Nuusbrokkies

15 12 2009

Nicole Flint is bewus van kritiek teen haar, maar neem haarself voor om nie daardeur ondergekry te word nie.  Daar is mense wat ongelukkig is omdat daar lanklaas ‘n swart wenner was.  Verskoon my?  Tatum Keshwar sal as swart beskou word as sy vir ‘n BBBEE pos aansoek doen.  As ek nou geskimp het dat daar lanklaas ‘n wit wenner was, sou ek voor die einde van die dag voor die mense regte kommissie myself moes gaan verduidelik.  Nee wat, my kop is te plat om rassisme te verstaan.

‘n Swanger polisievrou het ‘n vroulike ryloper wat sy opgetel het doodgeskiet.  Kort nadat sy die vrou ‘n geleendheid gegee het, het sy haar gevra om nie in die middel te sit nie, want sy kon nie agter haar sien nie.  Die vrou het geweier om te skuif.  Die polisievrou het ‘n swart motor in haar spieël gesien en ‘n opmerking gemaak.  Die ryloper het haar aangeval met die gevolg dat hulle teen ‘n boom gebots het.  Na verdere struweling het die polisievrou haar in die bors en boud geskiet.  Sy is op die toneel dood.  Die swart motor het eers gestop, maar verder gery toe hulle die vuurwapen gesien het. 

Gerhard Venter van Petrusburg is gistermiddag deur 2 plaasaanvallers in sy bakkie gyselaar gehou.  Venter en sy broerskind het ‘n ander boer te hulp gesnel tydens ‘n aanval op hom.  Die Venters het die twee plaasaanvallers langs die pad gekry en hulle vertel om op die bakkie te klim.  Die aanvallers het Venter met ‘n vuurwapen wat hulle met die vorige aanval geroof het oorrompel.  Hulle was beveel om Bloemfontein toe te ry, maar die broerskind kon uit die bakkie spring.  Die polisie het die bakkie opgespoor en omsingel.  Vanaf 16h00 was daar met die aanvallers onderhandel.  Taakmag lede was 2 uur later op die toneel.  Die twee aanvallers was vanoggend net na 6:00 doodgeskiet deur die polisie.  Venter het net ligte beserings opgedoen.

‘n Hond moet uitgesit word, nadat aanvallers suur oor hom gegooi het.  Agnes Sebopela se hond, Janton, het geblaf om haar te waarsku dat daar by haar huis ingebreek word.  Volgens die veearts, was die hond se rugstring sigbaar gewees.  Janton het vanaf sy skouers tot by sy lies met die suur gebrand.  Ek sal weet wat om met die aanvallers te maak.


Aksies

Information

16 responses

15 12 2009
Girl van die Suburbs

Ek kan nie glo mense kan so wreed wees nie. As jy nie na ‘n geblaf wil luister nie. moet nie ‘n hond kry nie!!!!!!!!!

En wie tel nog rylopers op? Ek meen regtig….. 😕

15 12 2009
Xena Phoenix

Ek het dalk dit verkeerd geskryf.

Die inbrekers het die hond met suur gegooi om hom stil te maak. Die geblaf het die eienaar nie gepla nie.

Ek het al ‘n ryloper – wag, dalk moet ek ‘n post daaroor skryf.

15 12 2009
Xena Phoenix

Eerder nie, ek het al. Verskeie kere

Ek het al rylopers opgetel.

Die een aand was daar in die kerk gepreek oor die barmhartige samaritaan. Na kerk sal ek mos verby die vrou ry wat ryloop. In die donker alleen langs die pad. En sy was nie ‘n dame van die nag nie.

Ek het verby gery en toe begin my gewete my pla. Na ‘n vinnige gesprek met die girl wat saam met my gery het, is ons terug om die vrou te gaan optel. Sy het al van moedeloosheid gehuil. Haar kinders moes haar daar kry, maar hulle was nerens.

15 12 2009
Olga

Het julle die vrou toe veilig by haar kinders besorg? Wee die armsallig drel wie haar daaq afgelaai en weggery het. Kan jy dit nou oorvertel?

15 12 2009
Olga

Weet wragtig nie of ek die polisie vrou en diep ryloper storie glo nie. Dit is vergesog.

15 12 2009
Xena Phoenix

Olga

Ons het haar gaan aflaai waar sy afgelaai wou wees. Was by die McDonalds in Kerkstraat. Dit was ook ‘n hele klompie jaar gelede.

Ek verwonder my altyd aan die (blanke) tannies wat vinger alleen in Sunnyside en die stad rondloop. Baie minder-broos mense wil dit nie eers met ‘n kar daar waag nie.

Het jy al ‘n ryloper opgetel?

15 12 2009
Sis Dudu

olga as die poelise vlou was wet en d4e heachhyka was swart dan seke djy het hom nie vel gesog omt te glo nie.

15 12 2009
Olga

Ai, dudu, die koerant berig se nie dit was wit of swart polisievrou nie. Die feit dat dit vryburg in wkaap is, maak dit baie waarskynlik dat al2 bruin kon wees. Wie weet? Dalk wou die ryloper nie taxi geld betaal nie. Sapd is sapd. Wit bruin of swart.

15 12 2009
Xena Phoenix

Vryburg is in Noordwes.

Die polisievrou het net deurgery.

Ek mag verkeerd wees, maar my gevoel vertel my hulle was altwee blank.

15 12 2009
Olga

Which reminds me, wat was gsteraand se nuus sirkus re my gunsteling gorilla oor? Dink dit was iets oor die myne.

15 12 2009
Xena Phoenix

Ek het nie gekyk nie

15 12 2009
Jayde

Xena

Die fotos is stunning ! Jy kan een van die dae jou dayjob opgee !

15 12 2009
Vlam

Hel, is daar niks waaroor ons kan juig en jubel nie? 😯

15 12 2009
Jayde

Dis 10 daggies tot Kersfees !!!

15 12 2009
Selene Phoenix

😥 Suur op ‘n hond gooi omdat hy sy eienaar probeer beskerm en die idiote loop seker vandag lekker rond en lag… maak my woedend!!! Hoop hulle kry dieselfde medisyne terug x1000!!

Ek sal nooit iemand optel wat ryloop terwyl ek swanger is nie! Ek dink ook nie al is ek nie swanger nie.

Nicole Flint is baie mooi… maar ja nee hulle het seker ‘n BBBEE gesiggies gesoek met die sokker volgende jaar.

15 12 2009
Sis Dudu

auk bakietie serene, wat is hom fout dalie black gaseggie? djy se sisi dudu is hom nie bootaful nie?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: