Oberammergau

24 11 2009

Iemand het my een keer vertel dat die Boere en die ou Isrealiete die enigste volke was ‘n verbond met God gesluit het.  Ons noem dit deesdae sommer ‘n gelofde aflê.   Dit is nie heeltemaal waar nie!  Vlam het my van die dorpie in Duitsland vertel wat ook ‘n gelofde aan God gemaak het en dit nog steeds nakom. 

Oberammergau is ‘n dorp in Bavaria Duitsland.  In 1633 het hulle aan God belowe dat hulle elke 10 jaar ‘n opvoering sal hou van Jesus se lewe en dood as Hy hulle dorpie red van plaag.  Ongeveer 22 volwassenes het per maand aan plaag gesterf in Maart 1633.  Teen Julie dieselfde jaar het hulle net 1 volwassene per maand verloor.  Dit was gesien as ‘n teken dat God hulle hulproep gehoor het.  Die eerste opvoering was in 1634 gehou.  In 2010 gaan hulle 102 opvoerings hou, vanaf 15 Mei – 3 Oktober. 

2000 mense, almal inwoners van Oberammergau, word in die opvoering betrek.  Die opvoering is ongeveer 7 ure lank; dit begin om half drie namiddag en hou ongeveer half elf in die aand op.  Dit sluit ‘n 3 uur lange aandete in.  Dit word gedoen om die gelofde te eerbiedig, maar dit gee nogal ‘n welkome finansiële inspuiting.  Daar is ‘n gesegde “Die Passion zahlt (Die Passie sal betaal), juis omdat verskeie van die dorp se projekte daaruit befonds word. 

Die opvoerings word gewoonlik aan die einde van elke dekade gedoen.  Sedert 1790 het hulle toegangkaartjies verkoop en van 1870 het mense vanoor die wêreld gereis om dit te sien.  Daar was wel ekstra opvoerings geskeduleer. soos in in 1984 om die 350 jaar herdenking van die gelofde te herdenk.  Die geskeduleerde opvoerings was nog net 2 keer gekanselleer.  In 1770 omdat alle passieblyspele verban, maar dit kon in 1780 voortgaan nadat hulle dele van die Ou Testament bygewerk het.  Dit was ook in 1940 gekanselleer weens die Tweede Wêreldoorlog. 

Die spele is al dikwels as Anti-Joods gekritiseer.  Hitler het byvoorbeeld sy volle steun aan die spele gegee (1934), juis omdat dit Jode in ‘n ongunstige lig gestel het.  Die organiseerders het stelselmating na die tweede Vatikaanse Raad begin om die spele meer Joodvriendelik te maak.  Dit word ook aangepas om by die Katolieke leer van die passie aan te sluit. 

Meer as 350 jaar later, word die gelofde nog met groot entoesiasme na gekom.  Die finansiële kant help seker om die entoesiasme te behou, maar dit gaan nogtans oor die gelofde.  Daar is mense wat besorg is oor die las wat die Boere se gelofde op hulle nageslag afdwing?  Is dit ‘n geldige bekommernis?  Sou die bekommernis nog daar gewees het as daar geld uit die slag van Bloedrivier gemaak kon word?

Breinvasbrand:   Oberammergau is die huisvesting vir die NATO opleiding sentrum.  Waarvoor staan NATO?

Breinlosbrand:  Nell was reg met Asperger sindroom.





Wat het van korswel geword?

24 11 2009

Iets wat my deesdae erg opval is hoe verskonend mense raak wanneer hulle iemand liggies terg?

Ek praat van terg, nie spot nie.  Ek dink die verskil lê daarin dat terg oor die algemeen prettig is vir albei partye, selfs al is jy aan die ontvangkant.  Spot is gewoonlik gemik daarop om die ontvanger te verkleineer.  Dit is dus ten koste van iemand vir die vermaak van ‘n ander. 

Is ons velletjies iewers papierdun geskuur dat ons nie meer kan onderskei nie?  Polities korrektheid het ‘n prys en dit word in humor betaal.  Alles word deesdae met ‘n verskoning ontsier.  Mense is so bang hulle trap op iemand se tone, dat hulle eerder met suurgesigte rondloop. 

Is dit net ek wat dit al opgelet het?  Of is dit net ek met die vieslike humeur wat mense laat suutjiestrap?

Hoe voel julle?





Nuusbrokkies

24 11 2009

Die Klerksdorpse Hospitaal het toe gereageer op die beweringe van gister dat hulle ‘n baba in stukke getrek het tydens geboorte.  Blykbaar is ‘n normale geboorte die voorkeur proses wat gevolg word wanneer dit baba reeds dood is.  Die bestuur sê dat die baba klaar besig was om in die ma te ontbind.  Daarom was die weefsel sag en het die kop en arms af geskeur. 

Robert McBride was op die dag (in 2006) wat hy na bewering dronk bestuur het, blykbaar met die dood gedreig.  Aldus ‘n verklaring wat hy eergister uitgereik het.  Dit was die eerste woord wat die polisie ook daarvan gehoor het. 

ASA het SA Rugby se klagte teen Windhoek Lager van die hand gewys.  SA Rugby het gemeen dat Windhoek Lager se advertensie van groen en goud verband hou met die Bokke.  Geen ander handelsmerk as die wat die bokke borg mag voordeel uit die bokke trek nie.  Buitendien is Castle die Bokke se enigste Bier borg.  Windhoek het aangevoer dat hulle dit al sedert 2002 vir alle reklame gebruik, weens die verpakking van die bier. 

‘n Chinese vrou wat met ‘n tussentydse hofbevel wou keer om gedepoteer te word, is deur 7 beamptes na die terminale gedra.  Sy het geweier om op die vliegtuig te klim of om ‘n vliegkaartjie te aanvaar.  Haar prokureur moes met ‘n tweede hofbevel die deportasie keer.  Iemand gaan moet please explain hoekom die eerste bevel nie gehoorsaam is nie.  Die vrou gaan Vrydag vertoë rig oor hoekom sy moet bly in SA.

En ten slotte.  ‘n Man is sy kar kwyt nadat hy onwettig op ‘n sperstreep, ‘n bietjie te naby aan 10 Dowling straat, parkeer het.  16 ure later het hy net sy uitgebrande wrak gekry.  Die veiligheidspolisie het sy kar opgeblaas omdat dit moontlik ‘n risiko kon gewees het.