Boelie onnies

8 11 2009

The average person at a funeral would ather be in the casket than doing the eulogy.  – Jerry Seinfeld

Seker net geuiter om die gehoor te laat skater, maar tog is dit oor die algemeen waar.  Vir die meerderheid van mense is die dood minder vreeswekkend as om voor ‘n groep mense te praat.  Hoe meer mense daar is, hoe meer skrikwekkend die hele aangeleendheid.  Snaaks ook dat dit erger is om voor die gehoor jou mond oop te maak as om uit die gehoor uit jou mening te gee. 

Die vrees laat my altyd aan ‘n insident dink wat in st 3 (nou gr 5) gebeur het.  Soos dit maar op skool die geval was, moes ons van tyd tot tyd ‘n praatjie lewer.  Die een meisie het volstrek geweier om te praat.  Kom ons noem haar maar Betsie.  Betsie het gehoorsaam voor in die klas gaan staan.  Sy het (soos ‘n paar keer in die verlede) begin huil in plaas om met haar praatjie te begin.  Die Engelse onderwyseres het dan ook kliphard aan die huil gegaan, tot groot vermaak van die klas.  Wanneer die gelag bedaar het, het Betsie weer van vooraf gehuil.  Die onderwyseres het ook weer van vooraf begin.  Die storie was die hele periode uitgerek gewees. 

Ek het seker geen reg om vingers te wys nie, ek het kliphard saamgelag.  Vandag vul die dag my met skaamte.  Vandag kan ek die onderwyseres se motiewe bevraagteken.  Sy was alreeds in haar laat 50’s toe dit plaasgevind het.  Betsie was 10 jaar oud gewees.  Watter doel het die vernedering gedien?  Ja, ‘n klas vol 10 jariges was vermaak, maar ‘n benadeelde 10 jarige was dalk finaal gebreek. 

Betsie was een van daardie kinders wat nooit ‘n regverdige kans in die lewe gekry het nie.  Sy was nie juis ‘n kind gewees van wie hoë of selfs gemiddelde punte verwag is nie.  Sy was nie iemand wat as stout gemerk kon word nie.  Sy was wel iemand op wie gepik kon word sonder dat daar ooit nagevolge sou kom.  Haar ouers was arm, met geen begeerde om hulle lewe te verbeter nie.   Nie die tipe mens wat sou opstaan vir die regte van hulle kind nie.

Ek wonder dikwels wat van Betsie geword het.  Sy het st 4 gedop en ek het haar laas in st 5 gesien.  Ek kan wel raai en dit is nie ‘n rooskleurige prentjie nie.  Ek twyfel of sy ooit gr 10 gesien het op ‘n skoolbank.  Ek wonder of sy al ooit gewerk het.  Ek reken sy het ‘n paar kinders, wat almal in haar voetspore gaan volg.  Soos sy in haar ma se spore waarskynlik gevolg het.

Daardie onderwyseres was nie die enigste onderwyser wat op Betsie gepik het nie.  Sy kan seker nie al die skuld dra vir die mens wat Betsie waarskynlik vandag is nie.  Wat sou gebeur het as sy Betsie met simpatie behandel het?  Kon sy haar dalk die wil gegee het om vir ‘n beter toekoms te veg?  Die hoop vir ‘n beter lewe? 

Wat weeg swaarder?  Die 30 kinders wat gedink het Juffrou is snaaks en pret of daardie een kind wat sy daardie dag gebreek het?

Breinvasbrand:  Wat word die vrees om in die openbaar te praat genoem? 

Breinlosbrand:  Olga was reg dat Blommeland en die Silwer Roos deur Der Rosen Kavalier geinspireer is.


Aksies

Information

19 responses

8 11 2009
Olga

Glossophobia.

8 11 2009
Olga

ai, dan het ek nogal gedink dat die spesifieke onnie so oulik was. dis snaaks hoe dat ñderwysers altyd saam teen n kind staan ne- bring jy n klagte teen 1 in en kyk hoe die amder laer trek om die skepsel wat aangekla word. ek het hulle nooit die geleentheid gegee om te gangbang nie. n kind is die toekoms. soos n kind grootword of+behandel word, gaan+bepaal hoe hy of sy op hulle beurt kinders grootmaak of behandel.

11 11 2009
Xena Phoenix

Olga

Sy was seker oor die algemeen ‘n goeie onderwyseres gewees. Vir die meerderheid, die gewone bevoorregte kinders. Die weerlose kinders het niemand wat regtig omgee nie.

