Eers skaam ek my oë uit my kop uit. Ek het ‘n vraagfout, ‘n spelfout en ‘n vertalingsfout alles in een speletjie gemaak. Ek sal dit met ‘n * aandui en so regverdig moontlik probeer wees. Jammer.
Algemene Kennis
- Gavin Hood (Olga/Maxie)
- Senekal, Suid-Afrika (Maxie)
- Volkswagen Citi Golf (Olga/Maxie)
- *’n Seun (Olga) (Ek wou eintlik vra wie, maar ek het nie)
- Aangevoer dat hy ‘n wit kind was wat ontvoer was (Olga/Maxie)
Uilspieel
- Dirty is ‘n Christina lied, die ander is deur Britney gesing (Olga/Maxie)
- *Bosbokrand is in Limpopo, ander is in Mpumalanga. Google is verdeeld oor die antwoord.
- Tracy Turnblad – sy was in Hairspray en die ander twee was in Chicago (Olga/Maxie)
- *Spinnekop – die ander is insekte (Maxie) Daar bestaan nie ‘n iets soos ‘n sprinkRaan nie, daarom kan ek nie vir Olga penaliseer nie. (Olga)
- Droopy – die ander is Looney Tunes karakters (Maxie)
Liedjiepret
- *Crimson and Clover – Joan Jett and the Black Hearts (Rooi en Groen, my vertalingsfout) (Olga/Maxie)
- Diamonds and Pearls – Prince (Maxie)
- She Wolf – Shakira (Maxie)
Bonus: Cat burglar – Alan Horvath (Maxie); Hair – Cowsills (Olga); Red and White – Austin Julian (Olga)
Nommer kopkrap
7 & 10 (Maxie) {2 x 3 – 5 =1; 3 x 3 – 5 = 4 ens}
Toor met Woorde
- Middelstuk van ‘n wiel, waardeur die as gaan en waaraan die wiel vassit. (Olga/Maxie)
- Kriminelerekordsentrum (Olga)
- Xiloliet (Olga/Maxie)
- Uitdaging (Olga/Maxie)
ek het so nie crimson and clover geraai nie, dankie. sover my kennis strek, is bosbokrand en hazy view steeds deel van mpumalanga provinsie. na talle geweldadige proteste. google het daar die dam onder die eend uitgepluk.
Hair – Cowsills was Olga se antwoord, nie myne nie….
Verskoon my. Ek gaan gou die eier van my gesig af was. 😳