Trompie en Saartjie

5 11 2009

Is daar iemand in Suid-Afrika wat nie weet wie loop ingeduikte skoene, sokkies om die enkels en ‘n hemp wat agter uithang nie?  Dit is die grootkaptein van die Boksombende.  Wat die beste rugbyspeler en bokser is wat ooit gebore is, boonop is hy die ondeunste seun nog.  Sy vriende: Rooies, Blikkies en Dawie is nie ver agter nie.  Mens moet ook nie van Boesman of Karien – die halwe Boksombende lid – vergeet nie.

En dan is daar mejuffrou Bauman, met haar getroue volgelinge Anna en Lina.  Muggie ook, maar sy is nie veronderstel om agter hulle aan te tou skool toe.  Hulle is altyd laat vir skool, veral omdat sy eers die blokke voor haar huis moet spring.  Mens breek mos nooit ‘n belofde nie, nie eers aan jouself nie.  Apie, haar broer en Galpil, die liefdesbelangstelling, is ook altyd naby.

Almal het op een of ander tyd al ‘n Trompieboek gelees.  Die reeks van Topsy Smith was al verskeie kere op televisie gewees en daar is ook die liedjie wat menige van ons al kliphard gesing het. 

Bettie Naude se Saartjie was dalk meer beperk tot meisies, maar dit het ook al ‘n draai op tv gemaak.  Minus natuurlik die trefferliedjie.  Ek het ook al boeke gelees waar Trompie en Saartjie mekaar ontmoet, tog kan daar nie 2 onoorwinlike helde in een boek wees nie.

‘n Mens kan amper sê dat die twee Afrikaanse ikone is, legendes op die minste.  Ook geen wonder nie.  Hulle spog met dieselfde skrywer, MG Smith, ‘n laerskoolhoof  van Johannesburg.  Ja, Saartjie is deur ‘n man geskryf.

Topsy_smith_-skrywer_van_Trompie_en_Saartjie

Tipies sal die internet weer baie beperk wees met inligting oor ‘n ou Suid-Afrikaanse skrywer.  Smit is op 22 Julie 1914 in Parys gebore.  Hy het in die Vrystaat en Pretoria groot geword en het ‘n B.A. graad in Stellenbosch behaal.  Hy het in Afrikaans en Engels gespesialiseer.  Hy was ook ‘n uitstekende sportman wat veral van boks, atletiek en rugby uitgeblink het.  Net soos Trompie.

Verder het hy ‘n Liggaamsopvoeding en ‘n Hoër Onderwys Diploma behaal.  Natuurlik was daar vir hom geen ander keuse as om ‘n onderwyser te word nie.  Hy het dus kinders geken en geweet wat hulle sal interesseer of pla.  Hy het later as hoof van  Laerskool Sandringham afgetree.  Hy is in 1985 dood.

Glo jy dat Smith regtig die kern van kindwees in sy boeke vasgevang het?  Sal jy nog ‘n Trompie of Saartjie boek lees as dit in jou skoot land?

Breinvasbrand:  Wat was die Boksombende se roepsein?

Breinlosbrand:  Olga was reg met De Burger.

Advertisements

Aksies

Information

32 responses

5 11 2009
Olga

het hul nie soos 1 of ander voél gekir nie?

5 11 2009
Olga

trompie en saartjie het my grensloos verveel. self toe ek n kind was. alby was eenvoudig te te.

5 11 2009
Wille Kjind Q

Agter os kom ook inni kraal. Naand almal

6 11 2009
WLLE KJIND Q

Wel I suppose ‘MORE MORE’ sal doen vir nou

6 11 2009
Jayde

More

6 11 2009
Xena Phoenix

Ek is mal oor jeug verhale, maar sal nie moeite doen om Trompie of Saartjie te koop nie.

6 11 2009
Jayde

Jy maak my moeg met jou post hopping !

6 11 2009
Xena Phoenix

Dit hou jou jonk

6 11 2009
Jayde

Hoe jonk wil jy my hê ? Ek is dan net ‘n skamele 12 !

6 11 2009
Girl van die Suburbs

Ek sal beslis weer trompie en / of saartjie weer lees!

6 11 2009
Xena Phoenix

Ek sal dit seker weer lees, maar beslis gaan soek om te lees nie.

Wie onthou wat Galpil se regte naam was?

6 11 2009
Xena Phoenix

Jayde

Ek hoop jy het dit darem al gelees?