9 11 2009
demoerin

Onderwyser wees, veral op laerskoolvlak vat ‘n baie spesiale persoon. Ek dink menige kind is al deur ‘n ongevoelige/ongeduldige onderwyser gebreek. Dit is baie sad, maar baie waar.

9 11 2009
Girl van die Suburbs

Ek voel soos ‘n ja-broer … maar ek stem volkome saam. Daardie persoon vorm deel van die kind se maak of breek jare.

Ek self het op laerskool ‘n stel afgetrap met so ‘n ou dom feeks… gelukkig het die departement van onderwys ook nie gedink dis snaaks nie en sy is afgedank!

9 11 2009
demoerin

Jy mag maar saamstem… ek sal nie charge nie.

11 11 2009
Xena Phoenix

Ek wonder nog altyd hoekom word voornemende onderwysstudente nie gekeur nie?

9 11 2009
Girl van die Suburbs

😆 Ek laaik mos van anders wees…. 😉

9 11 2009
Jayde

More

9 11 2009
Skoor

Mmm. Dis nogal ‘n hartseer storie wat jy hier neergetik het.

Betsie is tien teen een vroeg uit die skool omdat sy swanger geword het. Sy het al 4 kinders, en is swanger met nr.5.

Sy lewe die lewe wat sy as voorbeeld gekry het om te lewe? Geneties in haar sisteem vir haar soos ‘n padkaart getrek.

11 11 2009
Xena Phoenix

Ek dink ook daardie storie.

Hopenlik word hulle bose kringloop iewers gebreek.

9 11 2009
Selene Phoenix

Goeie more julle!

Jayde
Baie geluk met jou verjaarsdag (wat verby is)!! ♪♫♪♫♪
Hoop jy het ‘n baie lekker dag gehad, en was lekker vet bederf!!! 🙂

Topic
‘n Mens besef altyd te laat watse skade jy veroorsaak het, en om op ‘n kind te pik is laag – ek hoop daai onnie het baie skaam gekry en besef wat sy gedoen het.

9 11 2009
Jayde

Baie dankie Selene

9 11 2009
Olga

as dit n onnie van in die 50 was, was bettie verseker nie die eerste of die laaste kind wat so afgekraak was nie. maar nou ja. die ander onderwysers sou die ene beskerm het en al die skuld op bettie gepak het. ouers is mos bang n onnie gaan whaaaaa skree.

9 11 2009
Olga

daar was die onderwyser by die laerskool waar my kinders was. hy is n groot man. 1.8m plus. ek dink dit kon sy eerste onderwys pos gewees het. in elk geval, hy het sag gepraat. hy het oor en oor verduidelik. hy het nie geaarsel om die roede te gebruik nie. maar weet julle, hy het n kind aan die arm gevaj en hulle agterente aan die brand geklap met sy hand. m.a.w hy het elke hou gevoel wat hy geplant het. tog het ek nooit gehoor dat hy n lat of iets dergeliks gebruik het nie. tog, het ouers en kinders hom beskinder. hom n moffie genoem. hy het so 12 jaar gelede vir almal tong uitgesteek deur met n vrou te trou. hulle is steeds getroud. hy het 3 uit 4 van my kinders op fb geadd. hy het nie vir die 4de klas gegee nie. tog, hy het haar skoolloopbaan ook gevolg. die man, is volgens my n onderwyser. ek saluut hom beslis.

9 11 2009
riaan

onderwysers staan deesdae in die beroep net vir n salaris en die voordele wat beter as in die beroepsmark en natuurlik die ure. daarom is die kinders se welvaart en geleerdheid sekonder.

9 11 2009
ingrid

Ek stem saam dat die onnie ongevoelig was en beslis nie moes skool gee nie, dis ongelukkig dat daar al meer en meer sulke dinge gebeur. Dan kyk ek ook na die aanmerking oor die genetika. Ek het die naweek ‘n briljante seun ontmoet (13) en dit was sad om teen Sondag aand te wonder wat van hom gaan word. Sy ouers glo nie in tersiere opleiding nie, inteendeel hulle sien geen rede waarom die seun verder moet skool gaan nie 😦

10 11 2009
Wille Kjind Q

Ingrid

Dis blerrie sad!!

11 11 2009
Xena Phoenix

Ingrid

Dit is bekotsingswaardig

Wat gaan ‘n 13jarige doen sonder enige verdere geleerdheid? Wat is hy veronderstel om nou met sy lewe aan te vang? En hoe gaan hy eendag ‘n gesin onderhou.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: