Nuusbrokkies

19 11 2009

Ek kan niemand blameer wat ‘n ietsie uit Browns probeer smokkel nie.  Ek sal self probeer was ek ‘n kwart kans het.  ‘n Browns werknemer was aangekeer nadat hy in Johannesburg goud in ‘n gaar hoender probeer steel het.  Die metaalverklikkers het hom uitgewys.

Maketa Moloantoa (21) het ‘n baie duur prys betaal vir aapstreke in die Park View Winkelsentrum.  Na ‘n kuier in ‘n restaurant het hy op die roltrap se reeling gespring om na onder te gly.  Na 1.2 m het hy sy balans verloor en kop eerste na onder geval.  Hy het ernstige kop en nekbeserings opgedoen en hy het later in die Pretoria Oos Hospitaal dood.

Die universiteit van Kwa-Zulu Natal het Ceasar, ‘n 27 cm hoog en 70 cm breë robot, bekend gestel.  Daar word gehoop dat Ceasar in die toekoms in soek en reddingspogings gebruik kan word.  Die koordlose robot kan in klein areas ingaan om vas te stel of daar mense in ‘n klein area vasgekeer is in ‘n brand.  Dit het ook ‘n luidspreker waarmee die slagoffer van raad voorsien kan word, terwyl hy gered word.

Daar is ‘n eensame krokodil in die Dusi en hy is honger.  Nivash Dhookran het kruie aan die oewer van die Dusi gepluk toe ‘n krok sy bek onverwags langs hom rek.  Hy het weggehardloop.  Organiseerders het die rivier met helikopters gefynkam, maar niks gekry nie.  Tog sien mense langs die rivier gereeld die krokodil.

Slotvertoë word vandag verwag in die saak van Kapt Renate Barnard die polisie van rasdiskrimininasie aankla.  Sy is al twee keer vir bevordering oorgesien omdat sy wit was.  Die poste is leeg gelos nadat daar geen geskikte swart kandidaat gevind is nie.

Ten slotte:  In Papoea-Nieu-Guinee het 8 mans vir 2 maande op ‘n  7m lange roeibootjie in die Stille Oseaan oorleef.  Hulle het water in die boot opgevang en dryfhout geëet.  2 mans is dood voordat hulle gered is, in sluitende ‘n seun wat in die see verdrink het terwyl hy probeer het om sy hemp te red.


Aksies

Information

6 responses

19 11 2009
Olga

hoekom was die mans op die boot? waarvoor het hul gevlug?

19 11 2009
Vlam

Gaap…

Nie eens een brokkie moord en doodslag nie? Tsk. SA is ook nie meer wat hy was nie. :mrgreen:

19 11 2009
demoerin

😆 Nogal slim plan met die Browns employee, moes dalk net die hoender bietjie hoër opgetel het.

Die storie laat my dink aan hierdie oom wat ek ken wat sy slaghuispersoneel in die oggende weeg as hulle inkom, en dan weer in die middag as hulle huis toe gaan….

19 11 2009
Olga

dan is dit beslis goed ek werk nie vir die oom nie. ek weeg soggens 2kg meer as saans.

19 11 2009
Olga

die wimter is weer op ons. en almal skree osoox laag en globale verhitting. wat ek egter nie kan klein kry nie, as dit globale VERHITTING is, hoekom kry ons koud? riaan? jy is by implikasie n slimkop. antw asb?

19 11 2009
Wille Kjind Q

Ek hoop daai Barnard vrou wen loshande! TSK

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: