Nuus verskonings

4 11 2009

Die Els – Klay saak het begin en Klay het gister getuienis gelewer.  Els het Klay glo vertel as hy iemand gaan vertel daarvan Els tronk toe en Klay weeshuis toe sal gaan.  Klay het blykbaar met tye getalm en gesê hy is emosioneel.  Hestrie Els het ook na drie jaar uiteindelik vrede met haar ouers gemaak. 

Belastingbetalers gaan moontlik vir die R910 miljoen verlies van die SAUK moet opdok.   Daar is nog geen finale besluit geneem nie, maar die kanse is goed dat TV lisensies gaan wegval en dit by belasting ingereken word.  Die werkloses en werkvermyers kan dus heeldag gratis TV kyk met gratis krag.  SA is gewis die land vir geleendhede. 

Allan Boesak het ook skielik uit COPE bedank.  Hy voer binnegevegte en wedywering vir oppergesag as redes aan. 

Die ANC vra nou dat die Reitz 4 ‘n program van segregasie en rassekwessies moet voltooi voordat hulle mag terug keer universiteit toe.  Dit blyk of die voorstel groot byval vind, by onder meer Jonathan Jansen. 

Jacqueline Kingma van Mayfair Wes in Johannesburg is in haar ma se huis aangerand, vermoor en moontlik verkrag.  Sy wat liggaamlik en verstandelik gestrem gewees.  Sy moes haar aanvallers geken het om die deur vir hulle oop te gemaak het, maar die polisie sê die besonderhede is nog vaag.

Kom ons praat ten slotte van ‘n regte sport ster se skandes.  Andre Agassi het nie net jare lank met ‘n pruik tennis gespeel nie, hy het ook  gereeld tik (crystal meth) gebruik.  En voordat die media hom kan kruisig, het mede tennisspelers al reeds hulle misnoë duidelik gemaak.


Aksies

Information

34 responses

4 11 2009
Girl van die Suburbs

Ek persoonlik dink die Reits 4 kom te ligtelik af van hulle sonde. Ek behandel nie eers ‘n hond so nie, so hoe kry jy dit oor jou hart om ‘n mede mens so sleg te behandel?

Dis die tipe goed wat my moer koer! 👿

4 11 2009
Vlam

Maar my genade, Girl! As ek nie my sonde ontsien nie, line ek jou ook more-oggend op teen die muur… 😯

Dit IS so, die Reitz 4 (ek HAAT daai benaming) HET aangejaag, maar genade, kan die 4 nie eers in ‘n hof skuldig bevind word nie? En komaan, dis nou ‘n groot hoehaa omdat dit 4 wit mannetjies is. Hoekom is daar nie ‘n groot rasse-bohaai na elke wrede plaasmoord nie?

Gestraf moet hulle word, maar los dit vir die hof. Hulle kan darem wragtig nie hulle hele lewe boet vir daardie daad nie. Fnok, erger dinge gebeur daagliks in ons liewe landjie.

Uitasem is ek nou…

4 11 2009
riaan

Dit sal girl. want jou ik laat veel te wense na. jy is ni redenasie werd nie.

4 11 2009
Vlam

Sies, Riaan. Speel die bal, nie die mens nie. 👿

4 11 2009
riaan

Gaan steek eerder jou skaamte weg as om rassisme in kak te soek.

4 11 2009
Girl van die Suburbs

Bwahahah… So op ‘n nugter maag…

Nee dit gaan nie oor ras vir MY nie… Dit gaan oor hulle DADE! Nee jammer Vlam, om enige iemand anders se menswaardigheid aan te tas is ‘n no go!

4 11 2009
Vlam

Dit gaan dalk nie oor ras vir JOU nie, Girl, maar dis hoekom die viertjies so in die nuus is. Oorlat hulle vier wit latte is wat swart skoonmakers te na gekom het.

Goeie blikskottel, het dit nie al in 2007 gebeur nie?? Is dit wragtig DIE ergste sonde wat mens kan pleeg? So erg dat ons nou nog daaroor moet teem en tekere gaan? Strooi, man!

Natuurlik is wat hulle gedoen het nie reg nie, maar regtig, ek dink die dam word nou onder die eend uitgetrek.

As menswaardigheid/rassisme so groot issue is, hoekom word swartmense se sondes teenoor wittes ook so opgeblaas nie? DIS eintlik my issue. Wat goed is vir een, moet goed wees vir ‘n ander ook.

4 11 2009
Girl van die Suburbs

Nee, ek verstaan hoe jy voel…. Maar die vier is nou uitgevang, waar baie ander onder die radad verdwyn. Ek voel hulle moet ‘n voorbeeld van gemaak word. Net so as hulle eendag ‘n plaasmoordenaar vang…. moet hulle ‘n voorbeeld van hom maak….

