Koerant Brokkies

11 11 2009

Op ‘n hartseer noot, 3 sussies is wees gelaat nadat die Meintjies gesin op ‘n ongeluk op die N1 betrokke was.  ‘n Motor het teen ‘n stink spoed ‘n ry karre verby probeer steek toe daar skielik van voor ‘n motor gekom het.  In die haas om terug in sy baan te kom, het hy teen die Meintjiese gebots.  Die Avanza waarin die gesin was het omgetol en die gesin uit die motor geslinger.  Die pa, Ringo, en ma, Renchia, is dood en twee van die kinders, Calista (10) en Cresentia (22 maande) is ernstig beseer.  Hulle weet nog nie dat hulle ouers dood is nie.  Chirene (9) vertel dat sy wakker geword het toe die “kar gespin en geval het”.

Na ‘n hofgeding is daar besluit dat ‘n Londonse baba se ventilator afgesit kan word.  Die seun is met spierswakte gebore  (Okt 2008) en was sedert geboorte aan ‘n ventilator.  Sy pa het die besluit van die dokters en die kind se ma beveg.  Die regter het toe besluit dat dit die beste is dat die kind eerder sterf. 

Die Maroga saga duur voort.  Sy bedanking is nog steeds geldig, soos hy gister agter gekom het toe hy vir werk opdaag.  Die direksie het gekeer dat hy die perseel mag betree. 

Nog ‘n vrou is blykbaar deur die polisie verkrag.  Die vrou van Rustenburg wat ‘n seun van 18 maande was gearresteer omdat sy glo van haar vorige liefde gesteel het.  Sy het gevra om badkamer toe te gaan, waar sy verkrag is.  Daar is 4 polisiemanne (1 verkragter + 3 wat weggekyk het) gearresteer.  Hulle is nie geskors nie.  Die vrou het ook ‘n siviele klag aanhandig gemaak en word deur dieselfde prokureur as die vrou van die Oosrand verteenwoordig.

En verder is ook maar same old, same old.


Aksies

Information

5 responses

11 11 2009
Olga

ek hoop die direksie aanvaar maroga se bedanking 157% en stuur dietse forum en datse raad en al die ander inmengers om in boom str op n warmgepoepte stoel te gaan tou sit. goedso. moere! ek hoop slim vang sy baas. hulle moet beslag le op sy bates en die van sy gatgabbas en eskom se geld uit hulle wurg.

11 11 2009
demoerin

Nuwe dag…. selfde ou kak.

11 11 2009
J W W

ek lees nie koerant nie…. ek haat koerant lees…. nou kry ek dit nog hier ook !!!! 😦

11 11 2009
Xena Phoenix

Arme jy, JWW

Daar is darem 2 posts ‘n dag. Jy hoef darem nie te ly nie

11 11 2009
Wille Kjind Q

Dankie tannie beeld. Sonner jou sou ek blindelings inni wereld rond gedwaal het

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: