As die skoen pas . . .

27 11 2009

Jakaranda het dit moes die jaar goed gedink om die slagspreek vir Sisters te maak:  If the shoe fits.  Ek het baie mooi daaroor nagedink.  Ek het nog nooit kinders of vrouens mishandel nie.  Ek het nie eers mans of diere mishandel nie.  Die skoen pas my nie, daarom gaan ek more kaalvoet loop.  Met my graaf!  Miskien sal ek wel ‘n skoen aantrek as ek ‘n verkeersbeampte met ‘n graaf bykom, maar dit sal nie mishandeling wees nie. 

Gou die finale reëlings vir more.  Ek sal julle more oggend 10:00 by die Campus Bryanston kry.  Ek sal dan julle nommers en t-hempde (vir die wat kort) oorhandig.  Laat weet my as jy nie weet waar dit is nie.

Terug na die kaalvoete.  Ek het onlangs ‘n kamermaat gekry met wie ek nie baie beindruk was nie.  ‘n Dof geel padda, omtrent so groot soos my vuis.  Hoe kan ek dit stel?  Ek hou nie van paddas nie.  Ek het geen idee hoe hy ingekom het of hoe hy (hopenlik) weer uit is nie.  Ek het hom uitgelos, in die hoop dat hy my muskiete sal vreet en my verder sal uitlos. 

Ek het hom net daardie een aand gesien.  Ek het nêrens in my huis geloop sonder skoene nie.  Ek wat gewoonlik my skoene by die voordeur los, reg om die volgende dag soos ek uitloop weer aangetrek te word.  (Hoekom kan ‘n mens nie met kaalvoete in die openbaar verskyn nie? )  Uit die oog en uit die hart, soos ek van die kamermaat vergeet het, het ek weer kaalvoet begin loop.

Gisteraand is ek in die donker gou in die kombuis aan die krap.  Skielik trap ek op iets koud.  Ek vries, ek is nie van die kleinste nie en so min as wat ek van die padda hou, wil ek hom ook nie dood trap nie.  Ek skuif my voet versigtig en knip die lig aan.

Ek het op ‘n R5 munt getrap.


Aksies

Information

5 responses

27 11 2009
Selene Phoenix

Ek is nog in twee oor die hele sonder skoene loop… sal daaroor slaap vannaand! 🙂

SIEN JULLE MORE!!!!!

27 11 2009
Xena Phoenix

Dit gaan beslis vet pret wees. Die heks wil by my skoene leen more. 🙄

27 11 2009
Sonkind

Kom ons begin ‘n nuwe mode. Loop oral kaalvoet, gaan kaalvoet werk toe en kerk toe 😈

27 11 2009
Olga

wha ha ha ha. toe ons bos toe getrek het, was padda se kjend al hier. so n effe groter as my duim se eerste lid. deesdae is dit al kamurse padda. die grote van my vuis. ek sal nie my kop op n blok sit dat dit dieselfde padda is nie. weet nie of hul 5 jaar en ouerword nie.

27 11 2009
Olga

ek vra dan groot verskoon vir die nuwe mode, sonkind. ek sal my kniee deurkruip. kan nie kaalvoet loop nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: