Drama, Drama, Drama

25 01 2010

Deesdae is dit nogal die inding om verslaaf te wees.  Verkieslik nou iets waarvoor daar geen hoop is nie, maar nogtans iets wat nie jou hele lewe sommer kan verwoes nie.  Elke tweede meisie is verslaaf aan sjokolade.  Adrenalienverslawing is ook baie gewild en dan praat ek nie eers van internet of nuusverslawing nie.  Alles maar onskuldige praatjies, net om ‘n sekere liefde groot te praat as ek dit so kan stel. 

Tog kom ek meer en meer agter dat daar ‘n lelike verslawing kop uit steek.  Mense raak verslaaf aan drama.  En ek is glad nie so seker dat dit onskadelik is nie.  Vir elke klein gebeurtenis word daar ‘n draaiboek geskryf.  Goed of sleg, dit word met elke beskikbare geleendheid op gevoer.  Mense moet in die stroom inspring en stroomaf saam swem.  Anders moet die draaiboek aangepas word om die nuwe verwikkelinge by te werk.  Die draaiboek moet so lank as moontlik uitgerek word, niemand praat tog van ‘n fliek wat net ‘n dag lank gedraai het nie. 

So word mense se lewens aansienlik meer interessant ingekleur as wat dit werklik is.  Kan ek maar sê dat dit hulle belangrik laat voel?  Dit hou die aandag op hulle gevestig en laat mense van hulle kennis neem.  Dit laat mense selfs hulle eie lewe vergeet en hulle in ‘n ander se lewe vasgevang word.  Alles word in die storie gegooi, dit is eintlik jammer dat dit nie vir een of ander toekenning genomineer kan word nie.

Soos enige verslawing weier die lyers daarvan om te herken dat daar ‘n probleem is.  Sonder erkenning is daar geen genesing nie.  Genesing is wel nodig, dit kan nogal ‘n giftige kringloop word.

Ek het onlangs ontdek dat ek self nogal melodramaties kan wees.  Ek erken dit hier en nou, en wie weet?  Dalk leer ek tog om ou koeie in die sloot te gooi en te begrawe.  Nie om almal rondom my met dieselfde stront te verveel nie.

Is jy verslaaf aan drama?  As jy heeltemaal eerlik moet wees?  Watter ander giftige verslawings is daar waarvoor daar geen rehab is nie?

Breinvasbrand:  Drama is uit Grieks uit afgelei.  Wat beteken dit?

Breinlosbrand:  2.56


Aksies

Information

16 responses

25 01 2010
Girl van die Suburbs

My word… Eerste! 😛

Dit beteken Aksie!

25 01 2010
Girl van die Suburbs

Ek verkies simplicity… Drama is so 1990 😉

26 01 2010
Xena Phoenix

Drama is veronderstel om van mense te wees wat fiktief is. Oops, verskonings, baie van die mense se dramas is fiktief. Gebaseer op ‘n klein stukkie waarheid.

25 01 2010
Twilight

Melodrama put my vreeslik uit. En ongelukkig ken ek die koningin van melodrama. Verkoue is griep, ‘n hoesie is longontsteking en elke pyn is kanker. Sy kan jou toevoeg net wat sy wil, want sy is bloot net impulsief, spontaan en eerlik. As jy haar ‘n slag die waarheid vertel of bloot net daarna skimp, snik sy vir dae aaneen. En as sy snik en sien dit kry die gewenste uitwerking, dan bulk sy. As sy sien dit kry geen simpatie nie, draai sy daai huil soos ‘n kraan toe. Dis eintlik maar ‘n vorm van wolf-wolf skree. Die ongeluk is dat wanneer dit regtig sleg gaan met so ‘n mens, almal om hulle hulle nie kop toe vat nie.

26 01 2010
ekisanna

Ken ons dalk dieselfde mens Twilight? Myne het so ver gegaan om haar ouers se as uit die gedenkmuur by die kerk te gaan haal en het dit in haar agtertuin begrawe. Sy was in so ‘n toestand toe haar kat siek was dat sy vir twee weke op siekverlof was vir stress! (Ek wens ek kan by haar dokter uitkom.) Sy het eendag in die toilet by die werk flou geword omdat haar supervisor verwag het dat sy haar werk binne ‘n sekere tyd moes afhandel, maar toe die swart “medic” ingaan om haar te help toe kom sy baie gou reg (die gedagte dat ‘n swarte aan haar moes raak!!)

Ons almal dink sy moet bedank en ‘n dramaskool oopmaak!

26 01 2010
demoerin

😆 Ek het ook so ‘n persoon mee saamgewerk. Alles was in die oortreffende trap, an dan later is daar soveel hope leuens ens. dat sy self nie meer kon tred hou nie, en gewoonlik alles oor aandag. Julle moet bietjie gaan oplees, daar is so ‘n siekte – Munchhausen Syndrome.

26 01 2010
Xena Phoenix

Ek sien julle verstaan waarvan ek praat. Sulke mense is so uitputtend ek wonder of hulle nie self moeg raak nie. Dit moet darem ‘n storie wees om so on the edge te lewe.

Dink net die drama wat sal ontvou as dit wel sleg gaan met hulle?

26 01 2010
Jayde

Xena

Vertel biki waaroor jy so melodramaties kan raak !

26 01 2010
Xena Phoenix

Ek staan onder behandeling en mag nie meer daaroor praat nie.

26 01 2010
Jayde

My ex skoonsussie was een van daai – vir die geringste hoes poep en knor moes sy ‘n operasie kry – of was dit nou eintlik simpatie met die operasie ? Ek weet nie.

Daar is baie van daai mense in die wêreld wat so kan oordryf, hulle is altyd sieker as almal om hulle en wat ookal in hulle lewe aangaan is in die oortreffende trap.

26 01 2010
Xena Phoenix

Die hartseerste is seker dat die mense glad nie in die minderheid is nie.

Het jou skoonsus dalk saam met Skemer, Anna en DMI gewerk? Dan is dit darem net een wat ons uit haar lyding moet verlos. 👿 😆

26 01 2010
demoerin

Ek like nie van drama nie, glad nie.

26 01 2010
Xena Phoenix

Drama in ‘n fliek of boek – ek is mal daaroor. Mense se klein-lewe-wat-belangrik-moet-klink-dramas? Hou verby.

26 01 2010
demoerin

Nie eers fliek of boek nie.

26 01 2010
Jayde

Ek is ook nie ‘n drama mens nie – what you see is what you get !

26 01 2010
Girl van die Suburbs

maar tog geniet ek dit soms om te sien hoe mense in hulle selfgeskepde drama kan rond spartel… Komies, ja! 😉

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: