Daar is ‘n gesegde dat daar nie so iets soos slegte publisiteit nie. Dit is soos hulle nou die dag op die radio gesê het. Gaan maak groot marakas en dan skryf jy ‘n boek daaroor. Dit sal soos soetkoek verkoop en dan sal jou naam verewig onthou word.
Dit is amper of party mense enige iets sal doen om op ‘n koerant se voorblad te kom. En nog meer sal uithaal om daar te bly. Mense verloën nie meer hulle siele vir geld nie, hulle verloën dit vir publisiteit. Natuurlik woord daar dan getjank vir privaatheid, seker net om die hoek ietsie sappig te laat val.
Daarom gaan vandag se applous aan die bekendes wat die voorblaaie haal deur hulle uitmuntendheid. Diegene wat weet hoe om hulle te gedra en nie in onbenybare posisies gevang word nie. Diegene wat die wêreld se aandag trek met die werk wat hulle doen. Hulle is self ‘n instrument tot ‘n groter doel, hulle bemark die doel, nie die instrument nie.
En ‘n groot hoera aan tydskrifte en koerante (as daar so iets bestaan) wat nie op die skande makers se deuntjies dans nie. Wie weet, hulle leer dalk om hulle te gedra as hulle nie aandag kry nie.
Ek gaan nie name noem nie. Ek laat dit aan julle oor. Watter sterre / bekendes is nuuswaardig en nie sensasiewaardig nie?
Breinvasbrand: Die Nasionale Pers (vandag Naspers) het in 1915 tot stand gekom. Wat was die eerste koerant wat deur hulle uitgegee is?
Breinlosbrand: Wheelbarrow Jack was reg met South West African People Organisation.
Wie runnik saam?