Is anders foutief?

16 11 2009

Ek het die afgelope naweek vir die eerste keer Nell (Jodie Foster en Liam Neeson) gekyk.  Dit handel oor ‘n jong vrou wat ontdek word nadat haar ma sterf.  Sy was nog nooit in aanraking met enige iemand anders nie en het nog nooit die beskawing gesien nie.  Sy praat een of ander onverstaanbare taal.  Haar ma het ‘n beroerte gehad en was verlam aan die een kan van haar liggaam.  Dit het haar spraak aangetas.  Daar is later aangeneem dat Nell se taal ‘n vermening was van hoe haar ma gepraat het en tweelingtaal.  Haar identiese tweeling is as kind dood.

Twee dokters moet besluit of Nell in ‘n inrigting opgeneem moet word en of sy in staat is om op haar eie te oorleef.  Haar verstandelike vermoë word betwyfel omdat sy onverstaanbaar babbel en soms vreemd optree.  Hulle verstaan nie wat met haar aangaan nie, dus moet daar met haar fout wees. 

Ironies, nie waar nie.  Die oomblik wanneer ‘n Amerikaner – wag, laat ek regverdig wees – ‘n mens  met iets gekonfronteer word wat hulle nie verstaan nie, is dit verkeerd.  Daar skort nooit iets met die mens se begrip nie, as dit nie in die algemene blokkie pas nie, is dit foutief.  Klaar!  Daar word nie ‘n rede gesoek nie, niemand stel belang in ‘n verklaring nie. 

Ek moet toegee dat die mens dit altyd probeer regstel.  Die enkeling of minderheid word teen alle kostes gehelp.  Iemand besluit wat vir hulle die beste is, sonder om in ag te neem dat hulle moontlik self weet wat die beste is nie.  Hulle versorging word uit hulle hande geneem, hulle besluitneming word beperk, hulle menswaardigheid word hulle ontneem.  Net omdat diegene wat hulleself as intellektueles beskou iets gekry het wat bokant hulle intelligensie is.

Hoekom?  Is dit vrees?  Vir wat, om te erken ek weet nie en my teorieë kan verkeerd wees?  Is dit dalk omdat dit skrikwekkend is dat iemand buite die mens se raamwerk kan oorleef en selfs dalk gelukkig kan wees?  Kan ‘n mens ‘n oordeel vel oor ‘n ander se lewenswyse?

Breinvasbrand:  Wie het “The Jungle Book” geskryf?

Breinlosbrand:  Eureka.


Aksies

Information

21 responses

16 11 2009
Olga

rudyard kipling

16 11 2009
Sebastiaan

Laat hy of sy wie sonder sonde is die oordeel vel. Wie anders kan?

16 11 2009
Xena Phoenix

Basjan

Dit is juis die punt hier. Die anders mense het juis nie gesondig nie. Hulle is net anders, onverstaanbaar.

16 11 2009
Sebastiaan

Ek is genyg om gou my vinger te wys ook. Net om agterna te bessef ek is nie sonder sonde nie.

16 11 2009
Sebastiaan

Besef

16 11 2009
Sebastiaan

Was kipling nie n digter nie?

16 11 2009
riaan

Woa!wat gaan hier aan? dis sowaar n eerste! al die rotte die skip verlaat? sink die skip alweer?

17 11 2009
Spinnekop

Dit gebeur nie net met onverstaan bare tale nie dit gebeur met afrikaners wat engels praat en dit met n regte vrystaat engelse aksent. Onmidellik is die persoon dom of so iets omdat die mensdom dit wil glo. Almal propageer dat nie almal die selfde is nie dit is nog al n algemene gesegde maar as iemand anders is dan sal die selfde ou wat daardie gesegde het se dat die persoon moet verander om die selfde soos hy te wees snaaks ne.

17 11 2009
Xena Phoenix

Spinnekop

Daar praat jy die waarheid. Gelukkig gaan ‘n mens nie groendakkies toe daarvoor nie.

‘n Sielkundige het my eendag vertel hoe sy die skrik van haar lewe gekry het toe haar seun mense geteken het sonder hande. Dit is blykbaar ‘n teken van ‘n kind wat nie genoeg liefde kry nie. Sy het hom darem eers uitgevra oor hoekom sy mense nie hande het nie. Die antwoord? Hy kry dit nie reg om hande te teken nie.

17 11 2009
Olga

hoe meer dae, hoe meer dinge. ek wonder hoekom oenskynlik afrikaanssprekende mense opsluit engels praat. praat afrikaans. met trots. dis suid afrika, die land met 11 amptelike tale. as die wiinkelklerk, ontvangs dame, wat ookal nie afrikaans magtig is nie, hoort hy of sy nie in die pos nie.

17 11 2009
Girl van die Suburbs

Ek reken dit gaan nie so seer oor raamwerke nie. Daar is individue wat kan funksioneer in ‘n samelewing maar dan is daar wat ‘n gevaar is vir hulle self. Die wat in gevaar is moet wel opgeneem word. Onthou gevaar verwys ook na die onvermoee om hulself te beskerm … daar is individue wat hulle sal leed aandoen.

17 11 2009
Xena Phoenix

Nell

Wie maak die besluit of hulle vir hulleself kan sorg? As hulle 20 jaar lank op hulle eie gelewe het en oorleef het, is dit mos ‘n bewys dat hulle vir hulle self kan sorg.

Die kwaliteit van selfversorging is dalk ‘n maatstaf. Ek sal bv glad nie gemaklik voel as iemand saam met die honde uit hulle bakke eet nie. Dus is ek seker self skuldig.

Hulleself beskerm? As dit die maatstaf is, hoort ten minste 80% van SA in inrigtings.

17 11 2009
Girl van die Suburbs

Maar hulle oorlewing as meeste van die tyd nie in die samelewing nie. Nou is daar ander mense. Tegnologie en ander faktore soos motors, wapens ens… Hulle moes nooit dit in ag neem nie… nou moet hulle en in meeste gevalle is daar tog ‘n mate van brein skade of onder ontwikkelde breinfunksie wat maak dat hulle nie in ONS wereld kan funksioneer nie.

Hulle het verseker beskerming nodig…. Fisies, emosioneel en verstandelik.

17 11 2009
Spinnekop

Olga

Daar is 11 amptelike tale waarvan afrikaans een is. As iemand na jou kom en enige een van die ander tien praat en jy kan nie met hom praat nie en hy dring daarop aan om in Zoeloe of n ander swart taal gehelp word dan is engels seker maar ok want tenminste kan baie mense met n gebroke engels in suid afrika wel n woord of drie uit kry maar min blankes kan enige een van die ander swart tale praat wat nog van almal. So ek dink dit is onregverdig om van almal in suid afrika te verwag om afrikaans magtig te wees. Dit is wel stupet as twee afrikaans kan praat en dit wel nie doen nie

17 11 2009
Selene Phoenix

Goeie more julle!!

Dis moeilik om te kan sê of mense “aanvaarbaar” is of nie… kyk hoeveel mense kom uit as monsters wat saam mense gebly het wat niks agter gekom het nie!!

Dis scary!! Jy lyk dalk “fine” maar diep binne is jy ‘n monster wat nie saam ander hoort nie.

So net omdat sy dalk anders is beteken nie sy hoort nie saam die beskawing nie… maar ons sal haar dalk nie aanvaar nie, wat verkeerd is.

17 11 2009
Xena Phoenix

More Selene

Jou lanklaas gesien.

Aanvaarbaar is ook ‘n baie moeilike begrip om te definieer.

17 11 2009
Olga

dikwels is diegene wat nie hulself kan versorp nie, in groter gevaar in die einste plek waar hul veronderstel is om veilig en versorg te wees.

17 11 2009
Xena Phoenix

Olga

Dit is ook die reine waarheid daardie. Die wetters kies mos dikwels slagoffers wat op hulle hulpelooste is. Hulle sorg dat hulle in sulke vertrouens posisies in kom.

17 11 2009
Xena Phoenix

Dit is juis my punt. Ons lewe in n gemeenskap wat op die meerderheid gebaseer is. Die meerderheid is nie die enigste manier nie.

Wat bepaal of die persoon normaal is. Toetse wat vir die meerderheid ontwerp is. Deur n persoon wat fout soek by die voorwerp (hulle word selde as mense gesien). As die evalueerder niks kry wat hy ken of in n boks gedruk kan word nie, moet daar fout wees.

Die voorwerp kan selfs intellektueel, fisies en geestelik sy meerdere wees. Die toetse was dalk glad nie toepastelik nie.

Wie het die reg om die voorwerp in die beskawing te dwing. As hy dalk jare / dekades lank bv in n grot gewoon het en niemand gepla het nie, hoekom hom nie los nie. Hy is dalk heeltemaal in staat om self oor sy welsyn te kan besluit.

17 11 2009
Girl van die Suburbs

Xena… Die mens en tegnologie en ontwikkeling sal selfs daardie persoon erens te na kom deur dit wat hy ken weg te neem… As wat hy ken as realiteit weg geneem word dan het hy hulp nodig.

Hulle het geen redenasie vermoee nie en kan dus nie oor hul welsyn besluit nie.

17 11 2009
Xena Phoenix

Die feit dat hulle nie hulle redenasie kan uitdruk nie, beteken nie dat hulle nie kan redeneer nie.

Ek hou wel van jou redenasie. Sit al die tegnologies gestremdes en tegnofobe uit. Hulle ly. :mrgreen:

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: