Golfies

22 11 2009

Sonkind het ‘n filosofie wat alle windgatte ‘n Volkswagen Citi Golf ry.  Dit mag waar wees, maar nie omdat ‘n Golf windgatte soos ‘n magneet trek nie.  Eerder omdat dit is windgat uit enige mens uithaal.  Dit smeek om astrant gery word en kom ons wees eerlik.  Jy kan maar windgat in ‘n Golf wees.

Wie van ons het nie toe ons die eerste keer in die mark was vir ‘n kar ernstig na ‘n Golf gekyk nie?  Ek was inteendeel baie gelukkig met my eerste kar, Becky, gewees.  Nie een dag se probleme met haar gehad nie.  Ongelukkig was die Golf vir Volkswagen net ‘n intreevlakkar gewees, in elk geval vir die laaste dekade of so.  Golf was die kar wat jaarliks die heel meeste foute onder die nuwe karre in hulle klas gehad het.  Dit is so al asof VW net nie omgegee het waarmee hulle platsak kliente moet opsnork nie.  Hulle het mos ‘n reputasie van goeie herverkoopwaarde  en daarvoor moet almal mos val.

Die eerste Golf het in 1974 hulle opwagting in Europa gemaak, hulle was veronderstel om die Volksie te vervang.  Wat hulle toe wel reggekry het.  Dit is eers in 1978 op die Suid-Afrikaanse mark geplaas, dit sou jou net R7500 uit die sak gejaag het.  In 1983 het die groter en duurder Golf na Suid-Afrika gekom en ‘n effense dilemma veroorsaak.  Onder andere sou dit duurder kos om te vervaardig.

Die base het besluit om al die luukses te stroop en dit ‘n Econo Golf te noem.  Platvloers, banaal en bowenal vervelig.  Ene Mel Miller het die idee gekry om hulle helder te verf en ‘n hele bemarking is rondom hulle voorkoms baseer.  Mense sou self bereid wees om ‘n premie te betaal.  Duitsland het eers swaar gesluk aan die lewensvatbaarheid van die idee.  Dit is onseker waar die Citi naam vandaan gekom het. 

Op die ou einde is amper 380 000 Citi Golfs in Suid-Afrika alleen verkoop.  Almal moet ‘n herinnering hê wat rondom die Citi Golf verweef is.  Ek onthou een van my ma se vriendinne, my broer noem haar nog steeds Tannie Vettie, jare lank ‘n bloedrooi Golf gery het.  Dit was altyd amusant, die groot vrou met die klein karretjie.  Daar was ook die keer wat ek ‘n Golf gehuur het en die bestuurdersdeur die heeltyd oopgeval het. 

Het jy dalk ‘n Golf gery?  Wat is jou herinneringe aan ‘n Golf?

Breinvasbrand:    Wie het die eerste Golfs in 1974 ontwerp wat ook onlangs as die Motorontwerper as die eeu bekroon is? 

Breinlosbrand:  Olga was reg met Thailand.


Aksies

Information

24 responses

22 11 2009
Laviga

Eerste!

22 11 2009
Laviga

Ekke onthou al die tv prentjies van die karretjies. Ek en Blommie het altyd die liedjies saam gesing.

22 11 2009
maxie

Was eens op ‘n tyd die trotse eienaar van ‘n wit Golf Chico, en 10j voor dit, ‘n metalic blou Golfie, waarop ek besonder geheg was.

Ek het ook eenkeer ‘n Golf moes huur, van remme was daar nie sprake nie 😯

22 11 2009
Xena Phoenix

Nuwe ding van VW se afskeepvloot. 2 uit 3 het nie remme nie.

22 11 2009
Xena Phoenix

Laviga, onthou jy die advertensie van die ou, sy golf en die tattoo parlour? Elke keer is hy terug om sy ou girl se naam dood te trek en n nuwe girl se naam by te sit. Tot hy besef hy kan net sy golf vertrou.

Daar was ook die ad wie se liedjie iets was van V, W, you and me, we all believe in quality. Aan die einde was daar n VW teken met golfs gemaak.

22 11 2009
Xena Phoenix

Nog n ad, maar ek kan nie die lied onthou nie. n Man se lewenslyn en al die vw wat hom daardeur gehelp het. Met elke verandering het hy met n ander vw voor die deur gestop.

Terug na die os, ek dink amper die heel eerste kar wat ek gery het was n golf. In die laerskool nog.

22 11 2009
Olga

ek het ook n golf gery. 1.3gl. wit en grys onder. kon spin soos geen ander kar nie. het nog nooit rede gehad om haar te mis nie.

22 11 2009
Olga

walter de silva?

23 11 2009
8wat

Iewers dra ‘n Vêloucieeeetieee die registrasie NOTFROM GP en vervoer dit trots ‘n immer kosbare vrag. Kostelik sal die herinnering bly hoeveel kameras daardie nommer vasgevang het en daarmee saam die motor. Maar kosteliker sal die telkens bewonderende, waarderende uitroepe van ‘n verskeidenheid mense van ‘n spesifieke demografie van die bevolking bly: Vêloucieeeetieee…
Prysloos die dag toe Duitsland se uitvoerende hoof oor VW SA uiteindelik self eier van die gesig afvee en toegee: as ons nie kan motors vervaardig wat hou nie, en bereid is om te vervang waar dit nie aan die verwagting voldoen nie; dan moet ons eerder weggooibabadoeke vervaardig. HA! DIT het beïndruk – om ‘n jaar later ‘n natnuwe vervanging te ontvang. Dis mos wat jy verwag van ‘n VW? Absoluut!
Is nogal hartseer om te dink dat hulle nou ook aan die verlede behoort.

23 11 2009
demoerin

😆 Onthou julle David Kramer advertensie met sy volksie-bus?
Ek onthou my ma het so ‘n blou-en-wit enetjie soos in die prentjie gehad. Ek leen hom toe een aand, tel vriende op, en oppad by hulle driveway uit val die voorste bumper af?
Ons het uitgegaan sonder die bumper en hom net in die vroeë oggendure teruggesit… easy-peasy… soos lego.

23 11 2009
Xena Phoenix

Was daar nie ook ‘n advertensie gewees van David se ma nie?

23 11 2009
demoerin

Dit kon dalk bietjie voor my tyd gewees het ❓ 😆

23 11 2009
Xena Phoenix

DMI

Jou voet in ‘n visblik. Onthou, jy is eintlik oom DMI vir my.

23 11 2009
Girl van die Suburbs

Ek het altyd gese ek sal NOOIT ‘n VW ry nie… Surprise… Surprise… Ek is nou ‘n groot VW fan!

23 11 2009
Xena Phoenix

Seker maar net omdat jou eerste kar nie ‘n Golf was nie.

23 11 2009
Vlam

Good riddance to bad rubbish. Nou moet nog net Opels waai. 👿

23 11 2009
Xena Phoenix

Vlammetjie

Jy moet mooi lees. Net Citi Golf waai, nie die hele Volkswagen nie. Jy kan nog vir jou ‘n ou Polo of iets gaan koop.

Terloops, ‘n mens kan ‘n Merc bussie koop vir die prys wat jy vir VW bussie betaal. En kleingeld kry.

23 11 2009
Salomè

Toe ek nog kind was , het my ma ‘n Golfie gehad. Al wat ek daarvan kan onthou is al die baie rattles. Later jare toe ek in Vaaldriehoek tegnikon was, het ek saam met iemand heen en weer gery wat ook ‘n Golfie gehad het – die rattles was beslis daar ook teenwoordig. Nou onlangs het ek saam met my vriendin in haar Golfie gery, en glo my die goed rattle nogsteeds. Dis nes die eiesoortige geluid van die Volla se enjin – lyk my die Golf kan nie sonder rattles wees nie.

23 11 2009
Xena Phoenix

Saloom

Hulle het, behalwe van ‘n paar naamsveranderinge, omtrent die heeltyd dieselfde gebly.

Sien ons julle by sisters?

23 11 2009
demoerin

Hel, watter een van julle het op Vlam gepiepie vandag ❓

23 11 2009
netjane

My eerste kar was ‘n wit chico – ‘n pel het haar Melktert gedoop. As dit reën het daai kar gelek, al op my regter voet, ek moes maar klas draf met ‘n nat broekspyp.

Nou het ek ‘n Polo – and I love it!! 🙂

23 11 2009
Xena Phoenix

Daardie broekspyp kon seker leker koud raak. Ek sou die kar aan die brand gesteek het.

24 11 2009
fokker

ja wel ek het ok n wit citi gehaat ma die berg paie het ha ni gelike ni en het ha van di pad af gegoi toe moes die taxi drywer ok wys hy like ha nie en ry ha poer in ha mur in en dit nog als vo sy die bekende oli lek of rattel gekry het

24 11 2009
demoerin

Oom se gat, ek is niemand se oom nie 😉

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: