Dierlike skande

31 01 2010

Ek was eendag by die dokter gewees.  Die besoek is deur die medies gedek, maar ek moes die medisyne uit my sak uit betaal het.  Ek het daardie dag onder andere antibiotika gekry.  Ek was natuurlik nie baie gelukkig met die wending gewees nie en het almal wat wou hoor vertel wat ek daarvan dink.  Tot my ma my vertel dat haar kat veearts toe moes gaan.  Sy antibiotika was dubbel die prys van my antibiotika.

Met een drastiese verskil.  Ek kon my voorskrif na ‘n apteek geneem het wat die medisyne van die medies sou eis.  Die kat het nie medies gehad nie.  Ek kon na ‘n staatshospitaal toe gegaan het en daar omtrent kosteloos behandel geword het.  Die kat kon veearts toe of siek bly.  Teen die veearts se prys.  Was daar doodeenvoudig nie geld vir die medisyne nie, was dit maar daarnatoe.  Dit is maar net ‘n kat.  Of ‘n hond, of ‘n bees, of ‘n skaap . . .  Dan word ek vertel dat mense wat lief is vir diere veeartse word.

Gaan loop ‘n mens deur enige minder-gegoede buurt, tref die oormaat diere jou altyd soos ‘n vuis tussen die oë.  Mens skud maar jou kop en wonder hoe die mense diere durf aanhou as hulle hulleself nie eers kan voer nie.  Dit is verseker vir die meerderheid gevalle wel ‘n geval van hulle gee net nie om nie.  Maar as ons nou regverdig wees, moet ons erken dat daar wel die enkeles is wat vir hulle vierpotige vriende lewe.  Wat eers hulle troeteldiere sal voer en dan, as daar iets oorbly, self sal eet.

Natuurlik het hulle nie geld vir die luukse vir ‘n veearts nie.  Natuurlik sal hulle diere aanteel teen ‘n skrikwekkende tempo.  Veeartse vra kontant en kontant is die een ding wat hulle nie het nie.  As die wollerige maatjie siek raak, is gebed die enigse uitweg.  Niemand kan van die veearts verwag om verniet te werk nie.  Selfs die DBV is glad nie skaam om hulle pond vleis te eis nie. 

Die probleem is nie net beperk tot die laer ekonomiese klasse nie.  Die gemiddelde gesin met uitgawes soos behuising, skoolfonds, elektrisiteit, kos, klere, motors ens het, het ook nie altyd die kontant vir ‘n onvoorsiene probleempie met die hond of kat nie.  Dit is hartseer, die is nie regverdig nie, maar dit is die realiteit.  Een wat die weerloses moet betaal. 

Ek wil graag weet of die tariewe van veeartse billik is.  Goed en wel, hulle moet ook ‘n bestaan kan maak.  Hulle het hard geswot om te kom waar hulle is.  Maar, is daar nut aan hulle as mense hulle nie kan bekostig nie?  Is daar iewers ‘n middeweg waarvan ek nie bewus is nie? 

Gestel nou daar is ‘n week elke jaar waarin diere gratis gesteriliseer kan word, sal die gevalle van dieremishandeling en -verwaarlosing nie aansienlik minder wees nie?

About these ads

Aksies

Information

14 responses

31 01 2010
Flintie

Die week gratis storie klink bakgat. hulle het onlangs hier by ons drie dae lank gratis Rabies inentings gegee by die DBV, en dit was n helse sukses. Hulle kan die studente daai week laat oefen. Kos hulle mos niks, en vir die student se petrol geld, hy kan dit terugeis by die Varsity.

1 02 2010
Ek is Anna

Ai, hoe hartstogtelik hoop ek dat die veeartse hierdie possie sal lees. Ek stem 100% saam met jou. Die gewone salaristrekker (hier op die platteland in elk geval) kan net eenvoudig nie bekostig om sy dier te laat “regmaak” nie, so hulle teel maar net aan en aan. Daar is mediese fondse vir diere, maar wie kan dit nou ook bekostig.

1 02 2010
Coyote

Ek dink dit kan nogal werk as di vets so een keer n jaar sterlisasies verniet doen daar gaan dan beslis mimder mishamdelde/straat diere wees

1 02 2010
freek

Ai my girl! hoe gaan die vet sy of haar suv vir elke dag se ry, 4 x 4 vir besoeke en sleek bmw of benz in die garage, 4 kids op kollege, 2 in rehab en 3 in boetieks kan bekostig as hulle redelike tariewe moet vra. ek dink die staat moet net soos vir dokters en spesialiste n voor die voet vasgestelde tarief het. die mechanic het ook jare lank hard gewerk behalwe swaar geleer om n mac te word. en hy mag niemand overcharge nie. n goeie plan kan ook wees as dieselfde staat n defnitiewe vasgestelde inkomstekerf het waaronder geen mens geen dier of kind mag he nie. oortreding vn die reel moet absoluut afgedwing word. of mens op plaas, dorp, stad of squaterkamp woon.

