Die Els – Klay saak het begin en Klay het gister getuienis gelewer. Els het Klay glo vertel as hy iemand gaan vertel daarvan Els tronk toe en Klay weeshuis toe sal gaan. Klay het blykbaar met tye getalm en gesê hy is emosioneel. Hestrie Els het ook na drie jaar uiteindelik vrede met haar ouers gemaak.
Belastingbetalers gaan moontlik vir die R910 miljoen verlies van die SAUK moet opdok. Daar is nog geen finale besluit geneem nie, maar die kanse is goed dat TV lisensies gaan wegval en dit by belasting ingereken word. Die werkloses en werkvermyers kan dus heeldag gratis TV kyk met gratis krag. SA is gewis die land vir geleendhede.
Allan Boesak het ook skielik uit COPE bedank. Hy voer binnegevegte en wedywering vir oppergesag as redes aan.
Die ANC vra nou dat die Reitz 4 ‘n program van segregasie en rassekwessies moet voltooi voordat hulle mag terug keer universiteit toe. Dit blyk of die voorstel groot byval vind, by onder meer Jonathan Jansen.
Jacqueline Kingma van Mayfair Wes in Johannesburg is in haar ma se huis aangerand, vermoor en moontlik verkrag. Sy wat liggaamlik en verstandelik gestrem gewees. Sy moes haar aanvallers geken het om die deur vir hulle oop te gemaak het, maar die polisie sê die besonderhede is nog vaag.
Kom ons praat ten slotte van ‘n regte sport ster se skandes. Andre Agassi het nie net jare lank met ‘n pruik tennis gespeel nie, hy het ook gereeld tik (crystal meth) gebruik. En voordat die media hom kan kruisig, het mede tennisspelers al reeds hulle misnoë duidelik gemaak.
Ek persoonlik dink die Reits 4 kom te ligtelik af van hulle sonde. Ek behandel nie eers ‘n hond so nie, so hoe kry jy dit oor jou hart om ‘n mede mens so sleg te behandel?
Dis die tipe goed wat my moer koer! 👿
Maar my genade, Girl! As ek nie my sonde ontsien nie, line ek jou ook more-oggend op teen die muur… 😯
Dit IS so, die Reitz 4 (ek HAAT daai benaming) HET aangejaag, maar genade, kan die 4 nie eers in ‘n hof skuldig bevind word nie? En komaan, dis nou ‘n groot hoehaa omdat dit 4 wit mannetjies is. Hoekom is daar nie ‘n groot rasse-bohaai na elke wrede plaasmoord nie?
Gestraf moet hulle word, maar los dit vir die hof. Hulle kan darem wragtig nie hulle hele lewe boet vir daardie daad nie. Fnok, erger dinge gebeur daagliks in ons liewe landjie.
Uitasem is ek nou…
Dit sal girl. want jou ik laat veel te wense na. jy is ni redenasie werd nie.
Sies, Riaan. Speel die bal, nie die mens nie. 👿
Gaan steek eerder jou skaamte weg as om rassisme in kak te soek.
Bwahahah… So op ‘n nugter maag…
Nee dit gaan nie oor ras vir MY nie… Dit gaan oor hulle DADE! Nee jammer Vlam, om enige iemand anders se menswaardigheid aan te tas is ‘n no go!
Dit gaan dalk nie oor ras vir JOU nie, Girl, maar dis hoekom die viertjies so in die nuus is. Oorlat hulle vier wit latte is wat swart skoonmakers te na gekom het.
Goeie blikskottel, het dit nie al in 2007 gebeur nie?? Is dit wragtig DIE ergste sonde wat mens kan pleeg? So erg dat ons nou nog daaroor moet teem en tekere gaan? Strooi, man!
Natuurlik is wat hulle gedoen het nie reg nie, maar regtig, ek dink die dam word nou onder die eend uitgetrek.
As menswaardigheid/rassisme so groot issue is, hoekom word swartmense se sondes teenoor wittes ook so opgeblaas nie? DIS eintlik my issue. Wat goed is vir een, moet goed wees vir ‘n ander ook.
