Hoekom wil jy as ek jou breek my aanrand?
Almal weet dat as jy ‘n spieël breek dat jy 7 jaar lank deur die ongeluk getref gaan word. Al ooit gewonder waar kom die storie vandaan?
Blykbaar gee ‘n spieël nie ‘n weerspieëling van jou bakkies nie, maar eerder van jou siel. Wanneer jy dus ‘n spieël breek, breek jy jou siel. Daar is dan niks om jou van onheil te beskerm nie, dus gaan die ongeluk jou ry. Daar is darem ‘n ligpuntjie aan die einde van die tonnel. En nee, dit is nie die duiwel met ‘n flits nie. Jou siel word elke 7 jaar hervorm.
Interessant. Ek wonder nou net wat gaan gebeur as jou huidige siel dalk 6 jaar oud is?
Jy kan natuurlik die vloek breek. Een manier is om die spieël te begrawe sodat niks daarin weerspieël kan word nie. Anders kan jy die spieël vergruis tot dit net stof deeltjies is.
Klink na moeite. Ek dink ek gaan spieëls vermy.
Het jy al ‘n spieël gebreek? Het die ongeluk jou gery?
Breinvasbrand: Wat word die vrees vir spieëls genoem?
Breinlosbrand: Olga was reg met Levi Spear Parmley.
Wie runnik saam?