Ek soek ook Neusskoene

27 11 2009

GRRRRRRR.   Die Herriegriet is lelik met my!  Kom ek gevertel julle wat gebeur het.

Tannie Ousie het my gesms dat ek vir haar Sussies met blasies moet gaan doen.  Sy moet maak of sy werk by een of ander dam en kan nie meer saam loop nie.  Sy wil met die clowns gaan speel, nie met die sussies nie. 

Ek wou eers met my besem vlieg, maar Tannie Ousie het gesê ek moet dit loop.  Met skoene aan.  Ek het nie skoene nie.  Gmf, hier in die Bos Onbekend het niemand skoene nodig nie, want daar is mos nie dorings nie.  Ek het nie geld om skoene te gaan koop nie.  Ek het alles gebruik vir roomys en rooikoeldrank en persente.  Buitendien, ek gaan dit mos net een loop.  Ek het darem nog my besem.

Die Herriegriet het baie neusskoene.  Dink julle, maatjies, dat sy vir my een van haar neusskoene wil leen?  Nee, sy dink mos weer dat sy die Koningin By haarself is.  Haar neusskoene gaan my nie pas nie.  My ouma het altyd gevertel dat ‘n mens se neus groei as hulle jok, maar nie die Merriegriet nie.  Sy lieg soos ‘n tandeslyper.  Netso!

Kyk net hier.  Dit pas perfek.  (Ja ek ken soms groot woorde.)

Tannie Ougat, praat met die Merriegriet!!  Sy wil my nie hoor nie.  Boe hoe hoe!!!  😥

Breinvasbrand:  Wie is die borg van Sisters with Blisters saam met Jacaranda 94.2?

Breinlosbrand:  Fokker was reg met Shepton Dash





As die skoen pas . . .

27 11 2009

Jakaranda het dit moes die jaar goed gedink om die slagspreek vir Sisters te maak:  If the shoe fits.  Ek het baie mooi daaroor nagedink.  Ek het nog nooit kinders of vrouens mishandel nie.  Ek het nie eers mans of diere mishandel nie.  Die skoen pas my nie, daarom gaan ek more kaalvoet loop.  Met my graaf!  Miskien sal ek wel ‘n skoen aantrek as ek ‘n verkeersbeampte met ‘n graaf bykom, maar dit sal nie mishandeling wees nie. 

Gou die finale reëlings vir more.  Ek sal julle more oggend 10:00 by die Campus Bryanston kry.  Ek sal dan julle nommers en t-hempde (vir die wat kort) oorhandig.  Laat weet my as jy nie weet waar dit is nie.

Terug na die kaalvoete.  Ek het onlangs ‘n kamermaat gekry met wie ek nie baie beindruk was nie.  ‘n Dof geel padda, omtrent so groot soos my vuis.  Hoe kan ek dit stel?  Ek hou nie van paddas nie.  Ek het geen idee hoe hy ingekom het of hoe hy (hopenlik) weer uit is nie.  Ek het hom uitgelos, in die hoop dat hy my muskiete sal vreet en my verder sal uitlos. 

Ek het hom net daardie een aand gesien.  Ek het nêrens in my huis geloop sonder skoene nie.  Ek wat gewoonlik my skoene by die voordeur los, reg om die volgende dag soos ek uitloop weer aangetrek te word.  (Hoekom kan ‘n mens nie met kaalvoete in die openbaar verskyn nie? )  Uit die oog en uit die hart, soos ek van die kamermaat vergeet het, het ek weer kaalvoet begin loop.

Gisteraand is ek in die donker gou in die kombuis aan die krap.  Skielik trap ek op iets koud.  Ek vries, ek is nie van die kleinste nie en so min as wat ek van die padda hou, wil ek hom ook nie dood trap nie.  Ek skuif my voet versigtig en knip die lig aan.

Ek het op ‘n R5 munt getrap.





Nuusbrokkies

27 11 2009

Hestrie Els staan by haar man, sy het selfs haar terugkeer na atletiek uitgestel om hom in die afgelope twee jaar te ondersteun.  Kan ek dalk my lyf celebskrywer hou?  Elke dag die week het Beeld ‘n foto van die twee wat hand-aan-hand stap.  Jurie altyd ‘n tree agter Hestrie.  Interessant. 

Ek het al gehoor van mascots steel, maar om ‘n ander skool se leerlinge te gaan beroof?  Candy King (gr10) van Hoërskool Hercules is deur 16 skoolseuns van ‘n ander skool beroof.  Sy was hulle derde teiken van die oggend.  Een het ‘n mes teen haar keel gehou toe sy nie sonder weerstand haar selfoon en drasak wou oorhandig nie. 

Renske Snyman van Welkom het die saak teen haar seun, Zander, terug getrek.  Zander het saamgesweer om sy ma en stiefpa te laat vermoor.  Hy het blykbaar van plan verander, maar die polisie het hom 15 minute voordat hy wou bel kom arresteer. 

Roberta McBride (Robert McBride se niggie) sleep Bruce Fordyce Mense Regt Kommissie toe omdat hy haar ‘n Coconut genoem het.  Hulle het ‘n argument oor Helen Suzman gehad, McBride het gevoel dat Suzman nie enige noemenswaardige bydrae gemaak het nie.  Fordyce het haar later vertel sy het nie regstellende aksie nodig nie, want sy is ‘n coconut. 

11 mense is dood in ‘n busongeluk vanoggend.  Die Putco bus het ten minste 100 mense vervoer toe dit op die Moloto pad aan die brand geslaan het.  10 van die 11 het doodgebrand. 

En ten slotte:  Die Engelse is oorywerig en die Amerikaners is nalatig.  Michaele en Tareq Salahi het heerlik saam met die Indiese premier, Manmohan Singh, skouers geskuur by ‘n dinee in die Withuis.  Hulle was nie op die gastelys nie.  Die wonderlike geheimediens het dit eers agter gekom toe Tareq die volgende dag op haar Facebook daaroor spog.  Well, I never.