Nuusbrokkies

27 11 2009

Hestrie Els staan by haar man, sy het selfs haar terugkeer na atletiek uitgestel om hom in die afgelope twee jaar te ondersteun.  Kan ek dalk my lyf celebskrywer hou?  Elke dag die week het Beeld ‘n foto van die twee wat hand-aan-hand stap.  Jurie altyd ‘n tree agter Hestrie.  Interessant. 

Ek het al gehoor van mascots steel, maar om ‘n ander skool se leerlinge te gaan beroof?  Candy King (gr10) van Hoërskool Hercules is deur 16 skoolseuns van ‘n ander skool beroof.  Sy was hulle derde teiken van die oggend.  Een het ‘n mes teen haar keel gehou toe sy nie sonder weerstand haar selfoon en drasak wou oorhandig nie. 

Renske Snyman van Welkom het die saak teen haar seun, Zander, terug getrek.  Zander het saamgesweer om sy ma en stiefpa te laat vermoor.  Hy het blykbaar van plan verander, maar die polisie het hom 15 minute voordat hy wou bel kom arresteer. 

Roberta McBride (Robert McBride se niggie) sleep Bruce Fordyce Mense Regt Kommissie toe omdat hy haar ‘n Coconut genoem het.  Hulle het ‘n argument oor Helen Suzman gehad, McBride het gevoel dat Suzman nie enige noemenswaardige bydrae gemaak het nie.  Fordyce het haar later vertel sy het nie regstellende aksie nodig nie, want sy is ‘n coconut. 

11 mense is dood in ‘n busongeluk vanoggend.  Die Putco bus het ten minste 100 mense vervoer toe dit op die Moloto pad aan die brand geslaan het.  10 van die 11 het doodgebrand. 

En ten slotte:  Die Engelse is oorywerig en die Amerikaners is nalatig.  Michaele en Tareq Salahi het heerlik saam met die Indiese premier, Manmohan Singh, skouers geskuur by ‘n dinee in die Withuis.  Hulle was nie op die gastelys nie.  Die wonderlike geheimediens het dit eers agter gekom toe Tareq die volgende dag op haar Facebook daaroor spog.  Well, I never.


Aksies

Information

8 responses

27 11 2009
Olga

wat gaan hestrie in atletiek doen? afrig soos zola budd? ou kniee kan te bros wees vir spring.

27 11 2009
Xena Phoenix

Sy is nou 31. Ek weet nie, dalk as sy nie ‘n breek geneem het nie.

27 11 2009
Skoor

Ai, dis heerlik pittig die nuusbrokkies wat ek so oor die ingilse muffin waarneem.

Jip, ek dink ook Hestrie moes eerder aangehou het as om weer te wil probeer. Dit gaan ‘n sad day wees as sy heeltyd die dwarslat tref!

LoL vir Bruce Fordyce. Ai, dat sekere mense altyd RASSISME skree, steek my so dwars in die krop, ek moer ook sommer in die dwarslat vas!

Lyk my die VSA se binnekring sekuriteit is ook maar moer toe met die nuwe leier. Shattap Skoor voor jy ook MRK toe gesleep word…

Lekkertes girl, gee nog nuus!

27 11 2009
Xena Phoenix

Skoor, ek sal ook graag wil weet hoekom alles deesdae rassisme is. Goeie genugtig.

Ek lag my ‘n papie vir die Withuis se sekuriteit. Ek wens ek kon hulle gesigte gesien het toe hulle uitvind wat hulle sekuriteit werd is.

27 11 2009
Selene Phoenix

Hestrie… ai dis moeilik… maar sy moet seker by haar man staan anders gaan mense dink sy dink hy is skuldig… wonder of hy is – sal seker nooit weet nie.

😯 16x skool seuns!!! Goeie hel… regtig dis aaklig! Hoe moet daai arme meisie nie voel nie!!

27 11 2009
Ann

Bruce Fordyce should have called you something worse than a “coconut” Roberta; you sound like an idiot. I’ll stand by Bruce anyday ! Go Bruce.

27 11 2009
demoerin

Jong, as ek na daardie foto’s kyk weet ek nie of sy meer so lekker oor die hoogspringlat sal kan kom nie ❓

😆 Bwahahahaha, dit is moer snaaks Robert en Roberta…

27 11 2009
Xena Phoenix

Niggie en nefie

En altwee moeilikheid makers.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: