Pokkelwyntjie bitch

6 11 2009

P1060353

Maatjies, het julle al van pokkelwyne gehoor?  Ek sê vir julle, daardie Kaapplek is op ‘n ander planeet.  Sien julle, ek ken van groot woorde.  Planeet.  My maatjies beteken dat dit ‘n ander plek as die aarde is.  Amper soos die Gifappeltjieland op die maan, maar nie heeltemaal nie.  Ek was al op die maan en die Kaapplek.  Die perse sal so jaloers wees as sy kyk.

Tannie Ougat wou gaan pokkelwyne kyk het in die Kaapplekke.  Ek wou saamgaan, baie grootmense noem wyn mos rooi koeldrank.  Tannie Ougat weet mos ‘n drink net rooi koeldrank.  Tannie Ougat het die kar verweg parkeer toe moes ek weer die Olga sak dra.  Die pokkelwyne is op hulle eie bitch. 

P1060354

Die mense daar is ook maar lekker dom.  Hulle sê die bitch is deel van die stoelberg.  Dommies.  Die bitch is by die see, nie by die berg nie.  🙄  Almal weet ‘n mens kry net bitches by die see. 

P1060484

Die Tannie-Oom het gesê heksies word nie op die bitch toegelaat nie.  Gmf!!!  😈  Hy sê die pokkelwyne gaan vir my skrik en dan gaan hulle glad nie eiers lê nie.  👿  Watter tipe heks dink hy is ek?  Die ou perse?  Ek wou hom goed sy fontein gevertel het, toe sê Tannie Ougat vir hom ek gaan hom toor.  Hy het gesê ek kan ingaan as ek hom R35 gee.  Maatjies, as ek my toorwoorde kon onthou het ek hom net daar ‘n vattewyn gemaak.  Ek is ‘n slim heks, ek weet alles van kosmorsie af.  Hy is kosmors!  😡

P1060367

Die pokkelwyne was toe nooit rooikoeldrank nie.  Hulle is eintlik bitchhoenders.  😯  Hulle lê tot eiers en swem in die see.  Hulle loop soos mense wat nie hulle broeke opgetrek het nie.  Hie Hie Hie.  Ek het gedink hulle gaan omkap.  Ek wil met hulle gaan speel het, maar Tannie Ougat het gesê hulle gaan my opeet.  Hulle is voëls, maar kan nie vlieg nie.  Weird.

Ek wil ook enetjie hê!!!!  Boe hoe hoe hoe.  😥  Tannie Ougat sê hulle moet altyd op die bitch bly.  Jok sy dalk, maatjies?

Amper vergeet ek.

Veelsgeluk Tannie Jodel (Jayde)

Omdat jy vervel!

Ek hoop jy kry ‘n pokkelwyntjie

Wat dan maar by my kan kom bly.

Breinvasbrand:  Watter opera het as inspirasie gedien vir die skepping van Liewe Heksie?

Breinlosbrand:  ‘n Fluit – ‘n hoë noot afgewissel met ‘n lae noot.  Rustig was die naaste aan reg.





Koerant Brokkies

6 11 2009

Huisgenoot se prokureurs sukkel beslis nie met die ressessie nie.  Hulle dreig op die oomblik Finesse oor Morne Steyn se troue se foto’s op hulle website.  Finesse sê Steyn het hulle toestemming gegee en Huisgenoot sê hulle kontrak met Steyn verbied dit. 

Party mense het ook al die geluk.  Verbeel jou, om ‘n leeu in Lanseria (Johannesburg) te sien.  Hoekom sal so iets my nooit tref nie.  In elk geval, dit het hulle ook nie getref nie.  Besorgde inwoners het die leeupark in kennis gestel dat een van hulle diere ontsnap het.  Na ‘n telling kon die park bevestig dat dit nie een van hulle leeus is nie, maar het nietemin na die leeu gaan soek.  Hulle het net spore van ‘n bruin hiëna gekry. 

Ekwatoriaal-Guinee het die Suid-Afrikaners wat van ‘n staatsgreep verdink vrygelaat as ‘n welwillendheids gebaar vir Zuma.  Omstandighede in die tronk is glo onmenslik, gevangenes is tot 12 ure ‘n dag geboei.  Zuma sê hulle moet Mandiba daarvoor bedank.  Hulle gaan nie in Suid-Afrika aangekla word nie.

Die res van die nuus is ou nuus.  Sal julle dit maar spaar.