1 02 2010
freek

Diere teel meer as 1 keer per jaar. ek praat onder korreksie. maar die spca is veronder stel om net n donasie te vra. tog het ek gehoor van iemand wat oor r400 betaal het vir n straat kat.

1 02 2010
Selene Phoenix

Goeie more julle!!

Ek haat dit om veearts toe te gaan… weet nooit wat iets gaan kos nie! En loop daar weg en voel asof iemand jou beroof het!

Ons worsie wat so siek was, het ons der duisende rande gekos… en op die ou einde moes ons haar uitsit, wat ons amper R600 gekos het. Hulle het ook geen simpatie gehad nie!

My ook R60 gevra om Tang se naeltjies te knip… so se voet nou doen ek dit self!

1 02 2010
Ingrid Marais

Dit is baie sleg om verwaarloosde diere te sien swaar kry. Ek stem saam iewers moet ‘n oplossing gevind word. Ek dink aan die arme oupa wat alleen in sy subekonomiese huisie bly en net ‘n hond vir geselskap het. Daar het een keer ‘n oom langs my gebly wat vir ure met sy Bono kon gesels, toe Bono ekseem kry was dit gelukkig vir sy kinders moontlik om te help, maar eerlikwaar as Scooby skielik siek word sal ons baie mooi moet rondskuif aan die budget. Om te se dat mense ‘n sekere inkomste moet kry om ‘n dier te mag he is darem ook nie regverdig nie, wat word dan van die arme oupa en ouma wat net vir Snippie het?
Ek het eenkeer by ‘n veearts in Bloemfontein ‘n plakkaat gesien van ‘n mediesefonds vir diere, maar ek kan werklik nie onthou watter maatskappy dit was nie.

1 02 2010
Skoor

Goeie inskrywing.

Hier op Stellenbosch is dit ‘n fokken groot ego en materialistiese ding. Ja, soos Freek se, die dure karre en huise en vroue se make-up moet betaal word. Deur ek en jy.

Hulle voel fokol vir diere, dit gaan oor die geld.

Ek betaal maandeliks R500 vir my katte se kos. Net by die vet te kry. En as hulle besluit om dit tussen vandag en volgende week met R50 ‘n sak op te sit, kan jy NIKS daaraan doen nie.

Selfs die DBV wat hulle konstante groot klient was, moes volprys betaal. Daar was nie so iets soos afslag daar nie. Van kos tot behandelings is volprys gecharge.

Gelukkig het hulle nou hulle eie veearts en voel die praktyk seker daai sakke geld wat hulle nie meer maandeliks ontvang nie!!!!

They do it for the money. En ons desperate diere eienaars sal ons laaste kosgeld gee dat ons hart se punte net kan gesond word.

(Try biki hulle tandjies laat skoonmaak – verlede jaar byna R600/kat betaal vir 2 katte)

1 02 2010
Ek is Anna

Ek wil julle gou vertel van ons oulike “veearts” hier op ons dorpie. Sy naam is die Apteker. Ek grap altyd dat hy die beste dokter op die dorp is en ‘n paar weke gelede het ons Jack Russeltjie kleintjies gekry. Op een stadium het haar agterste speentjies vreeslik opgeswel en rooi geword en ons het nie geweet wat om te doen nie. Ons sou moes deurry na die buurdorp toe om ‘n veearts te sien want ons het nie een op die dorp nie (en ook nie juis geld om haar veearts toe te vat nie). Net voordat ons ry onthou ek toe van Oom Apteker en bel hom. Toe ek hom vra of hy vandag sal veearts speel vir my het hy net so ‘n verlee laggie gegee en gese ek moet hom kom sien. Hy het vir my ‘n pakkie kapsules vir haar gegee en dit het die enorme bedrag van R20 gekos. Ons het die kapsules oopgebreek en die inhoud oor haar kos gestrooi. Die volgende dag al kon ons die verandering sien en twee dae later was alles weer normaal. Dankie Oom AptekerVeearts.

1 02 2010
Spinnekop

Veearts miskien is dit nie meer die regte naam vir hulle nie maar eerder troeteldierdokter want die meeste van hulle weet seker nie eers meer wat is n bees of n skaap of enige plaas dier nie. Die wat rerig met plaas diere werk ek dink hulle pryse is nog billik en hulle besoek die boer en verwag nie dat hy sy bees na hom moet vat nie. Maar die wat met jou troeteldiere werk hulle pryse is mal. In elkgeval as jy nou rerig n dier wil laat siek word vat n gesonde hond na die veeaarts se kamers want waar gaan alle siek honde die kaans is goed dat jy hom volgende week weer gaan moet vat want dan is hy rerig siek sommer tot die dood toe. Dan begin jou groot betaal. Al wat ek vir jou kan se kry eers n prys voordat jy enige iets laat doen en doen maar shopping want dit kan verskill van een na die ander. Moet nie net se doen dit as jy nie weet wat dit gaan kos nie. So n rekening kan maklik oor n duisend gaan en nog meer en as buksie dit nie maak nie moet nie dink jy gaan niks betaal nie.

30 05 2011
Stephan

Miskien is jy in die verkeerde dorp, ons plaaslike veearts gaan uit sy pad om sy werk te doen en vra definitief nie ‘n arm en ‘n been nie. Ek bel hom vir raad met my beeste en het nog elke keer die beste behandeling ontvang. Enigste oplossing ” Vat jou goed en trek”

1 02 2010
Xena Phoenix

Dankie vir almal se inloer.

Skuus, dinge is ‘n bietjie dol hier. Die drukker was ook hondsdol gewees.

Flint

Ironies, ek sou nooit daaraan gedink het dat ‘n mens vir ‘n hondsdolheidinspuiting moet betaal nie. Waar ek groot geword het, was dit verpligtend om jou diere jaarliks laat inent daarvoor. Gratis.

Anna

As die veeartse hier lees, sal ek die vark in die verhaal wees wat hulle nie ‘n lewe gun nie. :lol: Soos met medies, kry die potensiele veeartse wat regtig vir diere lief is, nooit die kans om hulle droom te vervul nie. Dit is ‘n status beroep, nie een wat uit roeping gevolg word nie.

Freek

Net R400? Ek het al gehoor van ‘n minimum van ‘n R1000. Dan verwag hulle dat jy by hulle ‘n dier moet “aanneem” in plaas daarvan om een vir R50 in die Junkmail of petshop te koop. Die DBV is nie my gunsteling organisasie nie. Wanneer ek in die mark is vir diere, sal ek by ‘n goedgekeurde (een wat ek goedgekeur het) koop. En ja, ek weet ek gaan heelwat meer as R1000 betaal.

Ingrid, ek het wel al gehoor van die mediese fondse. As ek dit maar kan bekostig. Alternatief kan ‘n mens seker ‘n kredietkaart spesiaal vir kattie of honne kry. Dit help egter 90% van die land se bevolking nie. Terloops, die DBV soek jou inkomste om te bepaal of jy na die dier sal kan kyk, voordat jy kan aanneem.

Skoor, Selene en Coyote

Ek is opreg geskok wat veeartse kos. Genugtig, ek moes een geword het. Kan dit regtig as ‘n bestaan regverdig word of is dit skaamtelose uitbuiting?

Spinnekop

Snaaks genoeg kan ‘n gewone veekundige die meeste goedjies doen waarvoor ‘n stadsjapie ‘n veearts sal betaal. Soos diere kastreer, insemineer, verdoof, vaswerk ens. Die groot veeboere het gewoonlik een op die payroll.

1 02 2010
maxie

Ons het ‘n wonderlike veearts gehad in die Oos Kaap.
Hy was regtig lief vir diere. Jy kon hom selfs by sy huis bel na kantoor-ure, dan ry hy praktyk toe vir noodgevalle (waarvoor hy nie ‘n sent ekstra gevra het nie).
Hy het die rekeninge gepos en mense kon hom betaal wanneer hulle dit kon bekostig, selfs in paaiemente.
Hier in Jhb is dit natuurlik ‘n perd van ‘n ander kleur.

2 02 2010
Twilight

Binne die eerste maand nadat ons hier ingetrek het, het ons diere ons digby die R3000 in veeartsrekeninge uit die sak geja. Die klomp hier is baie oulik, maar duur! In Pietermaritzburg het ons vir jare na dieselfde praktyk toe gegaan. Dis in ‘n minder gawe deel van die dorp, maar die diens daar is uitstaande en die tarief laer. Mens kry wel mediese fondse vir diere, maar dit werk ook maar duur uit. Ek het anderdag R400+ betaal vir ontvlooi- en ontwurm muti.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 128 other followers

%d bloggers like this: