Nuusbrokkie

20 01 2010

Nellie Matthysen het met haar twee kinders, Arno (12) en Isabel (6), uit Bloemhof verdwyn begin Desember.  Sy sou na bewering ‘n man wat sy in MXit raakgeklets het gaan ontmoet.  Hulle is net met die nodige vir ‘n paar dae, hulle meubels en klere is nog net so in hulle blyplek.  Matthysen is van haar man vervreemd en het van Hoopstad na Bloemhof getrek.  Sedert haar verdwyning het niemand weer van haar gehoor nie.  Haar selfoonnommers is nie meer aktief nie en sy het nie ‘n bank- of ander rekeninge waarmee sy opgespoor kan word nie.

Die departement van koöperatiewe regering het ‘n omkeerstrategie bedink om plaaslike regerings reg te ruk.  Een van die 36 wetswysigings sluit in dat daar met uitvoerende burgermeesters weggedoen gaan word.  Sterk reaksies word hierop verwag, juis omdat baie mense burgermeesterskap sien as die eerste stap in ‘n politieke loopbaan.  Die mag van die burgermeester gaan onder amptenare verdeel word met ‘n seremoniële burgermeester of ‘n uitvoerende raad gaan moontlik aangestel word.

6 mense is ernstig beseer gister in Roodepoort toe ‘n vragmotor weens remprobleme nie by ‘n T-aansluiting kon stop nie.   Die koeldrankvragmotor het eers in ‘n Mazda Sting vasgery en dit tot binne in ‘n motorhuis gestamp.  Daarna het dit ‘n huis, en 3 heinings omgery voordat dit uiteindelik tot stilstand kon kom.  Die eienaar van die eerste huis se vrou is swanger, maar sy was gelukkig weg na die ginekoloog ten tye van die ongeluk. 

Kay Gilderdale (55) van Sussex, Engelang, het Lynn Gilderdale (31), haar dogter gehelp om selfmoord pleeg.  Lynn Gilderdale ly glo aan chroniese moegheidsindroom en het haar ma gesmeek om haar te help om te sterf.  Sy het self die eerste spul pille gedrink.  Gilderdale het na bewering 30 uur lank gesukkel om haar dogter dood te kry.  Sy staar verskeie aanklagte in die gesig. 

Die Engelse is wragtig nie lekker nie.  In London is Angela Sullivan (36) gevang dat sy al 200 keer met ‘n 12 jarige seun seks gehad het.  Sy het ‘n sterretjie in haar dagboek geplak elke keer wat hulle seks gehad het.  Na die 100ste keer het sy vir die seun tekkies gekoop.  Sy het haar eie kind na sy ouma gestuur wanneer die seun oorgekom het. 

Jeremy Mansfield is op die oomblik kankervry.  Hy moet nog die volgende drie jaar vier maal per jaar vir toetse gaan.


Aksies

Information

6 responses

20 01 2010
demoerin

Sjoe, die tannie Angela is besig! Goeie moer dit is siek.

20 01 2010
Coyote

DMI dis siek verby

20 01 2010
Xena Phoenix

🙄

Die sterretjies is my gat se deksel. Wat het sy gehoop om daarmee te bereik?

20 01 2010
Spinnekop

Ek wonder hoe lank sy geneem het om al die steretjies te plak sewe maande sondae uit gesluit want die laaitjie moes darem sondag skool toe gaan. Wat het sy gedink toe sy dit gedoen het? n Twaalfjarige laaitjie is nog ver onderstel om draad te trek nie te spyker nie. Dalk was sy so lelik soos die nag en het sy maar die kaans gevat om die outjie te gebruik. n Paar jaar terug was daar n soortgelyke geval in Britanje en daardie vrou het vir lank tronk toe gegaan. Toe daardie Laaitjie agtien of ouer word toe skryf hy n boek oor sy verhouding met die vrou ek dink sy was n onderwyseres gewees.

20 01 2010
Xena Phoenix

Die verhouding het blykbaar 10 maande lank geduur.

Wel, sterretjies is ‘n juffrou ding.

20 01 2010
ekisanna

Dink julle al die sterretjies was goues? Miskien hier en daar ‘n silwer enetjie, ag siestog! Ek weet nie of siek die regte woord is nie, “vrot” kom nogal in my gedagtes op.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: