Die wat nie val vir belaglikhede nie

18 11 2009

Ek wonder of iemand ooit in die openbaar sal erken dat hulle aan Gun Free South Africa (GFSA) behoort?  Eerlik, ek erken eerder dat ek pensioengeld gesteel het voordat ek met hulle verbind het.  Al is ek onskuldig.

Ek weet nie of ek moet lag oor huil oor hulle nuwe veldtog nie.  Hulle wil speelgoed vuurwapens van die rakke af laat verwyder, ouers ontmoedig om dit te koop en kinders aanmoedig om van hulle speelgoed vuurwapens in te gee.  Hulle sukkel seker met die regte wapens, nou oefen hulle op die onskadelikes.

Blykbaar lyk speelgoedwapens meer en meer na regte wapens en wat dikwels in rooftogte gebruik word.  Ongelukkig het hulle ‘n punt beet hier.  Hulle voer verder aan dat ouers kinders toestemming gee om vuurwapens te koop wanneer hulle die speelgoed vir hulle kinders koop.  Kinders se speletjies is oefening vir wanneer hulle groot is.  Blykbaar sal hulle nie tussen die ware Jacob en ‘n speelding nie. 

Weereens iemand wat as grootmense op die aarde geland het wat sulke tjol kan uitdruk.  Almal weet wat die verskil is.  Buitendien sal ‘n verantwoordelike vuurwapeneienaar sy wapen ver buite bereik van kinders bêre.  Kinders is beslis in staat om te onderskei tussen regtig en speel.  En ‘n mens dra nie al jou spelery oor na die grootmens wêreld nie. 

Pick & Pay het aangedui dat hulle die projek gaan steun, behalwe met water gewere.  My dunk van Kies en Betaal het sommer nou gedaal. 

Ek salueer almal wat nie vir dit gaan val nie.  ‘n Mens moet darem nie die dam onder die eend uit ruk nie. 

Breinvasbrand:  Watter vuurwapen gebruik Dirty Harry?

Breinlosbrand:  Bobbejane.





Nuusbrokkies

18 11 2009

Die brandende lyk van ‘n blonde meisie (16 – 20) is langs die pad tussen Orange Farm en Poortjie deur ‘n verbyganger gekry.  Daar was iets op haar uitgegooi toe sy aan die brand gesteek is, vermoedelik terwyl sy nog lewendig was.  Haar gesig is onherkenbaar verbrand.  Niemand wat aan haar beskrywing voldoen is as vermis aangemeld nie. 

Jackie Selebi voer aan dat Vusi Pikoli aan dat hy Selebi vir duistere motiewe vervolg het.  Pikoli se vrou, het glo miljoene rande se aandele verniet gekry aan die Kebble Myne.  Dit is dus die eintlike rede hoekom Selebi vervolg word.  Pikoli het dit ontken en alles as leuens afgemaak.

Polmed, die polisie se mediese fonds, se beursie gaan geskud word betreffende ou polisielede.  Lede wat langer as 10 jaar in die polisie was mag aan die Polmed behoort en Polmed moet hulle bydrae nog steeds subsideer.  Dit is terugwerkend tot 1 Maart.  Polisielede wat met die voorwaarde van geen subsidisie by die Polmed aangebly het, se subsidisies is terug betaalbaar.

Skole se beheerliggame betaal tot 50 000 onderwysers en 100 000 admin personeel se salarisse.  Dit kom uit skoolfondse uit.  Dit is meer as 515% meer as 10 jaar gelede.  Meer as 60 000 poste van die onderwysdepartament is al sedert 2006 vakant.  Dit laat my wonder.  As die departament die poste gaan vul, gaan die beheerliggaamposte nog nodig wees?  En sal die departament dit vul terwyl die beheerliggame al reeds opgetree het? 

Ben Aplain (27) het homself in Wierdaburg polisieselle gehang.  Hy was sondig op aanklagte van gesinsgeweld en aanranding gearresteer. 

Almal weet dat drank mors net so erg is as vrouslaan.  Geen wonder dat Ernest Shackleton se besending McKinlay & Co.-whisky deur boorders gesoek gaan word.  Dit is al sedert 1909 in die Antarktiese ys verlore.  Die distillery het vir ‘n monster gevra om te toets of die whisky weer gemaak moet word.  Ek wonder of dit nog drinkbaar is? 

‘n Blogger, Belle du Jour, wat as ‘n hoëklas-sekswerker geblog het, sy identiteit is bekend gemaak.  Sy is Brooke Magnanti (34) wat ‘n PhD het en ‘n wetenskaplike navorser is.  Sy het haarself in die Sunday Times bekend gestel, nadat die Daily Mail ‘n ondersoek gelei het en haar die week sou onmasker.  Magnati het 14 maande as prostituut gewerk terwyl sy haar meestersgraad gedoen het.  Wat het tog geword van anoniem blog? 

Ter afsluiting:  Parlementslede beskou Ras Dumisani se vertolking van die volkslied as hoogverraad.