4 11 2009
Xena Phoenix

Nell

Hulle word eintlik heel gereeld gevang. Daar word net nie ‘n ophef oor hulle gemaak nie.

4 11 2009
Girl van die Suburbs

Wel dis sad Xena want wys jou net hoe desensitized ons geraak het.

Ek hoor en verstaan almal hier… maar EK glo die jong latte moet les opse! Punt.

4 11 2009
Xena Phoenix

Ek dink wel hulle moet gestraf word.

Maar ek dink beslis ook dat hulle toekoms hulle nie ontneem moet word nie.

Let the punishment fit the crime. Die crime is nog lank nie ‘n Den Haag saak nie.

4 11 2009
Girl van die Suburbs

Maar dan stem ons mos nou saam! :mrgreen:

4 11 2009
Xena Phoenix

Behalwe dat ek dink die crime word buite proporsie aangeblaas.

4 11 2009
Girl van die Suburbs

LOL… Maar ek het niks oor crime gese nie…

4 11 2009
Jayde

Ek weet nie eintlik wat daar aangaan nie so ek sal maar sjarrap – ek wonder net hoekom dit nie in ‘n hof gedoen nie maar tussen die ANC en daai ander maat van die Universiteit ?

4 11 2009
Selene Phoenix

Tweeling
Jy het ietsie vergeet!!
Die olifante was toe gehaal… en losgelaat. Daar is nou 10. Al ding is hulle is nog in Zimbawe wat my pla… hoe lank gaan hulle in vrede gelos word?

Reitz 4
Ja nee come on… die storie klink soos Julius Malema – ‘n plaat wat vas hak!!!

4 11 2009
Jayde

Vlam, dis dalk hoekom ek nie eers kan onthou waaroor dit gaan nie, dit was so lank terug ! Was dit andersom was dit lankal onder ‘n mat ingevee !

4 11 2009
Vlam

Ek dink die kanse is baie goed dat dit al by die deur uitgevee sou gewees het as die kleure net andersom was. Ja-nee, daar is verseker ‘n voorbeeld van hulle gemaak. Hopelik het ons wittetjies nou ons les geleer. 😆

4 11 2009
Jayde

Hoe kruip die comments so tussen ander in ?

4 11 2009
Vlam

Jy moet die ‘reply’ knoppie druk? (Onder die comment waarop jy wil comment.) 😉

4 11 2009
Sebastiaan

Die gal brakery oor die reitz 4 is sommer n hoop stront. die ancyl het swart volwasenes wat teen hulle doen en late uitgevaar het laat kak vreet. nie 1 mens nie, nie 2 mense nie, maar n moerse klomp mense. het dit die mense se menswaardigheid bevorder? me fink not. girl gaan buk voor die jong wit latte. ek dink wat hulle gaan sien gaan straf genoeg wees. en tot swaar voorbeelt vir die res wees.

4 11 2009
Jayde

Sies Sebastiaan – dis lelik, selfs vir jou

4 11 2009
Girl van die Suburbs

Jinne…. is ons nie ‘n ou galbal nie!

Aangename kennis Sebastiaan.

4 11 2009
Vlam

Hel, Sebastiaan? Was dit jy wat met die vorige possie so baie oor sonde en die Bybel gepraat het? 😯

4 11 2009
Sammi

Vat dit vanwaar dit kom, Girly – die gogga en die stokkie!

4 11 2009
Jayde

Thanx Vlam

4 11 2009
demoerin

❓ Program van segregasie en rassekwessies. Wat ‘n pot kak.

4 11 2009
Xena Phoenix

DMI

Ek weet ook nie wat dit beteken nie.

4 11 2009
demoerin

Jy stel dit soveel mooier 😆

4 11 2009
Rustig

Dink Oom Jurie is onskuldig! Genade as ek skuldig was sou ek nie van NZ afgekom het om in tronk te eindig nie. Hou nie van een van hulle se musiek nie. Dalk soek Robbie net aandag en om sy plate te verkoop.

4 11 2009
Vlam

Oeee…ek dink oom Jurie is skuldig. Hy’t net so regte ek’s-‘n-pedofiel gesig. 😳

4 11 2009
Rustig

Dit is lelik! Hier kom moleste! 😉

4 11 2009
demoerin

Ek is nou nie ‘n kenner nie…. maar in my eigengeid dink ek ook hy is skuldig…. maar dit is dalk Me Wideman en die Huisgenoot se skuld 😆 Bwahahahahaha

4 11 2009
J W W

Nou moet ons suckers weer opdak vir die Sipho’s se wanbestuur van die SAUK !!!! Ek raak sommer werkloos !!! 😦

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: