Boelie onnies

8 11 2009

The average person at a funeral would ather be in the casket than doing the eulogy.  – Jerry Seinfeld

Seker net geuiter om die gehoor te laat skater, maar tog is dit oor die algemeen waar.  Vir die meerderheid van mense is die dood minder vreeswekkend as om voor ‘n groep mense te praat.  Hoe meer mense daar is, hoe meer skrikwekkend die hele aangeleendheid.  Snaaks ook dat dit erger is om voor die gehoor jou mond oop te maak as om uit die gehoor uit jou mening te gee. 

Die vrees laat my altyd aan ‘n insident dink wat in st 3 (nou gr 5) gebeur het.  Soos dit maar op skool die geval was, moes ons van tyd tot tyd ‘n praatjie lewer.  Die een meisie het volstrek geweier om te praat.  Kom ons noem haar maar Betsie.  Betsie het gehoorsaam voor in die klas gaan staan.  Sy het (soos ‘n paar keer in die verlede) begin huil in plaas om met haar praatjie te begin.  Die Engelse onderwyseres het dan ook kliphard aan die huil gegaan, tot groot vermaak van die klas.  Wanneer die gelag bedaar het, het Betsie weer van vooraf gehuil.  Die onderwyseres het ook weer van vooraf begin.  Die storie was die hele periode uitgerek gewees. 

Ek het seker geen reg om vingers te wys nie, ek het kliphard saamgelag.  Vandag vul die dag my met skaamte.  Vandag kan ek die onderwyseres se motiewe bevraagteken.  Sy was alreeds in haar laat 50’s toe dit plaasgevind het.  Betsie was 10 jaar oud gewees.  Watter doel het die vernedering gedien?  Ja, ‘n klas vol 10 jariges was vermaak, maar ‘n benadeelde 10 jarige was dalk finaal gebreek. 

Betsie was een van daardie kinders wat nooit ‘n regverdige kans in die lewe gekry het nie.  Sy was nie juis ‘n kind gewees van wie hoë of selfs gemiddelde punte verwag is nie.  Sy was nie iemand wat as stout gemerk kon word nie.  Sy was wel iemand op wie gepik kon word sonder dat daar ooit nagevolge sou kom.  Haar ouers was arm, met geen begeerde om hulle lewe te verbeter nie.   Nie die tipe mens wat sou opstaan vir die regte van hulle kind nie.

Ek wonder dikwels wat van Betsie geword het.  Sy het st 4 gedop en ek het haar laas in st 5 gesien.  Ek kan wel raai en dit is nie ‘n rooskleurige prentjie nie.  Ek twyfel of sy ooit gr 10 gesien het op ‘n skoolbank.  Ek wonder of sy al ooit gewerk het.  Ek reken sy het ‘n paar kinders, wat almal in haar voetspore gaan volg.  Soos sy in haar ma se spore waarskynlik gevolg het.

Daardie onderwyseres was nie die enigste onderwyser wat op Betsie gepik het nie.  Sy kan seker nie al die skuld dra vir die mens wat Betsie waarskynlik vandag is nie.  Wat sou gebeur het as sy Betsie met simpatie behandel het?  Kon sy haar dalk die wil gegee het om vir ‘n beter toekoms te veg?  Die hoop vir ‘n beter lewe? 

Wat weeg swaarder?  Die 30 kinders wat gedink het Juffrou is snaaks en pret of daardie een kind wat sy daardie dag gebreek het?

Breinvasbrand:  Wat word die vrees om in die openbaar te praat genoem? 

Breinlosbrand:  Olga was reg dat Blommeland en die Silwer Roos deur Der Rosen Kavalier geinspireer is.





Ek hou van skemer

8 11 2009

P1000005

P1040570

P1050678

P1070277





Oplossing 006

8 11 2009

Algemene Kennis

  1. Spies van die nasie. (Olga/Maxie)
  2. Topsy Smith en Bettie Naudé (Olga/Maxie)
  3. 7 December 1977 (Olga/Maxie)
  4. Chess (Olga/Maxie)
  5. Dianne Muller is Glenn Algliotti se voormalige verloofde (Olga/Maxie)

Uilspieel 

  1. Hard to be humble – Dit is deur Mac Davis gesing, die res is deur Don McLean. (Olga/Maxie)
  2. Boris Becker – Duitse tennis speler, die ander is Amerikaans (Olga – maar ek hou baie van Max se antwoord)
  3. Ettie Bierman –  Eleanor Baker het onder haar eie naam en Christine le Roux geskryf (Olga/Maxie)
  4. Victor Matfield –  Hy is in Polokwane gebore, die ander twee in Bloemfontein (Maxie is baie naby aan reg)
  5. Vancouver – is ‘n stad in Kanada, die ander is Amerikaanse state (Olga/Maxie)

Liedjiepret

  1. Some people – Cliff Richard (Party Mense)
  2. If you wanna be happy – Dr Victor / Jimmy Soul (Olga)
  3. Dancing on the Ceiling – Lionel Ritchie (Olga/Maxie)

Bonus:  Olga – No answer – Aeon Spoke.  Maxie –  Money makes the world go round – R.  Kelly, Reason for living – Westlife

Nommer kopkrap (gee die vermisde nommers)

 27 & 64 (Olga/Maxie)

Toor met Woorde

  1. Rooms Katoliek
  2. Afwesig met verlof (Olga)
  3. Bywyf
  4. ASSEBLIEF (Olga)