Daar is ‘n fyn lyn tussen goeie persoonlike higiëne en kompulsiewe obsessiewe gedrag.
Een van die beste maniere waarop siektes voorkom kan word, is om gereeld hande te was. Die siektes wat babas dikwels in hospitale opdoen is dikwels die direkte oorsaak van een of ander versorger wat nie hulle hande gewas het nie. Gereeld hande was is ook die een aksie wat effektief verkoues en griep kan beveg.
Te van ‘n goeie ding, is ook nie meer goed nie. Daar kan, snaaks genoeg, te veel klem op persoonlike hygiene geplaas word. Dit is seker die oomblik waar jy ‘n pyn nie net vir jouself, maar ook vir ander mense word.
‘n Bietjie bakteriee het niemand al doodgemaak nie. Die teendeel kan selfs waar wees. Vraag is waar is te veel waar hygiene te sprake is? Watter gewoontes laat dalk veel te wense oor? Waar val jy?
Breinvasbrand: Wie het eerste vorm van tandeflos uitgevind nadat hy in 1815 voorgestel het mense moet met sy flos tussen hulle tande skoonmaak?
Breinlosbrand: Olga was reg met Glossophobia.
Wie runnik saam?