Winter in November

21 11 2009

Die Kapenaars is diewe!  ‘n Ruk terug kerm hulle oor hulle winter in November en nou sit ons met dit opgeskeep.  Ek is seker almal sal somermusiek waardeer.  Dus hier is All Summer long van Kid Rock. 





Chariots of Fire 008

21 11 2009

Algemene Kennis

  1. Wie was die regisseur van Tsotsi?
  2. Waar was daar onlangs ‘n nuwe dinosourus spesie ontdek?
  3. Watter motor se vervaardiging is onlangs in Suid-Afrika gestop?
  4. Wat was die ferale kind wat in 1987 in Suid-Afrika tussen blou ape gevind is?
  5. Hoe het Happy Sindane onder die media se aandag gekom?

Uilspieel 

  1. Circus; Dirty; Womanizer
  2. Sabie; Machadodorp; Bosbokrand
  3. Velma Kelly; Roxie Hart; Tracy Turnblad
  4. Kakkerlak; Spinnekop; Springkraan
  5. Droopy; Daffy Duck; Speedy Gonzales

Liedjiepret

Die kluis is gestroop, dolleeg behalwe vir die rooi en groen kaartjie wat agter gelaat is.  ‘n Klouterdief het weer toegeslaan en die eienaars ontneem van al hulle diamante en pêrels wat met belastingvrye fondse gekoop is.  Die mense gaan hulle hare uit hulle kop uit wil trek, maar sal nie juis iets kan doen nie.  Die kaartjie sal bestudeer word, maar niemand sal kan kop wie die wolvin is nie.  Die leidraad is nie juis veel werd nie. 

Nommer kopkrap (gee die vermisde nommers)

 1;  4;  __; __; 13

Toorwoorde

  1. Naaf?
  2. KRS
  3. X _ _ _ L _ _ _
  4. UTGIGINAD – Leidraad:  iets wat oorkom moet word