Tuisnywerhede

16 12 2009

Soms het jy meer nodig as ‘n sny koek van jou plaaslike Beker en Boontjie.  Dit is nie vir ons almal moontlik om gou-gou self iets aanmekaar te slaan nie.  Dan raak die Tuisnywerheid op die hoek nogal ‘n uitkoms.  Wel, veral as jy met iemand anders se geld iets koop.

Tuisnywerhede is nogal aan die duur kant.  Die keuses wat geword is ook nie juis iets om oor huis toe te skryf nie.  Tog sien jy goed wat jy nooit in ‘n koffiewinkel gaan kry nie.  Ystervarkies, koeksisters, repelsteeltjies, roompoffertjies, frikkadelletjies en fudge.  Jy weet skaars waar jy moet vat en waar jy moet los.

Ou tannies bak mos vir tuisnywerhede en waar in jou lewe het jy ‘n outannie gesien wat nie kan bak nie.  Ba!  Het ek nuus vir jou!  Maak jou reg vir ‘n teleurstelling.  Jy sal jou mond wil gaan was nadat jy jou lewe gewaag het.  Die ou vroue wat vir ‘n lewe bak, se gebak is nie iets om oor te spog nie.  Dalk is daar nie genoeg liefde in nie of miskien het hulle besuinigingspoging alles opgemors. 

Die ystervarkies is nie met die sjokolade sous deurdrenk nie.  Dit is spierwit aan die binnekant.  Die koeksisters is kluitjierig.  Kliphard en die deurskynigheid is met ‘n kwas aangebring, beslis nie met stroop nie.  Die koek proe sout en die beskuit na koeksoda.  Die frikkadele proe na hondvleis en die southappies is eintlik smaakloos.  Die fudge is nie lank genoeg gekook nie, jy kan ‘n blokkie in jou koffie gooi.  Dit is ‘n melk en suiker blokkie.

Ek is ‘n leek in die kombuis en ek kan wragtig beter doen as dit.  Nie dat ek my pogings sal opveil nie, ek weet wanneer iets power is.  Weet hulle nie?  Toets die eienaars van die tuisnywerheid dit nie eers nie?

Breinvasbrand:  In watter vasteland word die meeste kokao verbou?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Wasbankspruit.


Aksies

Information

25 responses

17 12 2009
olga

70% in wes afrika.

17 12 2009
Toast

‘n geseende Kersfees. http://die-werf.co.za/?p=4010

17 12 2009
Jayde

Ek het ook al agtergekom dat tuisnywerhede nie meer is wat hulle was nie, toe ons kinders was was dit die best thing since sliced bread want toe het dit nog oor die liefde van die saak gegaan – deesdae is dit massaproduksie agter die geld aan, ek bak eerder self voor ek aan ‘n tuisnywerheid se deur klop !

17 12 2009
demoerin

Ek sal saamstem jy kan nie by enige tuisnywerheid gaan koop nie….. maar met trial-en-error kry jy wel een wat watertandlekker-lekker goed op die rakke het…. soos in die Ferrrari’s onder tuisnywerhede, ek dink jy was by ‘n Chana-tak.

17 12 2009
Jayde

Spar het baie lekkerder eetgoed as die tuisnywerheid

17 12 2009
olga

spar se eetgoedjies, en hul het baie, wat hul ni het ni, sal hul vir jou maak. n verskeidenheid soet en sout platters. gemengde platters, tot vleis platters soos geen tuisnywerheid dit kan doen nie. maar oe, wee, jy beter nie baie gaste nooi nie. of n bank vori tyd gaan roof. dit is horribaal duur.

17 12 2009
demoerin

Ag, dis net flukse baksterjies (of mans met flukse bakstertje-vroutjies) wat die tuisnywerheid kan slegsê….. 😆

17 12 2009
Xena Phoenix

Olga

Het jy darem die Spar se platters beproef? Prys is nie ‘n aanduiding van kwaliteit in die geval nie.

17 12 2009
Xena Phoenix

Demoerin

Het jy al probeer bak? Ek hoor dit is nie so moeilik soos die tuisnywerheid tannie se nie

17 12 2009
demoerin

Dit is makliker om in te stap, te vat, te betaal en dit dan te gaan geniet.
Easy-pleasy!!

17 12 2009
olga

KERSKOEK. bestandele;
250ml water
250ml bruinsuiker
5ml koeksoda
suurlemoensap
250ml koekmeel
4 groot eiers
kn sout
neute
1 bottel vodka
500ml droe vrugte
METODE
proe+die vodka om gehalte te toets. neem groot mengbak en proe of die vodka vars is. skakel die menger aan. neem n slukkie vodka. klits die botter in n donsige bak. sluk n bietjie vodka. voeg n teeleper suiker by. skink en sluk 1 tot vodka. klits weer.maak sker die vodka is stjeeds goed. drink nog n koppie vir die wis en onwis. mengel die sjkaker af. breek 2 uiers, voeg meti droevrugte by. tel die vrugte vani vloer af op. meng die sjkakelaar aan. asj die drollevrugte vasjit, sjkroerdewaier dit los. proe di vodka. sif nou 500ml dingesj by. who cares. proe ofi vodka nog varsj isj. sjif die sjuurlemoen, dreineer die neute en muri tafel in. proe die vodka. voeg n bordji sjuiker of daai goed by. sjmeeri oond. draai die koekpan 360 grade en moenie vallie. menger di sjkakel af. moer die bak deuri vensjter en drinki vodka klaak. merrie vader krisjmisj.

17 12 2009
olga

after kervoel konsjideratjen het ek besjluit om my krisjmisj koek resjep met deel te julle. disj altyd n wenner. fok sjpar en die nywertuisjheid ook.

17 12 2009
Selene Phoenix

Goeie more julle!!

Jy kry tuisnywerhede… en tuisnywerhede! Ek moet sê ek het darem meer goeie ondervinding gekry as slegtes. Ek hou van bak en brou – maar het nie altyd die tyd nie, en ook nie die krag om na die tyd skottelgoed te was nie.

PS: Varkie AKA Milo – my hart se punt – is vanag 4 jaartjies oud! 🙂

17 12 2009
Jayde

Veels geluk liewe varkie
omdat jy vervel
mag jy nog baie bene eet
en nog stouter word !

17 12 2009
Selene Phoenix

Jayde
Dankie… ek sal vannaand vir hom sing 😉
En stouter?? Ek twyfel of hy NOG kan stouter word 😆

17 12 2009
Jayde

En ‘n been koek bak met 4 kersies op !

17 12 2009
Coyote

Ek het een plek waar ek altyd die kinners se jaarsdag koeke koop want ek doen ni carakters ni, n gewone tjoklit koek di kan ek doen 🙂

17 12 2009
Jayde

Ek koop selfs dit by Spar ! Wa koop jy joune ?

17 12 2009
olga

veels geluk stoute milo omdat jy verjaar. mag jy leker baljaar en tog nou bedaar.

17 12 2009
Girl van die Suburbs

Geluk Selene… Hy is darem ougat!

Al reken jy hy is stout, dink ek hy het hom met sisters baie mooi gedra!

17 12 2009
Xena Phoenix

Hy was nie by sisters nie, juis oor wangedrag. 😉

17 12 2009
Girl van die Suburbs

Wie was dan by sisters ❓ 😯

17 12 2009
Xena Phoenix

Ene Nugget.

17 12 2009
olga

o, heng, ek het ook jack russel gesien, en aangeneem dis nog n milo.

17 12 2009
Xena Phoenix

Olga

Milo is ook ‘n Jack Russell, maar hy was nie by Sisters nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: