Ek is in die bevoorregte posisie waar ek eintlik net kan lag vir die streke van bediendes. Ek het nie een met wie ek ‘n kontrak moes gesluit het en elke maand moet betaal nie. Die ergste waarmee ek te doen het is die optredes van die op kantoor. En glo my, hulle kan nogal eksentriek wees.
Daar is spesifiek twee goed wat ek nie kan klein kry omtrent hulle nie. Die eerste een is hoe hulle teen glase diskrimineer. Hulle sal al die vuil skottelgoed uitdra: bekers, bordjies, teelepels, enigeiets. Behalwe die glas. Selfs al staan daar 10 glase en niks anders nie, sal hulle die glas los. Die tweede irritasie is dat hulle nie die leë houers weer kan vol maak nie. Hulle sal dit selfs was, maar daar is nie ‘n manier dat hulle dit weer sal hervul nie.
Soos ek dit verstaan is dit niks teen wat mense ervaar wat ‘n bediende by die huis het nie. Selfs is sy ‘n staatmaker, is daar sekere gewoontes wat haar werknemers teen die mure uitdryf. Dit is dikwels ‘n vraag of die irritasies die hulp werd is. Daar is seker niks ergers as wanneer die irritasies nie die ergenis werd is nie en dat jy niks kan doen om daarvan ontslae te raak nie.
Vandag het ons dus ‘n kla blog. Wat doen jou bediende wat jou teen die mure uitdryf? Wat maak jy as sy nie na ‘n redelike opdrag wil luister of uitvoer nie? Wat van ‘n bediende staaltjie of 2? Miskien kan iemand ons vertel wat van hulle bediende waardeer hulle? Vandag is die dag wat jy alles oor jou bediende kan sê wat jy nog altyd wou.
Wie runnik saam?