Ek en tannie Ousie
Eet ‘n roomyskoek
Met baie rooi koeldrank
Omdat sy vervel.
Oe! Maatjies. Nou skree my magie eers. My ouma het altyd gesê ‘n mens moet eers al jou kos opeet voordat jy kan roomys kry. Ek het nog nie my kos geëet nie. 😯 Ek moet nog gaan kos maak.
Ek en Tannie Ougat het glad nie in die Kaapplek potjies gemaak nie. Ons het orals sommer vis en tjips gekoop. Ek het soos ‘n haai gevoel omdat ek so baie vis geëet het. Tannie Ougat het gesê vis is goed vir my brein se ontvroeteling. Ek het nie geweet wat ‘n brein is nie.
Een het ons hierdie snaakse visse gekoop. Hulle het ogies amper so groot soos ertjies met fyn dun pootjies. Tannie Ougat het gesê hulle is garboeke. ‘n Heksie moet eers sy koppie stomp afbreek. Daarna dop jy sy dop af amper soos ‘n heks met rooi eiers maak. Die stukkie vis wat jy dan kry, eet jy. Heerlik. Tone lek lekker!
Xena gevertel my dit is sommer seesprinkane. Gmf! Sy dink seker weer ek is ‘n dom heks. Ek ken ‘n springer as ek een sien en die garbroeke kan nie spring nie. Hulle lewe onder die water sonder om te versuip.
Ek wil nou weer garbroeke eet voordat ek roomys en rooi koeldrank drink.
Breinvasbrand: Watter land is die grootste uitvoerders van garnale waarmee daar geboer word?
Breinlosbrand (Woensdag): Basjan wat reg met ‘n .44 magnum.
Breinlosbrand (Donderdag): Dankie Nell vir die vraag: La Belle au Bois dormant wat “Die skoonheid wat slaap in die woud beteken. (The Beauty asleep in the wood)
Die administrateurs vra om verskoning vir die Nuusbrokkies wat nie vandag verskyn het nie. Daar was tegniese probleme wat nou uitgestryk is.
ek het mos gedink die koerante het natgereen.
thailand
juf laviga het n date vanaand. sy het seker met wk gaan feesvier.
Ek weet wat vandag se date is! 20 November. Ek weet van maande. Januarie, April, Augustus, Jupieter, Jannie, November en Kersfees.
Tannie Ougat
Xena dink sy is koninginby. Sy wou vir my rou vis koop! 😯 Ek sal wurms kry van rou vis.
Die ou perse het wurms
*GAAP*
More almal. Joh!! Wat ‘n dag! Liewe ouers! Gelukkig het ek ‘n vooraf beplande chauffeur gehad. Die rooi koelas het amper net so hard geval soos die reen. Voel of my niere saam gesjuie het
more, more. vigs, hoekom toor jy nie vir koningby nie? het sy self die rou vis geeet? wat het jy geeet?
Tannie Ousie! Ek wou ook rooi koeldrank he!
😥 Ek het my toorwoorde gevergeet Tannie Ougat! Ek was honger vir garboeke, gaar garboeke.
sies koningin by .gaan koop vir laviga paar parnale by cpt fish market. tannie ousie, moet laviga pleit vir n glasie rooi koelas? swak. njarrrr, so swak!