Die kinders van die 80’s, 90’s en moontlik selfs die 70’s het vaagweg ‘n idee dat ‘n koevoet ‘n implement van een of ander aard is. Min van ons het dit al gebruik. Die van ons wat dalk ‘n bietjie meer belese is sal weet dat daar op ‘n stadium ‘n militêre eenheid was. Wat hulle doel was en hoe hulle gewerk het, is vir ons ‘n raaisel.
Ek het ‘n bietjie gaan rondkrap en dit is wat Wikipedia oor Koevoet te sê het. In hierdie geval dink ek dit is belangrik om te doen dat die wat die waarheid ken, nie praat nie. Wiki spekuleer ook maar, maar dit is seker net so ‘n goeie bron as enige ander.
Aan die einde van die Eerste Wêreld Oorlog is Suidwes aan Suid-Afrika se beskerming oorgedra. In die 60’s het baie van die Suider-Afrikaanse lande begin veg vir onafhanklikheid. Guerilla groepe het begin oorlog voer teen die koloniale magte. Die groepe was veral deur Rusland en China geondersteun wat gehoop het om ‘n voet in Afrika te kry.
Suid-Afrika het in die die tyd kommunisme begin vrees. Al was daar nog nie geweld in Suid-Afrika nie, het dit stelselmatig nader gekom. Suid-Afrika wou nie hulle beheer oor Suidwes verloor nie. Hulle het volgehou dat die Liga van Nasies hulle beheer oor Suidwes gegee het en dat die Verenigde Nasies dit nie kan weg neem nie. Die stelling was 2 uit 3 kere suksesvol in Den Haag verdedig.
Soos die meeste eie lande het Suidwes (nou Namibië) ook ‘n stelsel gehad waarin die polisie gebruik word vir wetstoepassing – veral binne die grense – en die weermag die volk moet verdedig. Insluipelaars is aanvanklik as algemene misdadigers gesien. Dus ‘n takie vir die polisie. Die polisie was egter nie toegerus gewees om hulle self teen militêre wapens te kan verset nie. Dus is Koevoet gestig.
Koevoet moes dus die grens van Suidwes verdedig. As Suidwes vry van guerilla groepe sou wees, was Suid-Afrika self ook beskerm gewees. Koevoet was ongeveer ‘n 1000 man sterk gewees. Die oorgrote meerderheid wat Ovambo of Boesmans gewees (spesiale konstabels), met ‘n paar wit beveelvoerders. Daar was Koevoet eenhede in Kaokaland, Kavango, en Ovambo, met die basis in Oshakati.
Die wit bevelvoerders was gewoonlik polisielede wat verdere militêre opleiding ondergaan het. Die gekleurde lede was ook intensiewe infanterie opleiding gegee, maar daar was ook van hulle gewees wat “bekeerde” SWAPO lede was. Daar was 40 – 50 lede in ‘n platon wat ‘n verskeidenheid voertuie gehad het.
Groepe was ‘n week lank bos toe gestuur. Hulle moes insluipelinge opspoor en doodmaak. Basies het iemand te voet spoor gesny tot daar ‘n verdagte spoor gevind is. Die hoeveelheid van die groep was vasgestel en hoe ver hulle vooruit was. Die Koevoet groep sal hulle dan van voor af ingewag het.
158 Koevoetlede is in aksie dood, maar hulle het meer as 3600 Swapo lede doodgemaak. Dit beteken dat hulle ongeveer 25 Swapo lede doodgemaak het vir elke een lid wat hulle verloor het. Koevoet lede het geld gekry vir die Swapolede wat hulle gedood of gevang het. Daar was glo nogal sterk kompetisie onder die groepe gewees om te sien wie die meeste ekstra geld kan maak.
Koevoet was kort voor die eerste verkiesinglede ontbind en is in die polisie opgeneem. Daar was gevrees dat hulle die SWAPO ondersteuners kon intimideer.
Breinvasbrand: Waarvoor staan SWAPO?
Breinlosbrand: Olga was reg met Henry Dunant.
Wie runnik saam?