 04 2011
mike

Hi daar

Ek is ook n nudis ma ek kani harmony toe gaan nie want ek is single,hoe kan ek maak om te gaan .het jy raad?

28 04 2011
mike

Hi julle

Ek het al en dis lekker ek was kaal op margate se strand. het wel n ereksie gehad ma dit was nogtans lekker

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 128 other followers

%d bloggers like this: