Uitnemendheid, nie skande nie.

4 11 2009

Daar is ‘n gesegde dat daar nie so iets soos slegte publisiteit nie.  Dit is soos hulle nou die dag op die radio gesê het.  Gaan maak groot marakas en dan skryf jy ‘n boek daaroor.  Dit sal soos soetkoek verkoop en dan sal jou naam verewig onthou word.

Dit is amper of party mense enige iets sal doen om op ‘n koerant se voorblad te kom.  En nog meer sal uithaal om daar te bly.  Mense verloën nie meer hulle siele vir geld nie, hulle verloën dit vir publisiteit.  Natuurlik woord daar dan getjank vir privaatheid, seker net om die hoek ietsie sappig te laat val.

Daarom gaan vandag se applous aan die bekendes wat die voorblaaie haal deur hulle uitmuntendheid.   Diegene wat weet hoe om hulle te gedra en nie in onbenybare posisies gevang word nie.  Diegene wat die wêreld se aandag trek met die werk wat hulle doen.  Hulle is self ‘n instrument tot ‘n groter doel, hulle bemark die doel, nie die instrument nie.

En ‘n groot hoera aan tydskrifte en koerante (as daar so iets bestaan) wat nie op die skande makers se deuntjies dans nie.  Wie weet, hulle leer dalk om hulle te gedra as hulle nie aandag kry nie.

Ek gaan nie name noem nie.  Ek laat dit aan julle oor.  Watter sterre / bekendes is nuuswaardig en nie sensasiewaardig nie?

Breinvasbrand:  Die Nasionale Pers (vandag Naspers) het in 1915 tot stand gekom.  Wat was die eerste koerant wat deur hulle uitgegee is?

Breinlosbrand:  Wheelbarrow Jack was reg met South West African People Organisation.


Aksies

Information

18 responses

4 11 2009
attie

Ek sien Joost se eerste opgawe is reeds uitverkoop. Ek dink ook dit is alles maar net ‘n reklame foefie.

4 11 2009
Girl van die Suburbs

Ek stem 200% saam met jou op die een. Hy het seker net 15 boeke laat druk want ek kan nie dink die man is soooo gewild nie!

4 11 2009
Vlam

Sies, Girl! 😆

4 11 2009
Girl van die Suburbs

Vlam…. vir wat is jy so skuins vandag?

Die man kry GEEN simpatie van die kant af nie. NIKS!

4 11 2009
Rustig

Jy kom vinnger in die hel deur die huisgenoot te lees as die Loslyf. So baie twak het ek darem lanklaas gelees. Regtig begin kompitiesie word vir Die Son!

4 11 2009
Girl van die Suburbs

Die Son wen nog steeds loshande… Nou die dag lees een van hulle opskrifte Wen moer baie geld

4 11 2009
Olga

die burger?

4 11 2009
Olga

wha ha ha ha ha ha. ekskuus my vreeslik. de burger.

4 11 2009
Olga

moet dit n lewendige mens wees? in suid afrika?

4 11 2009
Xena Phoenix

Enige mens, ongeag van nasionaliteit, geloof, ras of asem status. Daar moet geen skandes wees nie. Ek dink amper diere gaan makliker wees.

4 11 2009
Xena Phoenix

Bly jy is weer aan die gang, Attie. 😀

4 11 2009
Wille Kjind Q

Naand seg

5 11 2009
WLLE KJIND Q

MORE MORE!

5 11 2009
Jayde

more

5 11 2009
Sammi

mmmmmmmmmm ……mmmmmmmm…wag ek dink nog
Desmond Tutu?
Nelson Mandela?
Mamphela Ramphela?

Ek kan nie aan EEN wit naam dink nie – Huilgenoot en Son het reeds daarvoor gesorg
MMMMMM….ag sjit
Tony Leon?
Xena Phoenix?

5 11 2009
demoerin

Nie sensasiewaardig nie ❓ Dit is ‘n baie moeilike vraag daardie.
Heidi, Peter, Oupa, Liewe Heksie (oops, nee sy het al haar kak dae gehad), Zet, Die Groen en Pers Ding… mmm Barney, Mannemarak, Maja die By, Chinese Barbie, Mina Moo… sjoe dit raak nou moeilik… laat ek bietjie dink, Ben10, Sarel Seemonster, Bollie…..

5 11 2009
Jayde

Sjoe DMI – hoe vat dit ‘n mens nou terug !

5 11 2009
Wheelbarrow Jack

Johannes paulus 2?

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord