Agter in my kas kruip daar ‘n skelpienk tennisraket weg. Nie omdat ek my skaam vir die kleur nie (nooit gesien nie), maar eerder omdat ek graag meer gereeld sal wil speel. Al is ek pateties op ‘n baan, met geen “ball sense” en hopeloos te lui om te hardloop, hou ek van tennis. Ek sal dit ook geredelik op televisie kyk. Steffi Graf en André Agassi is by uitstek my gunstelinge: julle het tog nie gedink dit is toevallig dat die twee met mekaar getrou het nie. Maar enige iemand wat by Graf vrees ingeboesem het, verdien my respek. Veral as sy nog boonop ‘n Suid-Afrikaner is.
Amanda Coetzer is op 22 Oktober 1971 in Hoopstad gebore. Haar ouers was Nico en Suska Coetzer. Sy het in 1988 begin professioneel speel. Sekerlik een van die kleinste vrouens in professionele tennis, Coetzer is maar 1.57 m lank en weeg 54 kg. Sy sal dus nie sommer as een van die wêreld se grootste spelers onthou word nie, maar sy is gewis Suid-Afrika se beste vroulike speler op datum.
Vir die grootste gedeelte van haar loopbaan het Coetzer in Hilton Head, South Carolina gewoon. Sy was afgerig deur Gavin Hopper. Haar loopbaan het in 1997 ‘n hoogtepunt bereik. In November van dieselfde jaar was sy 3de op die ranglys gewees van vroue tennis, haar hoogste ooit.
Coetzer het nooit een van die Grand Slams gewen nie. Sy het wel al die semi-finale rondes van die Australiese Ope en die Amerikaanse Ope behaal. Coetzer het 9 titels in haar professionele loopbaan ingepalm, die grootste daarvan is seker die Hilton Head in 1998. Saam met Wayne Ferreira het sy die Hopman Beker vir Suid-Afrika gewen. Sy het Suid-Afrika ook drie keer in die Olimpiese Spele verteenwoordig.
Glad nie sleg vir ‘n meisie van die Vrystaat nie, maar dit vergelyk maar vaal teenoor Steffi Graf wat 107 titels ingepalm het en 22 Grand Slam titels agter haar naam het nie. Tog is Coetzer een van net 6 spelers wat Graf in een jaar 3 keer op haar neus kon laat kyk het. Sy is ook een van 4 spelers wat Graf meer as een keer in Grand Slam toernooi ore kon aansit. In 1995 het sy Graf se wedloop van 32 oorwinnings in ‘n ry beëindig in die Kanadese ope. Graf het ook haar grootse pak slae van Coetzer gekry. Dit was in die kwartfinale in Berlin en die telling was 6-0, 6-1. Coetzer het met Graf binne 56 minute kaf gedraf.
Graf was nie die enigste nommer een speler wat deur Coetzer die loef af gesteek was nie. In 1999, het Coetzer die enigste speler geword wat Graf, Martina Hingis en Lindsay Davenport kon wen terwyl hulle die beste in die wêreld was. Haar krag was juis daarin dat die hoë gekeurde spelers haar nooit kon afskryf nie, sy het net te dikwels met hulle klaar gespeel.
Coetzer het amper $6 miljoen verdien met tennis toe sy in 2004 afgetree het. Sy is getroud met Arnon Milchan wat 27 jaar ouer as sy is. Milchan was die vervaardiger van onder andere Pretty Woman. Hy is ‘n Isreali.
Breinvasbrand: Wat was Amanda Coetzer se bynaam (behalwe Buksie van Hoopstad)?
Breinlosbrand: Demoerin was reg met galjoen.
Tennis was een van my gunsteling sport soorte. Daar was tye wat ek nie kon wag om na die wedstryde van wimbelton op TV te gaan sit en kyk nie. Dit was dierek as gevolg van spelers soos Johan Kriek Amanda Wayne en daardie era spelers hoekom ek tenis geniet het. Van dag is daar nie meer baie SA spelers wat tot op daar die spelers se hoogte ge gaan het nie. Nou is daar nie meer baie tyd oor vir tennis nie. Dit is jammer want tennis is een van die beter sport soorte om te kyk en aan deel teneem.
Ek was ook ‘n Groot Steffi fan.
Yip, Ek het altyd aan Amanda gedink as die perfekte voorbeeld van die spreekwoord – Klein botteltjie, Groot Gif.
O, amper vergeet ek die bynaam. Nie 100% seker nie, maar ek dink dit is Little Assassin.
Hello julle!!
Ek kyk nie juis tennis nie, so af toe kyk ek dit saam my oupa wat dit ALTYD kyk wanneer dit aan is!
Die vrouens met hulle “ooo” en “aaa” irriteer die rook uit my uit!!!
Dan moet jy glad nie vrouestoei kyk nie suster. orgasme se voet soos van die dames ahhh ahhh. tv veroorsaak die groter meerderheid van die euwels op aarde.
Ek vind weer die ooo en aaa baie kalmerend.
More almal
Selene, het jy al self tennis gespeel?
DMI, ek wonder nogal of Amanda dalk meer sukses sou behaal het as sy so 20 cm langer was. Steffi is 1.76, die Williams susters onderskeidelik 1.85 en 1.75, Martina Navratilova 1.73; Martina Hinges 1.7; Monica Seles 1.78; Justine Henin 1.68 . . . sien wat ek bedoel?
Miskien tog ja. Ek is seker lengte help met die serve veral.
Manic
Dis stupid, en van hulle druk dit so uit mens sal dink hulle gaan in hul broek bollie! Ek sit dan eerder die klank af. Ek stel ook nie belang in vrouestoei nie.
DMI
😆
Xena
Ja, al so paar keer vir die fun. Darem nie geoooo en geaaaa nie.
http://www.southafrica.info/about/sport/greats/coetzer.htm
Hier skryf Brad Morgan ‘n mooi artikel oor Amanda Coetzer. Hy skryf ook waar haar bynaam “The Little Assassin” vandaan kom.
En hier is ‘n foto van Amanada Coetzer…..
Die een in jou posting is van Lindsay Davenport van Amerika. 😉
Baie welkom, Griffels. 😳 Google se skuld, ek belowe. Sal netnou reg maak. Sjoe, dit is nou die toppunt.