6 11 2009
Jayde

Jip – en die tv reekse slaafs gevolg (darem 1 minder gat in my opvoeding)

6 11 2009
Xena Phoenix

Ja, ek begin darem die grense van ‘n opvoeding sien. Wat was Galpil se regte naam?

6 11 2009
Jayde

Ek kan nie onthou nie

6 11 2009
Selene Phoenix

Goeie middag julle!!

Nog nie een van die boeke gelees nie… dit op televisie gekyk ja, maar ek onthou dit nie regtig nie. Seker nie te veel belangstelling gehad nie, onthou die liedtjie ja.

O ja hulle gaan volgende jaar ‘n fliek uitbring!! Mei 2010 begin… of so iets. Miskien in Waterval Boven / Onder en Trompie hulle gaan die Kruger Rande soek!

6 11 2009
Xena Phoenix

😯

EINA!!!!! Dit is seer om van jou stoel af te val en jou kop te stamp.

Dit is nog nie te laat nie, Tweeling. Gaan lees een Trompie en een Saartjie boek dat jy kan se dat jy dit gedoen het. Dan gaan lees jy die Maasdorp reeks vir ‘n goeie jeugverhaal.

6 11 2009
Xena Phoenix

Ek sidder al klaar oor daardie fliek. Hulle gaan weer iemand kry wat dink hy kan sing, maar nog minder kan toneelspeel. Dit kan so ‘n goeie storielyn wees. Ek stel voor hulle kry Benjamin Gates om te help.

6 11 2009
Jayde

Nou vir wat doen jy sulke onverantwoordelike dinge ? Of wie het jou aandag afgetrek dat jy van jou stoel af val ?

6 11 2009
Xena Phoenix

Die ander Mej Phoenix

6 11 2009
Jayde

Ek het gedink dit sou ten minste ‘n hunk gevat het om dit te veroorsaak !

6 11 2009
Rustig

Dan is daar nog die Uile Reeks, Jasper (deur Mikro) en Patrys. Trompie het gefluit as roepsein. Dink so?

6 11 2009
Olga

riaan? sebastiaan? jaco? ha ha. gerrit lubbe van zyl?

6 11 2009
Olga

joost van der westhuizen? jurie els? nathaniel?

6 11 2009
Xena Phoenix

Cor Dirks het die Uile en Otters geskryf.

Jasper is deur CF Beyers-Bosman geskryf. Dit was al in 1959 uitgegee. Ek het nogal van Jasper gehou. Bienkie kon ook gaan.

Trompie was tussen 1950 en 1960 geskryf. Ek sien die skrywer is eintlik Mathys Gerhardus Smith.

Saartjie is ‘n springchicken. Sy het eers in die 70’s antwoord kom gee.

6 11 2009
Rustig

Dankie. My geheue is ook nie meer van die beste nie!. Was Fritz Deelman leser.

6 11 2009
Xena Phoenix

Daar is die gat in my opvoeding nou! Wie is / was Fritz Deelman?

6 11 2009
Selene Phoenix

Xena
😆 Nee wat… ek lees ander boeke op die stadium, en sukkel om die tyd te kry – sal eerder die fliek kyk en “op vang” Ha ha ha!

Maar dankie dalk lees ek dit eendag vir my kinders – as dit die moeite werd is! 😉

6 11 2009
Rustig

Lees nou maar die loslyf. Oë is so sleg ek kan nie meer die fynskrif sien nie, nou koop ek maar prentjie boeke.

9 11 2009
demoerin

Ek het elke boek wat ek in die hande kon kry as kind gelees. Van Uile, tot Trompie en Famous 5 en, wie was nou weer die 7? Al hierdie boeke is nou weer herdruk en beskikbaar, ek het laas jaar vir my peetkind die Trompie-reeks gekoop, dit het baie cool herinneringe teruggebring.

13 07 2010
Brett Smith

Please help ! Topsy Smith(1914 – 1985) was the headmaster of Sandringham Primary in the late sixties and early seventies. Although he was my Grandfathers brother and we all lived in Jhb , we never met his wife or children . I have hit a brick wall with research on my ancestors , and am hoping that contact with my cousins (Topsy Smith’s descendants) will fill in the gaps . Any information no matter how insignificant it may appear will be appreciated

13 07 2010
Xena Phoenix

Hi Brett

I gathered this information from the Internet, the links are provided in the post. Unfortunately he was a South African writer and information of South African writers is very limited.

Perhaps you can try his publisher. http://www.humanrousseau.com/ContactUs

Good luck

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: