Vigs

29 11 2009

Daar is baie middelklas blankes wat nog dink dat Vigs ‘n swart / gay sieke is.  As jy een van hulle is, gaan die nuwe Markinor studie vir jou ‘n groot skok wees. 

Die hoofrede wat daarvoor aangevoer word is dat studente en mense in die hoër inkomste groepe hulle net bloot nie aan die gevare steur nie.  Hulle is so seker dat hulle veilig sal wees, dat hulle bloot net nie verantwoordelik seksueel optree nie.  Hulle glo hulle is verhewe bo Vigs en nou word hulle gewys dat hulle is ook maar van vlees en bloed.

Ironies!  Mens sal verwag dat juis hoë inkomste mense en studente meer kennis sal dra.  Hulle het toegang tot al die inligting op die punte van hulle vingers.  Nie juis dat inligting help as jy dit nie toepas nie.  En dit word nie.  In 2002 het 6.1% MIV gevalle gekom uit die groep, in 2005 was dit 8.5% en nou is dit al 10%.  ‘n Privaat laboratorium in Pretoria het bevind dat 40% van nuwe vigs gevalle blankes is. 

Nog ‘n “probleem” is dat die mense in die groep gewoonlik mediese fondse het.  Hulle kan dus hulle status privaat hou terwyl hulle die beste moontlike behandeling kry.  Selfs hulle vriende en naaste familielede sal nie weet dat hulle MIV positief is nie. 

Skokkend!  Hoe voel julle oor hoe Suid-Afrika Vigs bestuur word?  Is ons as ‘n land pro-aktief genoeg?  Is die boodskap van condomise genoeg? 

Ek twyfel. 

Breinvasbrand:  Wanneer is Internasionale Wêreld Vigsdag?

Breinlosbrand:  Olga was reg met First for Woman.





Stille Nag

29 11 2009

Dit het my vanjaar onverhoeds betrap.  Kan julle glo dat dit vandag die eerste Sondag van Advent is?  Nog 3 Sondae en dit is Kersfees.  Dit is nou die tyd om weer te besin oor wat Kersfees vir elkeen van ons beteken.

Sedert Stille Nag in 1816 geskryf is deur Joseph Mohr en in 1818 vir die eerste keer gesing is, het dit beslis van krag tot krag gegaan.  Ons gaan dit vanjaar weet ‘n paar keer hoor en waarskynlik verskeie kere sing.  Dit was oorspronklik in Duits geskryf gewees, maar is intussen in verskeie tale vertaal.  Die meeste van ons ken dit seker in Engels en in Afrikaans. 

In ‘n land met 11 amptelike tale, kan dit nogal ‘n uitdadiging wees om elke jaar Stille Nag in nog ‘n amptelike taal te leer.  Waarskynlik makliker gesê as gedaan.  Die beste wat ek kan doen is om dit in nog ‘n paar Afrika tale beskikbaar te stel. 

Xhoza

Busuku obungewele
Obuzolile
Ngabo eBhet’lehem wazalwa
ObeyiNkosi yezidalwa
Ngu Yesu ongewele
NguMntwana ongewele

Sesotho

Bosiu bo kgutsitseng
Tsohle di phomotse,
Ke Maria ya hlobaetseng
Le Josefa ya tshepahalang
Bosiu bo botle !
Bosiu bo botle !

Bosiu bo kgutsitseng
Mangeloi a bina
Hamonate mane sebakeng
A utluwa ke badisana:
“Mopholosi o teng.”
“Mopholosi o teng.”

Siu bo halalelang !
Jesu ya bonolo
Lerato la hao ke le hlollang;
Le tswa molomong wa Modimo
O tswaletswe rona.
O tswaletswe rona.

Venda

1. Vhusiku ha u difha!
Na sedza! Na sedza!
Nwana Yesu o nakesaho,
Na Maria a mu lelaho.
|: Takalani nae 😐

2. Vhusiku ha u difha!
Ngevhalaa! Ngevhalaa!
Ndi vhalisa vha mu loshaho,
Khosi yavho i vha tshidzaho.
|: Gwadamani navho 😐

3. Vhusiku ha u difha!
Na zwi pfaa! Na zwi pfaa!
Ndi vharunwa vha mu rendaho,
Nga luimbo lu difhesaho.
|: Mu rendeni navho 😐

4. Vhusiku ha u difha!
Ro da-vho! Ro da-vho!
Ro da uri ri livhuhe-vho.
Ri ri: Yesu, ri hanyise-vho;
|: Tshidza-vho na rine 😐

Zulu

Busuku obuhle.
Kuthulile konke nya.
Emuzini eBethlehema,
uMsindisi azelwe kuwo.
Akadunyiswe uJesu!
Akadunyisw’ uJesu!

Busuku obuhle,
abelusi nampaya
bethandaza eBethlehema,
Nengelosi zihuba zithi:
“Gloria, Gloria, Gloria
in excelsis Deo.”

Busuku obuhle,
uMsindisi nanguya.
Eze kithi eBethlehema,
Uze kusisindisa thina.
Asimdumise simbonge
kuze kube nini.

Setswana

‘Sigo jo bo itshepileng
Tsotlhe di sisibetse
Mme wa lekgarejane le Ngwana
Lesea le boitshepo le bonolo
Robala kagisong ya selegodimo
Robala kagisong ya selegodimo

‘Sigo jo bo itshepileng,
Badisa ba a roroma ke pono eno.
Dithoriso kgakala legodimong,
Baengele ba opela Haleluya;
Kereste Mogolodi o bonwe;
Kereste Mogolodi o bonwe.

Bosigo jo bo itshepileng,
Morwa Modimo, lesedi tota la lorato.
Kgalalelo e benya ‘fatlhegong se boitshepo,
Ka tshwaro e re e lefelwang.
Jesu, Morena, tsalong jwa’go;
Jesu, Morena, tsalong jwa’go.

Kan iemand dalk help met die Tale wat afwesig is?  Wat is jou gunsteling Kersliedere?

Terloops, ek probeer ‘n versameling van Afrikaanse Kersliedere saamstel.  Enige hulp sal waardeer word.





Oplossing 009

29 11 2009

Algemene Kennis

  1.  All Whites
  2.  Bloemfontein
  3.  Onse Vader 
  4.  Michaele en Tareq Salahi
  5.  Oberammergau

Uilspieel

  1.   Joe Perry is ‘n kitaar speler, die ander is dromspelers
  2.   Eend is ‘n term in krieket, die ander is terme in gholf. 
  3.   Maagd en Kind is ‘n werk van Raphael, die ander was gedoen deur Da Vinci
  4.  Paulus is nie ‘n boek in die Nuwe Testament nie. 
  5.   Dischem is ‘n apteek en die ander is meubel winkels

Liedjiepret

  1. Big bad John – Johnny Cash
  2. Last Christmas – Wham
  3. Three times a lady – The Commondores

Nommer kopkrap

5 & 7 (Priemgetalle)

Toor met Woorde

  1. Immergroen keëldraende boom met donker blare van die geslag Taxus
  2. Behoudens foute en weglatings
  3. Rabbedoe
  4.  Staan tot volgende week oor