Kinders by dosyne

5 01 2010

Ek het ‘n teorie.  ‘n Paar jaar terug was daar ‘n bevolkings ontploffing onder die ooievare.  In plaas daarvan dat van hulle ander beroepe oorweeg het of sommer net ‘n gelewe het op ‘n toelaag van die staat, het almal in hulle ouers se voetspore gevolg.  Hulle lewe babas af.  Nuwe besems vee skoon en hulle is geen uitsondering nie.  Hulle lewer babas af asof dit uit die mode gaan.

Almal wat ek ken is swanger.  Wel, dalk nou nie almal nie, maar ‘n spul van my vriende en kennisse wag vir die ooievaar:  en nie om hom / haar dood te gooi nie.   Dit beteken dat ek weer myself moet gaan verveel op ‘n paar ooievaarstees, die helfte van my begroting aan geskenke moet bestee en aan gelukwense moet dink wat nie bekotsingswaardig is nie.  Ek is skoon uitgeput sonder dat ek ooit vir die bloedjie my slaap hoef op te offer.

Die ou mense het gesê babas kom soos groot maagwerk.  Jy kan dit nie altyd keer, beplan of bestel nie.  Een van die aarde se groot hartseers is dat babas nie altyd met ope arms verwelkom word nie.  Hulle is bloot net nie altyd geleë nie.  Dit is nie asof hulle eers vir toestemming vra nie.

Ek dink byvoorbeeld nou aan ma’s wat nog op die skoolbanke sit of sukkel om ‘n graad te behaal.  Hulle moet in die eerste plek iets doen om vir hulle self ‘n toekoms te verseker.  Hulle doen ‘n baba geen guns om hulleself van alle verder verbetteringe te ontneem nie.  Daarom kan ek nie ‘n kind kwalik neem wat haar baba laat aanneem of selfs laat aborteer nie.  Mits sy darem onthou dat nie eers ‘n donkie twee keer hulle kop teen dieselfde klip stamp nie.

Anders as jong werkendes wat oor die tou trap.  Hulle kan ‘n plan maak, selfs al gaan dit broekskeur.  Dit is nogal ‘n probleem as jy nie weet of wil weet wie die pa is nie.   Gedane sake het seker geen keer nie.  Selfs vir jong getroudes kan die nuwe lid van die gesin ‘n groot kopseer wees.  Getroud beteken nie noodwendig gevestig nie.  Dit kan ook die nuwe ma se loopbaan lelik omver gooi.  Gelukkig verdamp die o-donner gevoel gou en word daar met groot entoesiasme na Mnr of Juf Pienkvoet se koms uitgesien. 

‘n Mens kry ook daardie mense wat nie weet wanneer genoeg genoeg is nie.  Ek sweer daar is nog mense wat glo hulle rykdom sit in die hoeveelheid kinders wat hulle het.  Droe pap is ook kos en opvoeding is seker overrated.  Hulle moet jaar vir jaar ‘n bondeltjie vreugde in die lewe bring.  Hulle het soveel vreugde, hulle kan dit bottel en verkoop.  En hopelik daarmee genoeg geld kry om al die honger mondjies te voer.  Wat is die storie met die oumas en oumagrootjies wat hulle eie kinders soek?  Het die aarde nie genoeg weeskinders nie?

Babas is ‘n seën, maar een wat ‘n mens verantwoordelik moet ontvang.  Jou begeerte is nie wat voorkeur moet geniet nie, maar wel die mens wat jy willens en wetens in die lewe wil bring.  Ek wonder soms of mense nie met kriminele vervolging tot verantwoording geroep moet word nie.

Hoe voel jy oor babas?  Wat sal jy doen as jy nou ‘n ouer moet word?  Hoeveel is genoeg?

Breinvasbrand: Wie word beskou as die jongste ma nog, wat in 1939 op ouderdom 5 aan ‘n seun van 2.7 kg mbv van ‘n keisersnee in die lewe gebring het?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Michael Collins.


Aksies

Information

20 responses

5 01 2010
Sonkind

Net een vraag as ek ooit een dag by daai poorte kom – hoekom gee Hy kinders vir mense wat hulle mishandel en die wat smag na kinders, probeer tevergeefs? Ek is baie lief vir kinders, solank ek hulle aan die einde van die aand kan teruggee vir hul ouers 🙂

6 01 2010
Xena Phoenix

Son, as jy daardie vraag beantwoord kan kry, laat my weet. Ek wil dit op my kortlys aftrek.

5 01 2010
Plaasjuppie

Ons het lankal ophou vra hoekom en waarom. ‘n Baba op hierdie stadium sal vir ons die ultimate geskenk wees en ouerskap is iets wat ons met die grootste graagte sal/wil aanvaar.

6 01 2010
Xena Phoenix

PJ

2010 moet julle jaar wees. Ek sweer, daar is iets in die water. Ek hoop nie julle kook dalkies julle water nie. 😉

5 01 2010
maxie

Lina Medina
5 jaar oud. Goeie genade tog 😯

6 01 2010
Xena Phoenix

Max

Gee jy my ‘n idee. Sad deel is dat sy die een is wat swanger geword het. Hoeveel dogtertjies word verkrag, al word hulle genadiglik nie swanger nie.

5 01 2010
Jo-Ann

Goeiste nee, ek is gelukkig klaar – ek sal die horries kry. Was vir 22 jaar ‘n skoolmamma. Sal nie omgee om ouma te word nie, maar dit sukkel so bietjie.

6 01 2010
Xena Phoenix

Jo

Laat jou dogter Gauteng toe trek. Die wind waai die ooievaars weg in die Kaap.

Ek lees vandag in die koerant dat daar inderwaarheid meer ooievare op die oomblik in SA gesien word.

6 01 2010
demoerin

Waar wat jy sê, kinders is ‘n verantwoordelikheid wat baie dikwels te lig opgeneem word.
Op ouderdom 5… wie de moer was die pa ❓ 😯

6 01 2010
Xena Phoenix

Niemand weet nie. Haar pa was aangekla, maar vrygelaat weens ‘n gebrek aan bewyse. Sy kon nie vertel wat met haar gebeur het nie.

6 01 2010
Jayde

Liewe ouers – ‘n mamma op 5 jaar oud – dis nie eers ‘n kind nie maar nog ‘n kleuter – en hoe de donner verwek jy ‘n kind op daai ouderdom ?

6 01 2010
Xena Phoenix

Die tweede jongste was 8, maar ek sal netnou prentjies teken.

6 01 2010
Girl van die Suburbs

Goeie Fnok 😯

Geslagsryp op 5 ❓

Lina Medina van Paurange, Peru

6 01 2010
Girl van die Suburbs

LOL skies sien nou Maxie het dit eintliktoe al beantwoord!

6 01 2010
Xena Phoenix

Eintlik al op 8 maande.

6 01 2010
Girl van die Suburbs

Ek sou van vier gehou het. Drie seuns en ‘n dogter… Maar ek reken ek sou vroeer moes begin oefen het… :mrgreen:

6 01 2010
Xena Phoenix

Ek het op ‘n stadium gereken 20 is ideaal.

Nou dink ek aan 3. Gelukkig het ek al 2. :mrgreen: Tillie-Lief is een van hulle.

6 01 2010
Jayde

Ek is dolgelukkig met my 3 meisiekinders !

6 01 2010
Jayde

Ek weet nie of ek met seuns sou reggekom het nie – ek is ‘n dogtertjie mamma deur en deur !

6 01 2010
Jayde

Xena, dis nou tyd dat jy terugkom, dis te stil hier

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: