Ruben Kruger is gisteraand in die ouderdom van 39 oorlede. Kruger voer sedert 2000 ‘n stryd teen breinkanker. Hy is in 2007 en 2009 geopereer om gewasse te verwyder. Kruger was vanaf 1993 – 1999 lid van die Springbokspan, hy het 36 toetse gespeel en 7 drieë gedruk. Kruger laat Lize (sy vrou), Zoë (7) en Isabella (4) (sy dogters) agter.
‘n Ma van Weltevredenpark in Johannesburg het verlede Dinsdag met haar baba tougetrek om te keer dat hy ontvoer word. Die baba is maar 20 maande oud. Hulle was oppad kleuterskool toe, toe ‘n man haar met ‘n mes in haar rug haar na ‘n parkie gedwing het. Sy was eers met ‘n tou om die nek aan ‘n boom vasgemaak, betas en toe haal die aanvaller die baba uit die waentjie uit. Sy ma het na sy voete gegryp en die aanvaller het haar gesteek in die hoop dat sy hom sal los. ‘n Man het haar te hulp gesnel en sy kon ontsnap. Die polisie het glo nie juis in haar storie belanggestel nie, maar ‘n saak is geopen en word nou geondersoek.
‘n 10 jarige meisie van Newcastle is verkrag en aan ‘n boom gehang nadat sy en haar ma in hulle huis aangeval is. Die pa was ten tye van die aanval in Taiwan. Hegendhri Narainsamy is na ‘n kamer geneem en twee keer verkrag deur Siphamandla Nkosi, ‘n oud werknemer van Selvan Narainsamy, die pa. Sy is gedwing om op ‘n stoel te staan, met ‘n tou om haar nek. Die ander punt was aan ‘n prieël vas gemaak. Die stoel is onder haar uitgehaal en sy het verwurg. Haar ma, Ranjini Narainsamy, is ook verwurg. Die voorval het in 2008 plaas gevind, maar die Nkozi en Mxolisi Masondo het nou eers in die hooggeregshof in Madadeni verskyn.
‘n Man is gister na 14 dae lewendig uit die puin in Port-au-Prince gehaal deur die VSA weermag. Die regering van Haiti het die naweek aangekondig dat die soektog na oorlewendes afgelas is, maar nog ‘n handjie vol mense is gered. Uninhabited Aerial Vehicle Synthetic Aperture Radar (UAVSAR) gaan ook deur NASA ingespan word om die eiland se verskuiwingslyne te bestudeer. Dit sal spanne kan help om die moontlikheid van naskokke ens beter te bepaal.
Mickey Arthur is glo weg omdat hy nie transformasie teikens kon bereik nie. Beide hy en Graeme Smith het ontken dat die verhouding tussen hulle onherstelbaar versuur het.
Cindy Nell-Roberts is gister uit Survivor gestem. Juis omdat sy fiks en slim is en dus vir die ander spanlede ‘n bedreiging kon inhou. Stank vir dank, sy het haar span eers gehelp om die beloningsuitdaging te wen en daarna om ‘n “aërodinamiese” skuiling te ontwerp nadat hulle die vorige aand natgereën het. Jub Jub, ‘n sanger, het die kamp verlaat weens ‘n infeksie in sy geslagsdele. Om dit aan jou stam te verduidelik. . . .
Baie hartseer oor Ruben. Hy was vir my een van die 1995 WC heroes.
Oor Jub Jub en andere (ok, christina), ek dink dit is bietjie meer uitdagend as wat hulle voorgestel het. Nee, hy het sommer heel openlik oor sy infeksie gepraat, dit was eintlik nogal snaaks.
Ek hoor Jub Jub se voorgestelde organisasie word geondersoek. Dit bestaan waarskynlik nie.
Sy bankrekening was seker gelys as “Beneficiary” 😆
Shame! Ek kan nie eens dink wat deur ‘n 10 jarige se kop gaan as iemand haar verkrag nie. Dan was sy boonop gehang ook. Dis siek!
eksamen blooper: Vegatiewe voortplanting is ’n proses waarin een individu per ongeluk ’n ander individu vervaardig.