Hulle sê ‘n suksesvolle man is iemand wat meer geld kan maak was wat enige vrou kan uitgee. ‘n Suksesvolle vrou is iemand wat ‘n suksesvolle man gekry het.
Iemand het eendag gesê dat dit nie saak maak of jy R800, R8000 of R80 000 ‘n maand verdien nie. Jou geld gaan so lank hou as wat die maand lank is. Ek dink die punt is dat mense geld sal uitgee vir solank hulle dit het. Hoe meer hulle het om mee te begin, hoe duurder gaan hulle gemors wees wat hulle koop. En ironies, hoe groter die skuld wat hulle aangaan.
As ‘n mens hulle dus suiwer aan hulle skuld neem, is die sogenaamde ryk mense waarskynlik slegter af as die arm mense. Kan ‘n bate wat op skuld gekoop is, steeds as ‘n bate tel. As ek aan my rekeningkunde terugdink, onthou ek van Bates wat gelyk is aan Eienaarsbelang en Laste. As die Eienaarsbelang 0 is, is Bates gelyk aan laste. Dit is dus niks werd nie.
Daarom salueer ek vandag almal wat binne hulle inkomste lewe. Ek haal my hoed af vir almal wat nie ‘n sent skuld het nie. Ek bedoel nie ‘n huis of karpaaiement nie. Die staande applous gaan aan diegene wat nog geld aan die wat dit nodig het kan uitdeel en self nog iets vir hulle oudag kan bêre. Iemand wat finansieël gevestig is, is iemand wat al die voorafgenoemde kan doen en ‘n noodfonds van 3 maande se salaris kan wys.
Bestaan daar sulke mense? Hulle kry die Herriemerrie toekenning vir Bewonderingswaardig.
Breinvasbrand: In die Merchant of Venice, waarmee sal Antonio Shylock betaal as hy nie op die spesifieke dag die terugbetaling kan maak nie?
Breinlosbrand: Spektrofobie
Ek kanniti glo nie! Eks wragtag eerste
Ek het nou wel nie drie maande se pay in my spaar rekeing nie ma ek sal dam vi tenminste 2 maande kan survive
Naandse.
N pond van sy vlees?
Jy reken olga?
Ek dink so. Ek gorrel.
Praat jy met jouself olga?
Uitfreakineindelik tuis.
Ek dink ek raak nou te oud vi die storie
But then again……. Wie gat die oumensies bad, hul hare was en makeup 😕
sjym wk, jy verdien brownie punte in al die regte toetse. sterkte. ek is seker die oumensier waardeer dit opreg.
Ek hoop net my kjinners smyt my nie weg eendag nie. Meeste van daai oumensies het familie maar sien hulle net ‘n paar keer ‘n jaar. As jy da instap, dan check jy somme wies die ‘nuwe’ oumensies. Hul familie lede kom kuier aani begin redelik gereeld. dan skip hulle ‘n week, dan ‘n maand en eventualy kom hulle net nie mee nie.
Mense vigeet dat hulle ook eendag oud ga word
More more
Hi ho hi ho
It’s off to work I go
More
Willes – daai tyd vani aand make-up ? All dressed up and nowhere to go ?
Jy salli glo watse verskil dit maak nie. Daai mensies voel maar erg verstoot
Ekke wil ook so boom hê !
Klip
ek speel nie krieket nie – ek hou die score
Jip… my baas!
Hy leer my al ewig lesse… dis hoe ek weet. Die man is regtig skuld vry… skuld niks nerens nie. Huis en karre al afbetaal!
Kyk… ek het al begin notas maak! 😉
Ek dink ons moet Vlam vra of daar nie sulke bome in die woestyn iewers wegkruip nie ❓
En dan gaan die arme Angola nooit weer dieselfde wees nie.
Ek sit nou lekka in training. Beter assi beste dag byri werk
Ek sien hoe word jy getrain. Op jou selfoon.
Hey! Hey! Ek watch julle met my hout oog
Sy het nie gesê watse training nie