Nuusbrokkies

30 11 2009

Hoe meer dae, hoe meer dinge.  Kgalema Motlanthe reken plaasaanvalle is gewoonlik uitlanders wat voorheen op plase uitgebuit is.  Natuurlik is die VF+ glad nie gelukkig hiermee nie en met goeie reg ook sal ek dink.  Werner Weber het uitgewys dat in die meeste plaasaanvalle die aanvallers en slagoffers mekaar nie ken nie. 

Manto Tshabalala-Msimang wag al weer op ‘n lewer.  Haar liggaam is besig om die vorige lewer te verwerp.  Daar word geskimp dat dit die gevolg is van oormatige alkohol gebruik, maar Prof Del Khan sê die lewer kan net deur akute (binne weke) en chroniese verwerping verwerp word na inplanting.  Sy woorde, nie myne nie.

Gavin Brasher sou R5 miljoen gekry het om mediese afval op sy perseel in Welkom te stoor.  Die stortings terrein, die grootste nog in Suid-Afrika, is Vrydag ontdek.  Dit was alles glo ‘n komplot van ‘n opposisie maatskappy om Wasteman te diskrediteer.  Afval was op Brasher se steenfabriek begrawe en die sakke met ander rommel gevul voordat dit na die verbrandings oond sou gaan.  Brasher het ‘n kontrak om afval van Durban af na Klerksdorp toe te vervoer.  As deel van sy ooreenkoms met die opposisie maatskappy, sou hulle sy boete betaal en die afval later kom verwyder.   

Twee reserviste het ‘n vrou se aanvallers na haar huis gebring om uitgeken te word.  Wilma Coetzer is Vrydag aand na 18:00 aangeval toe sy en ‘n 12 jarige wat by haar was aangeval is.  Sy was aanhoudend in die gesig geslaan en geskop terwyl die aanvallers haar na ‘n steggie probeer sleep het.  Sekuriteitswagte het haar te hulp gesnel.  Die polisie sou die volgende dag haar verklaring geneem het.  Laat die nag het hulle die aanvallers na haar huis gebring en toe ‘n verklaring gesoek.

En ten slotte:  SWAPO se twee derde meerderheid is vir die eerste keer in 20 jaar in gedrang.  Die nuwe party Rally for Democracy and Progress (RDP) het glo goed werk gemaak in Owambo-land gevestig te raak.  Namibië het die naweek hulle verkiesings gehad.


Aksies

Information

7 responses

30 11 2009
olga

Manto wou mos bart se lewer gesteel het. wha ha ha ha ha ha ha ha! leke! kry vir jou.

30 11 2009
olga

Eskom le vandag n nuwe voorstel voor. Seker 51% oor 10 jaar.

30 11 2009
Xena Phoenix

Ek wonder wie se lewer is volgende in gedrang.

30 11 2009
riaan

Chro6nies en akuut? Great staf. Chronies vertaal langmadurig, slepend, altyd daar. Akuut vertaal met snelle verloop. Skarumba.
Toema. sy sal wel gatecrash om die eerste beste lewer op te fok. alweer.

30 11 2009
Xena Phoenix

Mothlante se houding pis my af.

30 11 2009
demoerin

Interessant was Dr. Khan se verwoording dat dit binne dae (akuut) of maande kan gebeur (chronies)…. niks eintlik gesê oor jare nie….. Ek is jammer, maar ewe skielik na meer as 2 jaar, is bietjie dik vir ‘n daalder!!

30 11 2009
Olga

moshlante lewe in die buiteland.

Lewer kommentaar