Te goed om waar te wees?

15 11 2009

Daar is seker ‘n afgryslike straf om as naïef gesien te word.  Party mense sal enige iets doen om dit te vermy.  Dit is veiliger om te glo dat iets wat te goed lyk om waar te wees, onwaar moet wees.  Die teendeel gaan vrae vra waarvoor daar nog geen antwoord is nie.  Daarom moet die fout by hulle oë wees wat hulle beslis bedrieg.

Dit is geen nuwe konsep nie.  Ek was die volgende storie as die reine waarheid vertel.  In Cullinan, 26 Januarie 1905, het Frederick Wells ‘n deurskynende steen ongeveer 9 m ondergronds gekry.  Hy het dit opgewonde aan sy hoof gewys, wat dit een kyk gegee het en dit toe by die venster uitgegooi het.  Mooi klippe is goed en wel, maar hy is betaal om diamante te myn.  So groot diamand is net nie moontlik nie.

Buite die venster het iemand dit opgetel en huis toe gevat.  Hy het jare terug sy vrou die grootste diamant in die wêreld belowe en nou kan hy darem ‘n poging aanwend om die belofde na te kom.  Kan julle die toneel voorstel?  Jy is besig met jou sleurtakies voor aandete.  Jou man kom in en gee jou die diamant wat hy in julle hofmaakdae belowe het.  Jy raak eers opgewonde tot hy vir jou lag en vertel dit is net ‘n klip.  Die volgende dag is hy terug werk toe daarmee.  Moontlik sodat iemand anders dieselfde storie vir sy vrou kan gaan opdis.

Iemand doen verdere toetse en skielik is die onwaarskynlike ‘n voldwonge feit.  Die klip is ‘n 3106 karaat diamant.  Ek is seker daardie man was toe bitter spyt dat hy dit nie by sy vrou gelos het nie.  Mooi klippe was daardie tyd nie verkoop nie en groot diamante ook nie.  Die Transvaalse regering het brownie points nodig gehad en het die diamant as ‘n geskenk vir Koning Edward VII.  Dit was later in 9 groot stene en verskeie kleiner steentjies verdeel.  Vandag nog is dit die grootste diamant wat nog gekry is en pryk dit trots in die Britse kroonjuwele.

Wat sê jy vir jou vrou as die waardelose klip wat jy haar gegee het, nou goed genoeg is vir die Britse Kroon?  Wat doen jy jou man aan na so ‘n voorval?

Om te dink, dit is beslis nie die enigste diamant wat met soveel minagtende ongelowigheid behandel was nie. 

Breinvasbrand:  As wat staan die diamant bekend wat deur Erasmus Jacobs in 1867 naby Hopetown opgetel is?

Breinlosbrand:  Simon van der Stel was op die skip, Cappel, ter see gebore.





Oplossing 007

15 11 2009

Algemene Kennis

  1. Constantia (dit is eers heelwat later verdeel).
  2. Bobby Godsell (Olga/Maxie)
  3. George Washington, Thomas Jefferson, Theodore Roosevelt en Abraham Lincoln (Olga/Maxie)
  4. Darren Rajbal (Olga/Maxie)
  5. Die Nyl Rivier (Olga)

Uilspieel

  1. David Webb – die ander name is sy skuilname in die Bourne reeks (Maxie)
  2. Mina Moe –  die ander se stemme was deur Verna Vels gedoen (Maxie)
  3. AB de Villiers is ‘n krieketspeler, die ander is rugby spelers (Olga/Maxie)
  4. Enough – Jennifer Lopez het daar die hoofrol gespeel en Jodie Foster het in die ander (Maxie)
  5. Bathurst –  die ander is kusdorpies (Maxie)

Liedjiepret

  1. Spieëltjie, spieëltjie aan die wand – Bobby van Jaarsveld
  2. Groen Trui – Jan Blohm (Olga/Maxie)
  3. Rooi rok bokkie – Cambells (Olga)

Bonus: Sonbrilletjies van Al Debbo /Cora Marie (Olga/Maxie)

Nommer kopkrap

9 & 13 (Maxie)

Toor met Woorde

  1. Ekstra betrekking buite en behalwe jou gewone werk (Olga/Maxie)
  2. Desibel (Olga/Maxie)
  3. Olga:  Bylpik   Maxie:  pynpil; pynlik; lykwit; rympie; ryklik; wyslik; vyftig; pylgif; lykgif; lykkis; lyflik; tydjie; syerig; bylpik; ryplik; dynsig; syskip; rytuig
  4. Ek sal volgende week ‘n leidraad gee