Nee, ek verstaan hoe jy voel…. Maar die vier is nou uitgevang, waar baie ander onder die radad verdwyn. Ek voel hulle moet ‘n voorbeeld van gemaak word. Net so as hulle eendag ‘n plaasmoordenaar vang…. moet hulle ‘n voorbeeld van hom maak….
Nell
Hulle word eintlik heel gereeld gevang. Daar word net nie ‘n ophef oor hulle gemaak nie.
Wel dis sad Xena want wys jou net hoe desensitized ons geraak het.
Ek hoor en verstaan almal hier… maar EK glo die jong latte moet les opse! Punt.
Ek dink wel hulle moet gestraf word.
Maar ek dink beslis ook dat hulle toekoms hulle nie ontneem moet word nie.
Let the punishment fit the crime. Die crime is nog lank nie ‘n Den Haag saak nie.
Maar dan stem ons mos nou saam!
Behalwe dat ek dink die crime word buite proporsie aangeblaas.
LOL… Maar ek het niks oor crime gese nie…
Ek weet nie eintlik wat daar aangaan nie so ek sal maar sjarrap – ek wonder net hoekom dit nie in ‘n hof gedoen nie maar tussen die ANC en daai ander maat van die Universiteit ?
Tweeling
Jy het ietsie vergeet!!
Die olifante was toe gehaal… en losgelaat. Daar is nou 10. Al ding is hulle is nog in Zimbawe wat my pla… hoe lank gaan hulle in vrede gelos word?
Reitz 4
Ja nee come on… die storie klink soos Julius Malema – ‘n plaat wat vas hak!!!
Vlam, dis dalk hoekom ek nie eers kan onthou waaroor dit gaan nie, dit was so lank terug ! Was dit andersom was dit lankal onder ‘n mat ingevee !
Ek dink die kanse is baie goed dat dit al by die deur uitgevee sou gewees het as die kleure net andersom was. Ja-nee, daar is verseker ‘n voorbeeld van hulle gemaak. Hopelik het ons wittetjies nou ons les geleer. 😆
Hoe kruip die comments so tussen ander in ?
Jy moet die ‘reply’ knoppie druk? (Onder die comment waarop jy wil comment.) 😉
Die gal brakery oor die reitz 4 is sommer n hoop stront. die ancyl het swart volwasenes wat teen hulle doen en late uitgevaar het laat kak vreet. nie 1 mens nie, nie 2 mense nie, maar n moerse klomp mense. het dit die mense se menswaardigheid bevorder? me fink not. girl gaan buk voor die jong wit latte. ek dink wat hulle gaan sien gaan straf genoeg wees. en tot swaar voorbeelt vir die res wees.
Sies Sebastiaan – dis lelik, selfs vir jou
Jinne…. is ons nie ‘n ou galbal nie!
Aangename kennis Sebastiaan.
Hel, Sebastiaan? Was dit jy wat met die vorige possie so baie oor sonde en die Bybel gepraat het? 😯
Vat dit vanwaar dit kom, Girly – die gogga en die stokkie!
Thanx Vlam
❓ Program van segregasie en rassekwessies. Wat ‘n pot kak.
DMI
Ek weet ook nie wat dit beteken nie.
Jy stel dit soveel mooier 😆
Dink Oom Jurie is onskuldig! Genade as ek skuldig was sou ek nie van NZ afgekom het om in tronk te eindig nie. Hou nie van een van hulle se musiek nie. Dalk soek Robbie net aandag en om sy plate te verkoop.
Oeee…ek dink oom Jurie is skuldig. Hy’t net so regte ek’s-‘n-pedofiel gesig. 😳
Dit is lelik! Hier kom moleste! 😉
Ek is nou nie ‘n kenner nie…. maar in my eigengeid dink ek ook hy is skuldig…. maar dit is dalk Me Wideman en die Huisgenoot se skuld 😆 Bwahahahahaha
Nou moet ons suckers weer opdak vir die Sipho’s se wanbestuur van die SAUK !!!! Ek raak sommer werkloos !!! 😦