Golfies

22 11 2009

Sonkind het ‘n filosofie wat alle windgatte ‘n Volkswagen Citi Golf ry.  Dit mag waar wees, maar nie omdat ‘n Golf windgatte soos ‘n magneet trek nie.  Eerder omdat dit is windgat uit enige mens uithaal.  Dit smeek om astrant gery word en kom ons wees eerlik.  Jy kan maar windgat in ‘n Golf wees.

Wie van ons het nie toe ons die eerste keer in die mark was vir ‘n kar ernstig na ‘n Golf gekyk nie?  Ek was inteendeel baie gelukkig met my eerste kar, Becky, gewees.  Nie een dag se probleme met haar gehad nie.  Ongelukkig was die Golf vir Volkswagen net ‘n intreevlakkar gewees, in elk geval vir die laaste dekade of so.  Golf was die kar wat jaarliks die heel meeste foute onder die nuwe karre in hulle klas gehad het.  Dit is so al asof VW net nie omgegee het waarmee hulle platsak kliente moet opsnork nie.  Hulle het mos ‘n reputasie van goeie herverkoopwaarde  en daarvoor moet almal mos val.

Die eerste Golf het in 1974 hulle opwagting in Europa gemaak, hulle was veronderstel om die Volksie te vervang.  Wat hulle toe wel reggekry het.  Dit is eers in 1978 op die Suid-Afrikaanse mark geplaas, dit sou jou net R7500 uit die sak gejaag het.  In 1983 het die groter en duurder Golf na Suid-Afrika gekom en ‘n effense dilemma veroorsaak.  Onder andere sou dit duurder kos om te vervaardig.

Die base het besluit om al die luukses te stroop en dit ‘n Econo Golf te noem.  Platvloers, banaal en bowenal vervelig.  Ene Mel Miller het die idee gekry om hulle helder te verf en ‘n hele bemarking is rondom hulle voorkoms baseer.  Mense sou self bereid wees om ‘n premie te betaal.  Duitsland het eers swaar gesluk aan die lewensvatbaarheid van die idee.  Dit is onseker waar die Citi naam vandaan gekom het. 

Op die ou einde is amper 380 000 Citi Golfs in Suid-Afrika alleen verkoop.  Almal moet ‘n herinnering hê wat rondom die Citi Golf verweef is.  Ek onthou een van my ma se vriendinne, my broer noem haar nog steeds Tannie Vettie, jare lank ‘n bloedrooi Golf gery het.  Dit was altyd amusant, die groot vrou met die klein karretjie.  Daar was ook die keer wat ek ‘n Golf gehuur het en die bestuurdersdeur die heeltyd oopgeval het. 

Het jy dalk ‘n Golf gery?  Wat is jou herinneringe aan ‘n Golf?

Breinvasbrand:    Wie het die eerste Golfs in 1974 ontwerp wat ook onlangs as die Motorontwerper as die eeu bekroon is? 

Breinlosbrand:  Olga was reg met Thailand.





Oplossing 008

22 11 2009

Eers skaam ek my oë uit my kop uit.  Ek het ‘n vraagfout, ‘n spelfout en ‘n vertalingsfout alles in een speletjie gemaak.  Ek sal dit met ‘n * aandui en so regverdig moontlik probeer wees.  Jammer. 

Algemene Kennis

  1. Gavin Hood (Olga/Maxie)
  2.  Senekal, Suid-Afrika (Maxie)
  3.  Volkswagen Citi Golf  (Olga/Maxie)
  4.  *’n Seun (Olga) (Ek wou eintlik vra wie, maar ek het nie)
  5.  Aangevoer dat hy ‘n wit kind was wat ontvoer was (Olga/Maxie)

Uilspieel

  1.  Dirty is ‘n Christina lied, die ander is deur Britney gesing (Olga/Maxie)
  2.  *Bosbokrand is in Limpopo,  ander is in Mpumalanga. Google is verdeeld oor die antwoord. 
  3.  Tracy Turnblad – sy was in Hairspray en die ander twee was in Chicago (Olga/Maxie)
  4. *Spinnekop –  die ander is insekte (Maxie)  Daar bestaan nie ‘n iets soos ‘n sprinkRaan nie, daarom kan ek nie vir Olga penaliseer nie.  (Olga)
  5.  Droopy – die ander is Looney Tunes karakters (Maxie)

Liedjiepret

  1. *Crimson and Clover – Joan Jett and the Black Hearts (Rooi en Groen, my vertalingsfout) (Olga/Maxie)
  2. Diamonds and Pearls – Prince (Maxie)
  3. She Wolf – Shakira (Maxie)

Bonus: Cat burglar – Alan Horvath (Maxie);  Hair – Cowsills (Olga);  Red and White – Austin Julian (Olga)

Nommer kopkrap

7 & 10 (Maxie) {2 x 3 – 5 =1;  3 x 3 – 5 = 4 ens}

Toor met Woorde

  1. Middelstuk van ‘n wiel, waardeur die as gaan en waaraan die wiel vassit. (Olga/Maxie)
  2. Kriminelerekordsentrum (Olga)
  3. Xiloliet (Olga/Maxie)
  4. Uitdaging (Olga/Maxie)